Wring
die stortvloed van eensaam
soos nat wasgoed
uitgewring
deur die vrou
wie se vorms
ek voltooi vir opname
nou, na jare, dra ek ook
daardie trui
gly ek op stotterwoorde,
wring ek die eensaamheid
uit as ek In a Strange Room lees
in ’n hotel-sitkamer vol mense
© Marthé McLoud, 2026
