Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
1 June 2026

Johann Lodewyk Marais. Blesbok

 

Blesbok

      Damaliscus pygargus phillipsi

 

Die naakte waarheid van die lewe se begin

bly stil en sag in gras wat wyd uitsprei.

Op die eskarp kyk ek oor die aarde

en onverwags merk ek die plasenta

van die ooi wat oor die klipplate wei

met ’n kalfie steierend aan haar sy.

 

© Johann Lodewyk Marais, 2026

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Joan Hambidge. Bul teen bul
Johann Lodewyk Marais. Seisoen →

2e gedagtes oor “Johann Lodewyk Marais. Blesbok”

  1. Johann Lodewyk Marais says:
    10 June 2026 at 22:41

    Dankie, Joan. As kind het ek dikwels gesien hoe van die boere om ons met blesbokke boer. Nou en dan het ons in die veld ’n vaalribbok raakgeloop of ’n skaam steenbokkie sien wegspring. Tog was dit veral die bokhorings op die stoepe van die plaashuise wat my eindeloos gefassineer het, saam met die vae herinneringe wat in stories oor die Riemland vertel is – daardie jare toe jag byna onbeheersd plaasgevind het.

    Die horings van bokke het my nog altyd geboei. Toe die illustreerder saam met wie ek werk begin het om bokke en hulle horings te teken, het ek ook begin om oor bokke te skryf – juis sodat hulle geteken kan word. Bokhorings kan ’n mens inspireer: dink maar aan die indrukwekkende horings van bokke/antilope in die kroeg van die Lord Milner Hotel op Matjiesfontein, wat N.P. van Wyk Louw se verbeelding geprikkel het om Raka te skryf.

    Reply
  2. Joan Hambidge says:
    2 June 2026 at 11:08

    Pragvers Johann. Maak ‘n bundel hiervan.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie
  • Jacques Boshoff. Die hond in Desember

Nuutste bydraes

  • Marthé McLoud. Hierdie angs, hierdie angs
  • Johan Myburg. Vertaling uit Afrikaans in Duits. (Vert. Robert Schall)
  • Johann Lodewyk Marais. Spartacus-dahlia
  • Loftus Marais. Veksilologie
  • Bernard Odendaal. Kaapse draai

Nuutste kommentaar

  1. Dr PS Swathe on Margaret Cordier-Biermann. Soom22 October 2026

    Ja nee ne

  2. Dr PS Swathe on Marius Crous. Vier gedigte22 October 2026

    Paar swak reels aanmekaar gekak.

  3. Dr PS Swathe on Resensie: Om ’n Melkweg te skep (Erwin Rode)22 October 2026

    Die resensie plaas nie 'n enkele goeie gedig nie. Die bundel is hopelik beter as alledaags.

  4. Dr PS Swathe on Resensie: “Spiraal” (Margaret Cordier-Biermann)22 October 2026

    Nou ja toe. Vragie: Is hierdie gedigte werklik so 'centre aligned ' geskryf? Wow, dis dapper. Of nie. En 'n…

  5. Margaret Cordier-Biermann on Resensie: “Spiraal” (Margaret Cordier-Biermann)22 October 2026

    Ek verwelkom kritiese lees, en ek is dankbaar vir die gedigte wat Marlies Taljard as juweeltjies uitgelig het. Die resensie…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d