Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
24 April 2026

Dietloff van der Berg. Ervaarder Artemis

 

Ervaarder Artemis

Vir Joan Hambidge

 

Jy bly knibbel

waarom herstel ek nie –

want jy het my die maan,

sterre en uitspansel beloof.

 

Jy stuur my na die maan

en à la Christina Koch beweeg

ek in die lugdrukvrye atmosfeer

karteer die kraters aan die donker kant,

406 771 kilometer ver, die stil verwoesting wat jy saai,

waai van die ongekende afstand ‘n vlaggie van rekapitulasie

(dis verby, dis verby, tussen jou en my) op die klein silw’rige planeet.

 

Danksy die verbinding tussen my en die lugskip van glas

genaamd poësie, soos vir Christina van Swede as prins

opgevoed, keer ek weer terug na die aarde,

wys my foto’s vir diegene wat wil sien,

bring stukkies ongeëete kaas saam

en weet ná maande

die maan is hiér.

 

Jy bly knibbel

waarom vergeet ek nie –

omdat ek weet die maan

is beslis nie van kaas.

 

© Dietloff van der Berg, 2026

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Dietloff van der Berg. Hoor die metafoor

2e gedagtes oor “Dietloff van der Berg. Ervaarder Artemis”

  1. DIETLOFF VAN DER BERG says:
    28 April 2026 at 16:11

    Dis met groot waardering

    Reply
  2. Joan Hambidge says:
    27 April 2026 at 10:27

    Dank vir hierdie geskenk.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid
  • Nuwe Publikasie. Ilse van Staden: Metamorfose
  • Digtersprofiel: Bernard Odendaal
  • Gerard Scharn. het was verschrikkelijk
  • Nuwe Bundel. Margaret Cordier-Biermann: Spiraal

Nuutste kommentaar

  1. Marieta McGrath on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie31 August 2026

    Ek hou hiervan.

  2. Johan Coetzee on Joan Hambidge. Om die hemel te dekonstrueer30 August 2026

    Die hemel... of hel is opgedollie.

  3. DIETLOFF VAN DER BERG on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)28 August 2026

    Soekie, ja, ek stemsaam. Van 'Boondoks' tot 'Gelykenis' is daar net soveel wat mens tref en weer wil herlees.

  4. Soekie Vogel on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)27 August 2026

    Hambidge het haarself oortref in haar digsiklus oor De Lange. Aangrypend.

  5. Daniel Hugo on Ilse van Staden. Die Dans25 August 2026

    'n Wonderlike huldeblyk aan die digter se moeder en Van Wyk Louw.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d