
Kobus Lombard is in 1952 in Waterval-Boven gebore en het as ’n aangenome kind – uit die Maria Klopper-kinderhuis – in Gobabis, Namibië grootgeword. Nadat hy matrikuleer in Windhoek aan die hoërskool Jan Möhr, voltooi hy sy verpligte diensplig in die SA Lugmag. Hy studeer in die handelswetenskappe aan die Universiteit van Stellenbosch en doen sy nagraadse studie in sielkunde deur UNISA.
In 1980 verhuis Lombard terug na Namibië. Tans is hy werksaam by die Stadsraad van Windhoek as opleidingsbestuurder.
Sy debuutbundel Geknipte naelstring verskyn in 2001 by Protea Boekhuis en haal in 2003 die kortlys vir die Ingrid Jonker-prys. Hierna verskyn nog vier bundels uit sy pen: Tussen wysvinger en duim (2005), Vlerke vir my houteend (2010), Skadu oor die sonwyser (2015) en Tussen toeval en willekeur (2018).
Van sy gedigte word in verskeie versamelbundels opgeneem, insluitende “Groot verseboek” en “As die son kom oogknip”.

[Nota van die Versindaba redaksie: Ons wil graag nuwe en ou digters aanmoedig om vir ons opgedateerde profiele aan te stuur na taljard.marlies@gmail.com
Van ‘n digter wat al een of meer solo-bundels by ‘n erkende uitgewer gepubliseer het, versoek ons die volgende:
-
-
- ‘n Redelik onlangse foto in JPG-formaat
- ‘n Lys van publikasies (ook die belangrikste nie-poëtiese publikasies)
- ‘n Kort lewenskets wat inligting bevat oor o.a. waar en wanneer jy gebore is en grootgeword het, waar jy studeer het, watter beroep jy beoefen of waarmee jy jou tans besig hou, waar jy op die oomblik woon, ens.
- Enige ander interessante feite oor jou
-
Skryf asseblief die profiel in narratiewe vorm en nie as ‘n reeks feite ondermekaar nie, ten einde dit meer lesersvriendelik te maak.]
