Foto 10 – Stofstraat. Sutherland.
https://photos.app.goo.gl/yMJaFhYqpg1ETy678
Roggeveldse silwer aand
Die middag het gevries in vrees
en skrik met elke klein geluid
en saans moet almal binne wees –
geketting-en-gesluit.
Rou riool in ʼn moddersloot
laat die silwer skemer stink;
in ʼn stofstraat sien jy klein en groot
by ʼn tenkwa tou en drink.
Doer op die nasionale pad, onhoorbaar,
hoog, rol ʼn kar wat deur ʼn slaggat ry;
by die OK Bazaar probeer bedelaars
kleingeld uit toeriste kry.
Tant’-Tolie, wat in The Blue Moon bly
is saans aan’t hubbly suig;
vannag nog hoor ons weer hoe sy
benoud na asem hyg.
© Jan Pretorius, 2026
