Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
7 April 2026

Meyer van Rensburg. Telrympie: “yan, tan, tethera”

 

Telrympie: yan, tan, tethera

 

In Yorkshire, toe sy net sewe was

moes herder Molly al die skape tel

yan, tan, tethera, fethera, pip

maar sy’t nooit geleer van een, twee, drie

nie en het dit dus op háár manier gestel

azer, sezar, akker, conter, dix

 

tel op haar vingers sodat sy

yaindix, taindix, tetheradix, fetheradix, bumfit

vir elke twintig wat sy kry

yanabum, tainabum, teherabum fetherabum, jigget

’n klippie in die aftelsak kan sit

 

nou wonder ek of in die kerk se deur

yan, tan, tethera, fethera, pip

die wagter met sy klippies weer

azer, sezar, akker, conter, dix

die skape een vir een só tel en fieks

 

en in die pêrelpoort tel hulle

yaindix, taindix, tetheradix, fetheradix, bumfit

die ene en die nulle

yanabum, tainabum, teherabum fetherabum, jigget

om oor aankomelinge te waak

yan, tan, tethera, fethera, pip

en altyd seker te bly maak

yaindix, taindix, tetheradix, fetheradix, bumfit

dat niemand ooit verdwaal en dit

yanabum, tainabum, teherabum fetherabum, jigget

om hul knus geborge

in die enumereersak te kan sit

yan, tan, tethera, fethera, pip

 

© Meyer van Rensburg, 2024

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Meyer van Rensburg. Versteurde Stilte
Meyer van Rensburg. Sand skiagram →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid
  • Nuwe Publikasie. Ilse van Staden: Metamorfose
  • Digtersprofiel: Bernard Odendaal
  • Gerard Scharn. het was verschrikkelijk
  • Nuwe Bundel. Margaret Cordier-Biermann: Spiraal

Nuutste kommentaar

  1. Marieta McGrath on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie31 August 2026

    Ek hou hiervan.

  2. Johan Coetzee on Joan Hambidge. Om die hemel te dekonstrueer30 August 2026

    Die hemel... of hel is opgedollie.

  3. DIETLOFF VAN DER BERG on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)28 August 2026

    Soekie, ja, ek stemsaam. Van 'Boondoks' tot 'Gelykenis' is daar net soveel wat mens tref en weer wil herlees.

  4. Soekie Vogel on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)27 August 2026

    Hambidge het haarself oortref in haar digsiklus oor De Lange. Aangrypend.

  5. Daniel Hugo on Ilse van Staden. Die Dans25 August 2026

    'n Wonderlike huldeblyk aan die digter se moeder en Van Wyk Louw.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d