Mont Ventoux Baiku’s 3
In de verte lê
die Reus van Provence –
vreesaanjaend mooi
…
Laat april – somer
en die God van de wind is
in ‘n goeie bui
…
Tussen papawer
en amandelbloeisel – troos
vir wat voorlê
…
Saam op – ek hoop
my stadigheid put my seun
niet te veel uit nie
…
Trap vir trap aam ek
myself tot rus – sodat droom
of bene nie suur nie
…
My seun is pienter –
hy verdwijn al verder weg
uit my sig
…
Baiku’s bedinkend
op die fiets – so glip
die myle verby
…
Tot by Chalet Reynard
‘n klim vir ou manne – van hier
af begin die pret
…
Bo ses percent
piep my linker enkel – dink
aan my artrose
…
Swaar kry – soms is
daar niks anders as myself
tot bo toe te droom
…
Nie genoeg krag
in die bene nie – ‘n kuit
wat smag na suurstof
…
Hoe wil ek môre
terugkyk – die antwoord
verdoof die pyn
…
‘n Gawe – in ‘n mitiese
maanlandskap baie swaar kryg
en tog geniet
…
Terug van die top
fiets my seun langs my en film
sy sukkel-pa
…
By die monument
vir Tom Simpson – soms
het die dood geen keuse nie
…
Amper stapspoed –
‘n droom wat pynlik stadig
werklikheid word
…
Hier word in my siel
geroer – hormone voer
‘n vrolike dansie op
…
Moeg maar dankbaar
kom ek bo – ek hoop dat
ek nie gaan snik nie
…
‘n Boodskap huis toe –
ek het dit gemaak
(sonder om te stop)
…
Rustig afdraand nou –
die kamikazetye
is (helaas) virbij
…
Sal ek ooit weer op
eie krag só ‘n berg uitry –
my lyf sal leer
…
© Miel Vanstreels, 2026
