kwyn
oor die raamloosheid van ou foto’s
wat stadig opdaag nes die binnedood
om sotsappig die nostalgie te negeer tot
net newels van ou erwe datums reuke en
soms oë
oorbly
as ek die skouer oor bly blik na halftoe
ligkosyne waarbinne ek dalk nog
kon skarnier
© Paul Kloppers, 2026
