Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
11 June 202630 June 2026

Gedigkompetisie: Praat ’n slag (weer) met N.P. van Wyk Louw en/of sy grootwordwêreld!

 

 

Op 11 Junie, sou Van Wyk Louw 120 jaar oud gewees het.

Om hierdie geleentheid te vier bied Versindaba, in samewerking met die Sentrum vir Digkuns van die Louw Huis en Museum Sutherland, ’n geleentheid aan digters om in gesprek met hom en sy digkuns te tree, en/of met sy grootwordwêreld na aanleiding van 20 Roggeveldse foto’s.

Hoewel die digterlike viering van Louw se literêre nalatenskap die hoofdoel van dié herdenkingsuitnodiging is, sal daar ook ’n weninskrywing vasgestel word – behels dit dus ook ‘n digkunskompetisie. Die wenner ontvang ’n beldjie van Strijdom van der Merwe (sien hieronder), geskenk deur die Louw Huis en Museum. Daar is ook verskeie geskenkpakkete van die Louw Huis en Museum Sutherland en ander skenkers. Skenkings sal bygewerk word soos hulle ontvang word.

  • Wenner ontvang ‘n beeldjie van die bekende kunstenaar Strijdom van der Merwe.
  • Rogge Cloof skenk wyn ter waarde van ongeveer R4 200.
  • Versindaba skenk ‘n kontantbedrag.

N.P. van Wyk Louw is op 11 Junie 1906 in ’n dorpshuis op Sutherland, in die Roggeveldse Karoo, gebore. Die omgewing speel ’n belangrike rol in sy vormingsjare as latere digter; nie net die werf van die geboortehuis en die dorpslewe nie, maar ook die landelike omgewing weerklink in sy poësie. Daardie wêreld is intiem ervaar deur hom, ook tesame met sy jonger digterbroer W.E.G. Louw, op hulle oupa se plaas, Gunsfontein, in die Sutherlanddistrik. Die Roggeveld boei met sy klippe, plante en magtige, haas metafisiese landskappe en sterretranse, maar is ook deurspek met stories en rympies.

Die Roggeveldse foto’s wat hierdie uitnodiging vergesel, bedoel om gedigbydraes oor daardie kontrei, sy dinge en mense, te inspireer, is deur amateurfotograwe geneem. Dit verteenwoordig intuïtiewe pogings om iets van daardie sonderlinge werklikheid, wat so lewendig in dele van Van Wyk Louw se digkuns figureer, weer te gee.

Vereistes 

LET WEL: LEES ASSEBLIEF AL DIE INSTRUKSIES DEEGIK DEUR, VERAL WAT FOTO-INSKRYWINGS BETREF! Inskrywings wat nie aan al die vereistes voldoen nie, sal nie in aanmerking kom vir plasing of pryse nie.

  • Die foto’s waaruit deelnemende digters een of meer kan kies tot inspirasie of as verwysing, kan by die skakel hieronder afgelaai word. Kliek op die skakel, kliek dan op die foto.  Links  sal  die  nommer  van  die  foto  en  die  fototitel  verskyn.  Skryf  dié   inligting  bo-aan  jou  gedig,  bokant  die  titel.  Skakel:
    https://photos.app.goo.gl/yMJaFhYqpg1ETy678

    Sien byvoorbeeld: https://versindaba.co.za/2026/06/15/anne-marie-bartie-stillewe/  Kyk asseblief na die voorbeeld voordat u gedigte instuur.

  • Gedigbydraes waarin pertinent ‘gesprek’ gevoer word met (aspekte van) Van Wyk Louw se digwerk, al sou dit geïnspireer wees deur een of meer van die meegaande Roggeveldse foto’s, word in aanmerking geneem vir bepaling van die weninskrywing vir die kompetisie. Andersoortige gedigte as reaksie op gekose Roggeveldse foto’s uit die versameling (by die skakel), met ander woorde gedigte waarin nie kennelik met Van Wyk Louw se digkuns in gesprek getree word nie, is egter ook welkom as gedenkbydraes, hoewel dit nie as inskrywings vir die kompetisie geag sal word nie.
  • Gedigte wat ingeskryf word, moet telkens oorspronklike werk uit die pen van die inskrywer wees wat nie voorheen in ’n solobundel, ’n versamelbundel, ’n literêre tydskrif of op ʼn Internetforum (bv. LitNet) verskyn het nie.
  • Gedigte mag nie met behulp van KI gegenereer wees nie (ons toets wel).
  • Digters mag maksimaal 5 gedigte vir die kompetisie inskryf.
  • Deur vir hierdie kompetisie in te skryf, gee digters Versindaba outomaties toestemming om die gedigte later in ’n e-bundel op te neem. Geen outeursreg sal betaal word nie.
  • Inskrywings wat op Versindaba geplaas word, mag later in eie bundels van inskrywers opgeneem word met die nodige erkenning aan Versindaba en die Louw Huis en Museum Sutherland. Digters behou kopiereg van hulle gedigte.
  • Inskrywings moet as ’n Word-dokument, in Arial 11-lettertipe en enkelspasiëring, by ’n e-posskrywe aangeheg word. GEEN gedigte wat as onderdeel van ’n e-posbrief geplaas en gestuur word, sal aanvaar word nie.
  • Die kompetisie sluit op 15 November 2026.
  • Kopiereg moet aan die einde van elke gedig aangedui word op die volgende wyse: © Digternaam, 2026
  • Inskrywings word gestuur aan die Inhoudsbestuurder, Versindaba, taljard.marlies@gmail.com

Die beoordelaars se besluit is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie. Beoordelaars bly anoniem.

Alle gedigte wat aan bovermelde vereistes voldoen, digterlik afgerond is en in die korrekte formaat ontvang word, word geplaas en, waar toepaslik, gereken as ingeskryf vir inagneming by bepaling van die wengedig.

 

 

Die wenner van die kompetisie ontvang dié Strijdom van der Merwe-beeldjie 

 

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies
  • Carla Botha. Lesse in Wêreldreise
  • Stephan du Toit. Moed

Nuutste bydraes

  • AVBOB Persverklaring
  • Wat lees jy? Living the ultimate carnivore lifestyle (Hendrik Marais)
  • Ferdi Wheeler. Remissie
  • Joan Hambidge. Sheila Cussons en Borges
  • Miel Vanstreels. Siekebesoek

Nuutste kommentaar

  1. Joan Hambidge on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Borges11 August 2026

    Dank. Albei is wonderbaarlike digters. Ek lees nou weer die hele Cussons en hoe sy Neruda en Borges vir ons…

  2. Mirinda on Krige Visser. lykskou10 August 2026

    Iets wat mens nooit sal vergeet nie....veral wanneer so jonk en sensitief...en die reuke sal mens altyd bybly...

  3. Eugene Vorster on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Borges10 August 2026

    Beste Professor Hambidge, baie dankie vir hierdie boeiende artikel. Dit inspireer ‘n mens om verder oor Borges & Cussons te…

  4. Dr PS Swathe on Resensie: “Krap – oop toe om rond uitkrap” (Koos de Wet)6 August 2026

    Naledi, wat het hier gebeur ??

  5. Hester Steenkamp on Digtersprofiel: Melt Myburgh3 August 2026

    Oewerbestaan is een van my kosbaarste besittings. Die bundel lê my baie na aan die hart.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d