Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
7 April 20267 April 2026

Bester Meyer. Spoorloos

 

Spoorloos

 

Hy het brood gaan koop

nooit weer teruggekom nie:

beloftes maak skuld, sê hulle.

 

Hy het brood gaan koop

met ʼn gedig in sy hart:

lankal vir haar geskryf

– gebottel –

met ʼn sonsondergang uit die ooste.

 

Die sterre was vuurvliegies

planete wat die ritme aanwys

en langsaam het motors verdwyn

soos liefde in ʼn Donald Trump-wêreld.

 

Die straatligte se koppe het laag vooroor gehang

en die maan se glimlag was tyd se belydenis –

ver agter haar mond, het die nag musiek gemaak

– ʼn regstellende mymering, ʼn nuwe seisoen van lewe.

 

By die stasie staan die treine van die nag ingewurm

die reisigers ingeryg met hul donker gesigte oraloor

om agter maskers vreemde dinge te probeer verdoesel

sodat die mensdom nuwe pittig-hede daar uit kan braak

geboorte kan gee aan dié seisoen se padkos

– ʼn môre lank al reeds afgeleë en verby.

 

Is dit dan waarlik die stasiemeester?

Is hy dan nie die skurk van ouds nie?

Die ou gatgabba, die moerskont,

wat die leeus soos ʼn wafferse sirkusmeester

deur brandende hoepels laat spring

tot laat in die nag,

 

terwyl die kinders van elke gebrek

groot-oog, bakhand, staan en toekyk

– wens – die oorlog was reeds verby.

 

 

Die kondukteur knip sy kaartjie

waarsku hom dat die brood droog en gemuf is

én dat die stasie eers weer môre nuwe voorraad sal inkry.

 

Hy hoor homself sug

wens hy was in ʼn landskap, iewers, wat uitkyk oor die see

miskien op ʼn plek waar broodkoop vir swerwers, lewe beteken

waar drome, vir dromers, liefde vergestalt

en waar reise, vir reisigers, nooit sal ophou

om uit te loop op hawens van transmutasie nie.

 

Daar waar die woord verdraai kan word

om in die verdraaiing

bloot soos vantevore te sê:

die siel is reisiger van die stilte

die siel is sout vir die wonde

die siel is brood vir die honger

 

Hy het brood gaan koop

nooit weer teruggekeer nie:

 

soms sê hulle

moenie beloftes maak

wat nie gehou kan word nie –

 

moenie klippe in brood probeer verander

as gemufde brood óók kos vir die siel is nie.

 

© Bester Meyer, 2026

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Bester Meyer. Taal van die stilte
Digtersprofiel: Bester Meyer →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid
  • Nuwe Publikasie. Ilse van Staden: Metamorfose
  • Digtersprofiel: Bernard Odendaal
  • Gerard Scharn. het was verschrikkelijk
  • Nuwe Bundel. Margaret Cordier-Biermann: Spiraal

Nuutste kommentaar

  1. Marieta McGrath on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie31 August 2026

    Ek hou hiervan.

  2. Johan Coetzee on Joan Hambidge. Om die hemel te dekonstrueer30 August 2026

    Die hemel... of hel is opgedollie.

  3. DIETLOFF VAN DER BERG on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)28 August 2026

    Soekie, ja, ek stemsaam. Van 'Boondoks' tot 'Gelykenis' is daar net soveel wat mens tref en weer wil herlees.

  4. Soekie Vogel on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)27 August 2026

    Hambidge het haarself oortref in haar digsiklus oor De Lange. Aangrypend.

  5. Daniel Hugo on Ilse van Staden. Die Dans25 August 2026

    'n Wonderlike huldeblyk aan die digter se moeder en Van Wyk Louw.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d