Ballade van die Nagtelike Ure
VWL ‘n pastiche
Ons liefde het uitgebom
tussen elfuur en kwart oor twee –
hier lê ek kort voor dagbreek
onrustig en absoluut verlee.
Om elfuur was jou liggaam
‘n blote fantasie vir my;
jy flirterend, aaiend met hom,
alles so uiteindelik verby.
Om twaalfuur hoor ek jou
in die hotelkamer langsaan
donker driftig smekend uitroep gil
vir meer vir nog vir dieper, sonder trou.
En nou het hierdie môre my oor
die rand van ‘n wynglas gesmyt.
‘n Bottel Raka leeg, ‘n asbak vol spyt
toe jy vertrek ver wég van selfmélee.
© Joan Hambidge, 2026
