Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
13 July 2026

Meyer van Rensburg. Vryheid van die duif en perd

 

Skildery deur die digter

 

Vryheid van die duif en perd

 vir Wyk

 

Het met potlood, kwas  en olieverf

probeer om  jou jeug-herinneringe

van júlle plaas se flikkerwerf

in my penseelkuns verfkringe

en kwasstrepe te illustreer

om daaruit meer te leer

van perde, duiwe, afskraapsels en gruis

driehoeke,  sirkels  en spies en kruis.

 

Kan ek met die paletmes die gestaltes hier behou

uitgesny en neergeplak uit jou onthou:

om  deur  ‘n gedagte,  vorm  of   lyf

uit die woorde  van jou boek

(die pronkperd, die wit duif?)

op die wit seilvlakte van my doek

te wys, helder in al my geskilder

wie is van nature slimmer, beter, wilder?

 

Verdwaas het ek ‘n ander kop en lyf

in die perd se ferm skedelkas gewaar:

‘n sagte kurwe: ‘n perfekte duif!

Fluister sy dalk roekoe-koe intiem

vry ontvlugtings  woorde daar

wat die hings laat trippel, skuif

teen die grendel en die halterriem?

 

Of skuil  Raka  dalk in die Slabbert-stal:

maak dié  indringer hom so wild en mal?

Is hy in hom ingevleg, gerank
‘n wortel in die spierkneukels
se donker bank,

en  as hy wil ruk-en-pluk en vlug
uit die stal wat hom kniehalter-bind

loop Raka altyd saam
soos ‘n ( nag) merrie met ‘n bang kind.

 

Dan vloei uit jou studieboeke

nog meer vryheid belettings  of soeke:

Romeine, Cortes en die Asteke,

Montezuma stede, bloedig vir weke

heidene, kruisiginge, en selfs ‘n hoenderhok

wat offerandes bied  om van te kies:

jong  harte bloedig op die altaarblok:

Abel geoffer, Abraham se mes presies

by  die ram se keel en op die Skedelkop

word die finale offergawe nie gestop

nie: ‘n kruis,  driehoek en ‘n kring

wat die sakrale duif van vrede bring.

 

Jóu duiwe vlieg steeds  jonk en ongetemd, maar jy

sien Bêrend bring Slabbert  t’rug na sy stal:

gebonde, nie gebreek nie:  sterk en vry,

en dan die grendelslot wat val:

Raka se verleiding is vermy en klaar

as die hart  ‘n nuwe klop gewaar:

vryheid is nie net die wye hemelblou
of land wat ruim tot by die einder strek
nie: dit leef waar vleuel of spier hul vrees vertrou—
‘n duif wat los opstyg, ‘n stuurstang in ‘n perd se bek.

 

Is daar nou ‘n ander boodskap wat hy hoor

wat hom rustiger laat snork en snuif

of evokeer die wilde stem van Raka of die duif

nog steeds in elke perd se oor?

 

© Meyer van Rensburg, 2026

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Meyer van Rensburg. Hartseer
Joan Hambidge. Lina Spies vervolg: Daniel Hugo en Meyer van Rensburg →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie
  • Jacques Boshoff. Die hond in Desember

Nuutste bydraes

  • Marthé McLoud. Hierdie angs, hierdie angs
  • Johan Myburg. Vertaling uit Afrikaans in Duits. (Vert. Robert Schall)
  • Johann Lodewyk Marais. Spartacus-dahlia
  • Loftus Marais. Veksilologie
  • Bernard Odendaal. Kaapse draai

Nuutste kommentaar

  1. Dr PS Swathe on Margaret Cordier-Biermann. Soom22 October 2026

    Ja nee ne

  2. Dr PS Swathe on Marius Crous. Vier gedigte22 October 2026

    Paar swak reels aanmekaar gekak.

  3. Dr PS Swathe on Resensie: Om ’n Melkweg te skep (Erwin Rode)22 October 2026

    Die resensie plaas nie 'n enkele goeie gedig nie. Die bundel is hopelik beter as alledaags.

  4. Dr PS Swathe on Resensie: “Spiraal” (Margaret Cordier-Biermann)22 October 2026

    Nou ja toe. Vragie: Is hierdie gedigte werklik so 'centre aligned ' geskryf? Wow, dis dapper. Of nie. En 'n…

  5. Margaret Cordier-Biermann on Resensie: “Spiraal” (Margaret Cordier-Biermann)22 October 2026

    Ek verwelkom kritiese lees, en ek is dankbaar vir die gedigte wat Marlies Taljard as juweeltjies uitgelig het. Die resensie…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d