X
‘n bietjie jazzerige wiskunde vir VWL
Jy’t teruggekeer en jy bewoon
‘n silwer herberg in die reën
jou vensters staar nog elke nag
met grys oë nes ‘n trapesium
my vers is boom en wind en boom
en wind so eindeloos ‘n vergeet
op ‘n winteroggend skryf Umbriaan
‘n vierhoek vir ou Dowe-Peet
© Joan Hambidge, 2026
