Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
23 June 2026

Joan Hambidge. Digterlike verraad, ontrouheid, troueloosheid

 

I

Betrayal: Power, Deceit and the Fight for the Future of the Royal Family deur Tom Bower is ‘n boek oor die Britse koningshuis. Dit fokus op die vertrek van Meghan en Harry.  Skaars was hierdie boek gepubliseer toe was daar woedebuie van die geskryfdes, die Duke and Duchess of Sussex, wat die biograaf as deranged afgeskiet het. Hulle is ook as grifters gesien. Swendelaars as u wil. ‘n Fassinerende biografie oor verraad.

In die digkuns is verraad ook ‘n tema. John Keats se “La belle Dame sans merci” (1819). Ook die digkuns van Thomas Hardy wat ná die dood van sy vrou ontdek het dat sy wrokkig was oor h0m.

Elizabeth Lowry het hierdie gegewe verwoord in haar roman The chosen:

https://joanhambidge.blogspot.com/search?q=elizabeth+lowry Besoek 22 Junie 2026

Sylvia Plath en Ted Hughes se verhouding was gelaai met verraad.

Op die internet vind ons die volgende:

Selfstandige naamwoord: verraad
Meervoud: –

Betekenis:
• Die skending van trou.

Sinoniem:
• dislojaliteit
• ontrouheid
• troueloosheid
• verraaiery

Hiponiem:
• buskruitverraad
• hoogverraad
• kleinverraad
• krygsverraad
• liefdesverraad
• landverraad
• selfverraad
• staatsverraad
• volksverraad

 

II

Memory is like a phantom mirror. It sometimes shows things

too distant to be seen, and sometimes it shows them as if they were here.

Yukio Mishima

 

Die ewigdurende debat oor die skrywer en die geskryfde. Mag ‘n mens oor ‘n verbintenis skryf en dit openbaar maak in ‘n gedig? Uiteindelik het die gedig die laaste sê.

En wanneer ‘n mens terugblaai en na gedigte kyk oor ‘n verhouding, verbintenis of saam-wees, kom alles weer skerp na vore. Maar die oomblik wat die gedig gepubliseer word, behoort dit nie meer aan die skrywer nie. Dan word die Jy meer as die biografiese of werklike Jy.

Die geskryfde word ‘n voetnoot in jou eie literatuurgeskiedenis. Gekannemeyer. Gedekker. Gevancoller.

Maar wanneer die geskryfde térugskryf, word die bordjies verhang. Ina Rousseau se verse oor Peter Blum illustreer dit. In haar laaste bundel is daar die Steppewolf-reeks opgeteken. Woord en wederwoord. ‘n Siklus van nege verse wat pynlik en beslis nie wraaksugtig is nie. Miskien het sy lank genoem gewaag om dit te skryf oor hierdie komplekse digter.

In Nagsweet (1991) van Johann de Lange staan hierdie verse oor verraad:

 

Twee vriende

na Cavafy

 

Hulle is minnaars soos hulle daar stap.

Hulle kan dit nie wegsteek nie.

lets aan hulle houding suggereer meer

as wat sigbaar is: die oorleun

van hulle lywe na mekaar,

‘n vertroulikheid in die kantel

van nek en skouers,

en ook hulle stap

– in pas – verraai iets

van die soort bed

waaruit hulle so pas opgestaan het.

 

*

Die minnaars kan nie hulle gevoelens wegsteek nie. In ‘n tyd toe gay-mans hul gevoelens moes wegsteek.

 

Verraad het altyd gevolge soos ons lees in hierdie twee klein verse: venyn en wraak.

 

 

Neukery

 

Het jy geweet wanhoop het ‘n reuk

soos buskruit, amandel, bloed of pyn?

Tóg, telkens as jy my verneuk,

verbaas jy jou oor mý venyn!

 

 

Wraak

 

Ek sal nooit vergeet die wrede krul

van jou lip as antwoord op my vraag.

Intussen het ek, veel verkul,

geleer hoe lag ‘n sarkofaag.

 

Dan vanuit ‘n ander perspektief deur Daniel Hugo:

 

Nege metafore en ‘n vergelyking

 

‘n kind kraai anders as ‘n haan

‘n kat lek anders as ‘n kraan

‘n deur piep anders as ‘n muis

‘n klok slaan anders as ‘n vuis

die wind huil anders as ‘n wolf

‘n vy swel anders as ‘n golf

‘n wolk dryf anders as ‘n skuit

‘n peer bloos anders as ‘n bruid

‘n voël sing anders as ‘n vers

en digters doof gou soos ‘n kers

 

Hierdie tien reëlige gedig is opgeneem in die bundel Hanekraai. Dit aktiveer die Bybelse verhaal van verraad:

 

Die hanekraai was nie die stem van ‘n voël nie. Die huis van die Hoëpriester was reg in die middel van Jerusalem. ‘n Regulasie in die Joodse wet het dit onwettig gemaak om hoenders in die Heilige Stad aan te hou, weens die risiko van besoedeling.

 

Die wagwisseling van die Romeinse wagte om 3vm is die hanekraai genoem.  Op daardie uur was daar ‘n trompet in die Kasteel van Antonia geblaas.  Die Latynse woord vir hierdie trompet geskal was gallicinium, wat “hanekraai” beteken.  

 https://bodemklippe.com/2025/04/24/325-soos-nog-nooit/  Besoek 22 Junie 2026

 

 

III

Inderdaad: ‘n klok slaan anders as ‘n vuis …

Liefdesveraad opgeteken in ‘n gedig word terselfdertyd (dalk) selfverraad?

Jy (ek) verklap immers jou weerloosheid.

Kwatryn of dizain? Verraad gaan sit nie in die digter se koue klere nie.

En ironies genoeg word Ina Rousseau se bundel verkeerdelik op die internet as ‘n Onbekende jaartaal opgeteken.

 

Joan Hambidge

22 Junie 2026

Bronne:

Bower, Tom. 2026.  Betrayal: Power, Deceit and the Fight for the Future of the Royal Family. Johannesburg: PanMacMillan.

De Lange, Johann. 1991. Nagsweet. Johannesburg: Taurus.

Hugo, Daniel.  2012. Hanekraai. Pretoria: Protea Boekehuis.

Rousseau, Ina. 1995.’n Onbekende jaartal. Kaapstad: Human & Rousseau.

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Joan Hambidge. Ballade van die Nagtelike Ure
Joan Hambidge. Ander name die sluimer nog →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Gerard Scharn. het was verschrikkelijk
  • Nuwe Bundel. Margaret Cordier-Biermann: Spiraal
  • Nuwe Bundel. Carina van der Walt: Frankofiel
  • Nuwe Bundel. Daniel Hugo: Vers & Kapittel III
  • Nuwe Bundel. Jeanne Henning Els: Vlerke is vir vlieg

Nuutste kommentaar

  1. Marieta McGrath on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie31 August 2026

    Ek hou hiervan.

  2. Johan Coetzee on Joan Hambidge. Om die hemel te dekonstrueer30 August 2026

    Die hemel... of hel is opgedollie.

  3. DIETLOFF VAN DER BERG on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)28 August 2026

    Soekie, ja, ek stemsaam. Van 'Boondoks' tot 'Gelykenis' is daar net soveel wat mens tref en weer wil herlees.

  4. Soekie Vogel on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)27 August 2026

    Hambidge het haarself oortref in haar digsiklus oor De Lange. Aangrypend.

  5. Daniel Hugo on Ilse van Staden. Die Dans25 August 2026

    'n Wonderlike huldeblyk aan die digter se moeder en Van Wyk Louw.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d