Tot by Oordeel se Liefde
moes ek eers ver paaie stap
tot aan die einde van ʼn vreemde bolronde wêreld
sou ek ooit ontsnap
spore kindervoete vol
soekende self
geen skermhand
agter my rug
terwyl ek voortdryf as jong vrou
wis nie wat ek moet –
kook en klein hande
sag van murg
wasdom
nog in die pit
Here hoe kon jy my dit laat begaan
op so ‘n lang tou gelaat
dat ek eers op hoë ouderdom
bewus van my eie wentel
— in waarheid ontwaak
© Margaret Cordier-Biermann, 2026
