Versteurde Stilte
Die affodille geel die trompetgeskal
uit: verbreek die winterstilte
en verkondig die evangelieleer
van die komende hemelse somer
(goue eiergeel warmte in die kilte
van hierdie gure eendeweer):
warmer, beter seisoene veral
vir hierdie apokaliptiese paradysdromer.
© Meyer van Rensburg, 2026
