Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
19 June 2026

Benno Barnard: Vier voëlgedigte (Vert. deur Daniel Hugo)

 

Benno Barnard: Vier voëlgedigte

Vertaal deur Daniel Hugo

 

Antropomorfe adelaar

Ik heb hem nooit gezien. Hij is te koninklijk
voor mijn bijziende ogen, maar omgekeerd
boort hij daarboven de binocle van zijn blik
in vluchtend eten, alvorens die vreselijke
klauwen in een steeds trager vluchtend vleselijk
schepseltje te slaan. De grofgebekte,
hij die zijn arrogante woning op een rots
heeft neergezet. Zijn door ons bedachte trots
maakt dat hij de schaamteloze gekte
van de heraldiek beheerst, een vliegend
Oostenrijk, zoiets. Ik hoor hem sussend liegen
dat zijn wiekslag het ruisen van de wind zou zijn,
hij die met allebei zijn koppen mij taxeert,
of ik nu al dan niet mensvormig ben.

 

Antropomorfe adelaar

 

Ek het hom nooit gesien nie. Hy is te koninklik

vir my bysiende oë, maar omgekeerd

boor hy daarbo die binokel van sy blik

in vlugtende voedsel, voordat daardie vreeslike

kloue ’n vleeslike skepseltjie gryp wat altyd

stadiger vlug. Die grofgebekte,

hy wat sy hooghartige blyplek gevestig

het op ’n rots. Sy trots, deur ons bedink,

maak dat hy die skaamtelose gekheid

van die heraldiek beheers, ’n vlieënde

Oostenryk, of so iets. Ek hoor hom sussend lieg

dat sy wiekslag die geruis van die wind sou wees,

hy wat met albei sy koppe my takseer

of ek mensvormig is of nie.

 

 

Roodborst (wikipedia)

Een torren-, wormen- en besseneter,
lid van de familie der muscicapidae.
Agressief, maar een begenadigd kunstenaar.

Vroeger belandde hij weleens op een bord
(zijn vlees is ‘mals en licht verteerbaar’
volgens een bron uit 1802):
pootjes omhoog, niet langer
woog op hem de zwaarte van de dingen.

Huis, tuin, auto, bomen, wolken, ik, de zon –
ze zijn één groot, ook hem behelzend iets,
waar hij soms knettergek van wordt:
hij haat het raam. Stomme weerspiegelingen.

Maar soms ook is hij zen, een zanger,
en dan interrumperen zijn 14 centimeter
het oorverdoven van het niets.

 

Rooiborsie (Wikipedia)

 

’n Kewer-, wurm- en bessie-eter,

lid van die muscicapidae-familie.

Aggressief, maar ’n begenadigde kunstenaar.

 

Vroeër het hy soms op ’n bord beland

(sy vleis is “sag en maklik verteerbaar”

volgens ’n bron uit 1802):

pootjies in die lug, die gewig

van dinge druk nie meer op hom nie.

 

Huis, tuin, motor, wolke, ek, die son –

dit is een groot geheel wat hom ook omvat,

waarvan hy soms stapelgek word:

hy haat die ruit. Simpel weerkaatsing.

 

Maar soms is hy ook zen, ’n sanger,

en dan onderbreek sy 14 sentimeter

die oorverdowing van die niet.

 

 

Koekoek

Zij is een schaamteloze draagmoeder die binnenwaait
bij buurvrouw en een jong baart in haar nest
(de technische term luidt broedparasiet).

En ook haar nageslacht deugt niet:
hij vreet zijn pleegouders, de heggenmus, de kleine karekiet,
kaal nadat hij al hun kinderen heeft doodgepest.

Zijn vader zit intussen in het bos en roept zichzelf
in monotone onomatopeeën (want het is vast geen rest
misplaatst verlangen naar gezinsgeluk).

En in de zomerhemel hangt een burgerlijk
soort sprookjeshuis, waarvan de voordeur telkens openzwaait
wanneer koekoek de volgende tijdseenheid zaait.

 

Koekoek

 

Sy is ’n skaamtelose surrogaatma wat inwaai

by ’n buurvrou en ’n kind baar in haar nes

(die tegniese term is broeiparasiet).

 

En haar nageslag deug ook nie:

hy vreet sy pleegouers, die mossie, die klein karekiet,

se kos op nadat hy al hul kinders doodgeboelie het.

 

Sy pa sit intussen in die bos en roep na homself

in monotone onomatopeë (want dit is beslis nie

’n bietjie misplaaste verlange na gesinsgeluk nie).

 

En in die somerhemel hang ’n burgerlike

soort sprokieshuis waarvan die voordeur telkens oopswaai

wanneer koekoek die volgende tydseenheid saai.

 

 

Op het kerkhof

Twee zoekende kauwen stappen
met hun handen op de rug
door een veld vol reusachtige stenen,

stom en op stramme benen.
Rondom hen namen, data, bedroefde regels.

Het schitterende grimmige korstmos
valt het menselijk alfabet aan.
Mijn kind is door het weer half uitgewist.

Tussen het gras en de wuivende margrieten
knikken twee donkere wijsgeren
alsof ze iets snappen.

 

 

In die kerkhof

 

Twee soekende kraaie stap

hande agter die rug

deur ’n veld met reusagtige stene,

 

stom en met stram bene.

Rondom hulle name, datums, droewige woorde.

 

Die skitterende, grimmige korsmos

val die menslike alfabet aan.

My kind is deur die weer half uitgewis.

 

Tussen die gras en die wuiwende magrietjies

knik twee donker wysgere

asof hulle iets snap.

Bron:

 

Het raadsel van de anderen, Atlas Contact, Amsterdam/Antwerpen, 2026

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Daniel Hugo. Grot en gramadoela
Daniel Hugo. Donald Riekert (1947-2011) →

3e gedagtes oor “Benno Barnard: Vier voëlgedigte (Vert. deur Daniel Hugo)”

  1. Yves T'Sjoen says:
    23 June 2026 at 15:19

    Prachtige gedichten, Benno, uit de dichtbundel ‘De onaanraakbare’ die ‘Het raadsel van de anderen’ afsluit (Atlas Contact, Amsterdam/Antwerpen, 2026, p. 396-446). De bundel verdient als geheel een vertaling in het Afrikaans. De vogelgedichtenreeks maakt inherent deel uit van een bijzondere compositie met een aangrijpende afsluitende titelreeks.

    Reply
  2. Benno Barnard says:
    21 June 2026 at 23:19

    Baie dankie!
    Benno

    Reply
  3. Marieta McGrath says:
    19 June 2026 at 13:56

    Dis heerlike gedigte. Dankie vir die vertalings.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie
  • Jacques Boshoff. Die hond in Desember

Nuutste bydraes

  • Marthé McLoud. Hierdie angs, hierdie angs
  • Johan Myburg. Vertaling uit Afrikaans in Duits. (Vert. Robert Schall)
  • Johann Lodewyk Marais. Spartacus-dahlia
  • Loftus Marais. Veksilologie
  • Bernard Odendaal. Kaapse draai

Nuutste kommentaar

  1. Dr PS Swathe on Margaret Cordier-Biermann. Soom22 October 2026

    Ja nee ne

  2. Dr PS Swathe on Marius Crous. Vier gedigte22 October 2026

    Paar swak reels aanmekaar gekak.

  3. Dr PS Swathe on Resensie: Om ’n Melkweg te skep (Erwin Rode)22 October 2026

    Die resensie plaas nie 'n enkele goeie gedig nie. Die bundel is hopelik beter as alledaags.

  4. Dr PS Swathe on Resensie: “Spiraal” (Margaret Cordier-Biermann)22 October 2026

    Nou ja toe. Vragie: Is hierdie gedigte werklik so 'centre aligned ' geskryf? Wow, dis dapper. Of nie. En 'n…

  5. Margaret Cordier-Biermann on Resensie: “Spiraal” (Margaret Cordier-Biermann)22 October 2026

    Ek verwelkom kritiese lees, en ek is dankbaar vir die gedigte wat Marlies Taljard as juweeltjies uitgelig het. Die resensie…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d