Donald Riekert (1947-2011)
die digter van Kuruman
sit blink gesteentes van die hand
om liggaam en siel te rym:
’n ryk woordeskat alleen
hét sy nadele in hierdie land
naskrif:
sedert dié vers geskryf is
in ’n vergete jaartal
het hy verhuis na die Goue Stad
met riviere van kristal
© Daniel Hugo

Donald se bundels versier my boekrak ook. Vol woordjuwele.