Francisco de Zurbarán
Lukas as skilder
voor Christus aan die kruis 1660
Prado Madrid
woordgedroog
die gevlegte doringkroon
Romeinse spraakgebrek
O Haupt voll Blut und Wunden
spykers
dringend deur palms en voete
getuienis van wat
al aan hout gedoen is
lendedoek geweef
om hier oor Jesus
se regterheup te skeur
hoe volledig God se liefde
hoe volledig jóú liefde
lyngevormd
want wat is die kwas werd
in ’n onbegerige hand
© Jacobus Swart, 2026
