winterbruid
lemoenboom, o winterbruid
spierwit bars jou bloeisels uit
blare krul ineen in die koue lug
ryp brand wit oor die grond se rug
waar die eerste lenteknoppe uitbot
bars die winter se laaste slot
jou soete geur dring deur die winterkou
en bring die hoop die lente bly getrou
jy’s eerste wat bloei in die wintertyd
jou lentebodes spreek van ‘n nuwe tyd
jy dra jou bloeisels in stilte en in trou
jou wortels fluister eeue deur die rou
in die stuifmeel van elke bloeisel klein
rus die ewigheid in stilte rein
© Hennie Maartens, 2026
