(geinspireer deur gedig van Antjie Krog)
bly by my
wanneer dit reën
sodat die treurigheid klein word
blydenis
wees by my
met hande en oë
wanneer my lyf oud word
wanneer die aarde kreun
onder geweld en mishandeling
en ek bang word
vertoef nog ’n wyle
met jou vetplantjies en hoenders,
jou fyn kyk in die veld –
sodat ek van verganglikheid vergeet
bly nog ’n bietjie
© Emmie Bedeker, 2026
