Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
7 April 2026

Miel Vanstreels. Mont Ventoux Baiku’s (2)

 

MONT VENTOUX BAIKU’S (2)

 

 Die digter Petrarca

was ‘n voorloper – sou ek

‘n nafietsryer wees

…

Kyk daar – daardie

ou man sit net so krom op

sy renfiets soos ek

…
My droewig lot –
stadiger as stadig
die heuwels op

…

’n Pynlike vers – hy
was hardlopend vinniger bo
as ek op my fiets

…..

Lekker oud worde –

die kuns om alle kwale

uit jou kop te fiets

…

Jou aneurisme gaan
regtig nie bars nie – sê
my (fietsgek) dokter

…

Op ‘n smal pad

ry ek agter ‘n miswa –

ek ruik die lente

…
Fietsry in die herfs
van my lewe – solank dit maar
lente is in my kop

…

Weer van die fiets af –

my blaas het baie struike

en elke boom lief

…

Byna sestien myll
teen amper vyf persent – waar
‘n ou man van droom

…

(wordt vervolgd)

 

© Miel Vanstreels, 2026

 

Miel Vanstreels, gebore in 1951 in Godsheide (België), woon in Maastricht (Nederland). Hy het nie gedink dat hy op sy vyf-en-sewentigste nóg eens na die Provence sou gaan om die Mont Ventoux – op eie krag – uit te ry nie. Wat doen ’n ou digter op ’n renfiets wanneer die Ventoux roep? Hy lê die voorbereiding en die klim vas in bike-haiku’s!

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Miel Vanstreels. Mont Ventoux “baiku’s”
Miel Vanstreels. Mont Ventoux Baiku’s 3 →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid
  • Nuwe Publikasie. Ilse van Staden: Metamorfose
  • Digtersprofiel: Bernard Odendaal
  • Gerard Scharn. het was verschrikkelijk
  • Nuwe Bundel. Margaret Cordier-Biermann: Spiraal

Nuutste kommentaar

  1. Marieta McGrath on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie31 August 2026

    Ek hou hiervan.

  2. Johan Coetzee on Joan Hambidge. Om die hemel te dekonstrueer30 August 2026

    Die hemel... of hel is opgedollie.

  3. DIETLOFF VAN DER BERG on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)28 August 2026

    Soekie, ja, ek stemsaam. Van 'Boondoks' tot 'Gelykenis' is daar net soveel wat mens tref en weer wil herlees.

  4. Soekie Vogel on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)27 August 2026

    Hambidge het haarself oortref in haar digsiklus oor De Lange. Aangrypend.

  5. Daniel Hugo on Ilse van Staden. Die Dans25 August 2026

    'n Wonderlike huldeblyk aan die digter se moeder en Van Wyk Louw.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d