jy’t pas
geland in
singapoer
basuin jy
treur oor
‘n geliefde
se dood
kondig jy aan
vra
voorbidding
vir jou heupoperasie
stateer ‘n
complicated
relationship
en oor
sy mikrofoon
bieg ‘n omroeper
‘hier by
atterbury teater
staan ‘n couple,
so mid fifty
hy vryf
haar rug,
half outomaties,
net mooi
op daai plekkie
wat begin seer word’
vandat hy
geskei is,
bieg hy
sien
hy sulke
oomblikke raak
© Jeanne Henning Els, 2026
