Prometheus
‘n paskwil vir VWL
Ek is die vrou wat klippe kyk
klippe uit ‘n Nagasaki swart
‘n walg wat nie wil vrek?
wat duur die geskrif-se-hart
die aasvoëls is te jonk vir my
jul kopbene nog sien wit
die bont vere hier en daar
nog windkant teen ‘n bos sien vit
© Joan Hambidge, 2026
