Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
21 May 2026

ND Cronjé. In ‘n dag

 

In ‘n dag

 

Die middag hang ‘n kombuisvenster

skeef teen drie uur

 

Die waaier klap-klap stadig,

klap aan die een kant

elke keer, blaas die aftog oor ‘n bleskop

terug

deur hitte en die reuk van sy koerant

 

Op die tafel, druiwe

klein organe van die prieel,

en ‘n pyp wat ure laas gerook is

 

Daar, uit ’n vergeelde foto skyn

’n laatmiddag:

‘n ligstreep deur ‘n skreef in die gordyn

wat soos gister, presies

dieselfde halfpad toegetrek is

 

Iemand buite sweis aan ’n hek, en

vonke spat kortstondige sterrestelsels

na benede

 

’n Hond lê met sy rug teen die muur

sy asem lomerig in en uit:

 

Dit vloei deur die wêreld van Boetrand af

tot in ‘n hawe in Macau

waar neon oor natgekapte vis

teëls vol bloei

 

Dit spoed oor die wind se internet tot

waar dit daal,

hommel

eindelik neerstryk

 

Mens ken die tyd van die dag toe-oë

aan die gin en tonic van ‘n renbaan,

perde wat nes gebede

uit die hek bars

 

Mens sou seker die liggaam

en die siel, alles

daarín en daaróm kon oopskryf

tot op die senings van begeerte

en dood,

mens sou seker in ’n vlieg se vlerk

’n hele kosmologie kon ontdek,

maar

 

Teen vyfuur smiddae begin die skaduwees

hul kort & lang grammatika oor lig en

materie trek, oral waar mens is,

en die wete dat die dag net

tydelik was

en nou verbrand tot as

 

© ND Cronjé, 2026

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← ND Cronjé. infinitessimale teorie van bewussyn
ND Cronjé. uit stof gestamel →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Gerard Scharn. het was verschrikkelijk
  • Nuwe Bundel. Margaret Cordier-Biermann: Spiraal
  • Nuwe Bundel. Carina van der Walt: Frankofiel
  • Nuwe Bundel. Daniel Hugo: Vers & Kapittel III
  • Nuwe Bundel. Jeanne Henning Els: Vlerke is vir vlieg

Nuutste kommentaar

  1. Marieta McGrath on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie31 August 2026

    Ek hou hiervan.

  2. Johan Coetzee on Joan Hambidge. Om die hemel te dekonstrueer30 August 2026

    Die hemel... of hel is opgedollie.

  3. DIETLOFF VAN DER BERG on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)28 August 2026

    Soekie, ja, ek stemsaam. Van 'Boondoks' tot 'Gelykenis' is daar net soveel wat mens tref en weer wil herlees.

  4. Soekie Vogel on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)27 August 2026

    Hambidge het haarself oortref in haar digsiklus oor De Lange. Aangrypend.

  5. Daniel Hugo on Ilse van Staden. Die Dans25 August 2026

    'n Wonderlike huldeblyk aan die digter se moeder en Van Wyk Louw.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d