Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
14 July 2026

PEN Afrikaans. Nuusbrief: Julie 2026

Beste lede en vriende van PEN Afrikaans

Wat soek die uitgewer?-gespreksreeks

Daar is nog een aflewering oor in PEN Afrikaans se aanlyn gespreksreeks met plaaslike uitgewers. Op 6 Augustus van 18:00 – 19:00 sal Miemie du Plessis (Pan Macmillan SA) en Shawna-Leze Meiring (LAPA / Penguin Random House SA) aan die woord wees oor die mark vir kinder- en jeugboeke, hoe ’n goeie manuskripvoorlegging lyk, en die faktore wat hul publikasiebesluite beïnvloed.


Bywoning is gratis vir lede, maar dit is belangrik om by penafrikaans@gmail.com te RSVP om deelname te bevestig en die skakel te ontvang.

Baie dankie aan die sprekers en deelnemers wat ingeskakel het vir die eerste twee sessies.

Stevlyn Vermeulen (Kwela Boeke / Jonathan Ball Uitgewers) en Jaco Adriaanse (LAPA / Penguin Random House SA) was tydens die fiksiesessie op 11 Junie aan die woord en het na afloop van die sessie Naomi Meyer van LitNet se vrae beantwoord.

Sien gerus:

  • PEN Afrikaans-gesprekke: Waarna uitgewers op soek is: ’n Onderhoud met Stevlyn Vermeulen
  • PEN Afrikaans-gesprekke: Waarna uitgewers op soek is: ’n Onderhoud met Jaco Adriaanse

Annie Olivier (Tafelberg / Jonathan Ball Uitgewers) en Robert Plummer (Penguin Random House SA) het op 9 Julie met deelnemers in gesprek getree oor die niefiksiemark, in ’n sessie wat deur Shawna-Leze Meiring gefasiliteer is. Ons deel hulle LitNet-onderhoude wanneer dit beskikbaar is.

Die skryf van resensies: Inskrywings ingewag


PEN Afrikaans bied vanjaar vir die eerste keer sedert 2018 weer in lewende lywe ’n resensiekursus aan. Sluit gerus op 25 Julie van 10:00 – 13:00 by ons aan by die Breytenbachsentrum, plek van “uitdagende skepping” en boeiende gesprekke en werkswinkels oor onder andere musiek, drama en skryfkuns.

Kom leer en gesels by dié multidissiplinêre kultuursentrum saam oor die elemente van resensies – hetsy van boeke, films, musiek of drama.

Die bekende digter en resensent, Danie Marais, sal die kursus aanbied met insette van fasiliteerders Candice Jantjies, met haar agtergrond in die kunsjoernalistiek, en Erla Diedericks, met haar uitgebreide ervaring in die skryf- en boekewêreld.

In 2017 het PEN Afrikaans vir die eerste keer saam met Netwerk24 ’n resensiekursus aangebied, en sedertdien was daar ’n kursus by die Woordfees sowel as verskeie aanlyn resensiekursusse. Die kursusse is daarop gemik om die Afrikaanse kunskritiek en resensiekunde te bevorder, en sluit praktiese leiding oor resensering in.

Koste is R290 per persoon. Daar is drie beurse beskikbaar vir gratis bywoning. Kontak ons by penafrikaans@gmail.com om jou plek te bespreek.

Wenners aangekondig: Toyota Stellenbosch Woordfees se kortverhaalbundel 2026


Vyf-en-twintig verhale is gekies vir publikasie in die elfde kortverhaalbundel van die Toyota Stellenbosch Woordfees, Dis hoog tyd.

Dit sluit in laasjaar se wenner van die fees se kortverhaalkompetisie, Emile Joubert, en bekroonde digters en romansiers soos Lynthia Julius (Kinderlê) en Gaireyah Fredericks (Een voet innie kabr).

Die wenner ontvang R30 000 met die komplimente van EasyEquities. Verder kry elke skrywer wat in die bundel opgeneem word R5 000, asook R500 om in ’n EasyEquities-beleggingsrekening te spaar.

Vanjaar se kompetisie het 488 inskrywings gelok; dit is die meeste sedert die kompetisie in 2016 begin is.

Die bundel word by ’n geleentheid tydens vanjaar se fees bekendgestel. Die wenner van die kompetisie word tydens die geleentheid aangekondig. Die publikasie van die kortverhaalbundel word ook ondersteun deur PEN Afrikaans.

Die skrywers wat in die 2026-kortverhaalbundel van die Toyota Stellenbosch Woordfees opgeneem word, in alfabetiese volgorde, is:

  • Anita Kritzinger
  • Anna-Bet Stemmet
  • Cobus Kruger
  • Corine Raath
  • Elme Ravenscroft
  • Elzan Webster
  • Emile Joubert
  • Gaireyah Fredericks
  • Helena Opperman
  • Ilse Schoonwinkel Pauw
  • Janina Theron
  • Janine Opperman
  • Johann Smith
  • Karin Sennett
  • Keith Oliver Lewis
  • Ling Sheperd
  • Lynthia Julius
  • Marquen Carstens
  • Michèle Meyer
  • Morné Malan
  • Paula Fourie
  • Rina Bester
  • Ryno Eksteen
  • Sandy Schoeman
  • Werner Rossouw

Baie geluk!

Konstitusionele Hof lewer uitspraak oor die grondwetlikheid van sekere dele van die Wysigingswetsontwerp op Outeursreg


Die Konstitusionele Hof het op 26 Junie sy langverwagte uitspraak oor die grondwetlikheid van sekere bepalings van die Wysigingswetsontwerp op Outeursreg (oftewel die “CAB” – Copyright Amendment Bill) gelewer.

Die hooftrekke van die uitspraak is, volgens kopieregspesialis André Myburgh in ’n onderhoud op LitNet, die volgende:

  1. Die hof erken onomwonde en vir die eerste keer dat kopiereg, net soos ander intellektuelegoedereregte, ’n reg is wat die Grondwet teen arbitrêre onteiening beskerm, en dat die invoer van ’n beperking in wetgewing op ’n onteiening neerkom.
  2. Een stel van die nuwe beperkinge op die eksklusiewe regte ten gunste van opvoedkundige inrigtings is as ’n ongrondwetlike arbitrêre onteiening bevind.
  3. Die hof het sy bevinding van ongrondwetlikheid uitsluitlik op die teks van die President se verwysing geskoei. Die hof het geweier om klagtes oor die ongrondwetlikheid van ’n menigte van ander bepalings aan te hoor, omdat hulle nie in die President se verwysing bevat is nie.
  4. Die oorblywende beperkinge op die eksklusiewe regte, insluitend “fair use”, is deur die hof geïnterpreteer en “binne die omvang van die President se verwysing” grondwetlik bevind.
  5. Die hof beklemtoon dat die bevinding nie neerkom op ’n “minisertifisering” van die beperkinge wat goed bevind is nie, en bevestig dat die grondwetlikheid van daardie beperkinge in die toekoms nog aangeveg kan word indien ’n feitelike situasie wat die ongrondwetlikheid daarvan bewys, sou ontstaan.

“In sy bevinding van die ongrondwetlikheid van die beperking ten gunste van opvoedkundige inrigtings het die hof onder meer die volgende gesê, wat skrywers van opvoedkundige werk ten minste ’n bietjie gerus sal stel:

[E]ducation is a constitutional right; but it is the state that bears the duty to fund that right in public institutions, not private authors whose works are the product of legitimate commercial activity.
[The exception] cannot be justified as a mechanism for relieving the state of its obligations by conscripting private rights holders.”

Omdat die hof in sy ontleding van die betrokke bepalings baie eng gehou het by die president se verwysing, is die bevinding van grondwetlikheid van die ander bepalings beperk tot die betrokke konteks van die president se verwysing. Dit wil sê: In ander kontekste, en in die toepassing van daardie bepalings, kan dit inderdaad ongrondwetlik wees.

Myburgh kom tot die volgende slotsom oor die hofuitspraak:
“Die gevolge van die hof se besluit is dat onsekerheid oor die grondwetlikheid van ’n menigte bepalings van die wetsontwerp sal voortduur na hul aanname en inwerkingtreding, en skeppers en eienaars van kopieregwerke sal hul keer op keer tot die howe moet wend om die regte in hul werk te beskerm.”

Vir eers gaan die wetsontwerp terug na die parlement en dit sal weer aan die portefeuljekomitee vir handel, nywerheid en mededinging voorgelê word.

Sien gerus ook die uiteensetting van die uitspraak op Spoor & Fisher se webwerf:
https://spoor.com/copyright-amendment-bill-constitutional-court/

Die slotsom van hul analise is insgelyks:
“While the Constitutional Court’s judgment marks an important development, it falls short of a ruling on the constitutionality of the Bills in their entirety, nor does it clarify how the amendments will operate in practice once enacted. Accordingly, legal uncertainty therefore remains in several respects, and the practical impact of the new regime has yet to be tested. Consequently, further court challenges may be brought against the Bills once they are enacted.”

Maandelikse resensie-oorsig


Klik hier vir ons oorsig van Afrikaanse resensies wat in Junie 2026 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Hierdie oorsig sluit boekbesprekings, boekgesprekke en voorlesings in wat op die radio of TV uitgesaai is.

Indien jy weet van ander gerekende publikasies wat ook Afrikaanse resensies en boekgesprekke plaas en dit digitaal beskikbaar maak, laat weet asseblief na penafrikaans@gmail.com.

Ons wil graag elke maandelikse oorsig so volledig moontlik maak.

Nuwe Afrikaanse boeke in Julie 2026

Baie geluk aan ons lede wat in Junie nuwe boeke op die rakke het! Dit sluit in: Cliffordene Norton, Hannes Barnard en Elsa Winckler.

Die publikasielyste kan hier in Excel-formaat afgelaai word.

Baie welkom aan nuwe lede

Oor die afgelope maande het verskeie nuwe lede by ons aangesluit. Dit is ’n plesier om ook hier aan almal welkom te sê! Hartlik welkom aan:

  • A.M. Holder
  • Andréa Müller
  • Angela Reed
  • Aniel Karsten
  • Anne Marais
  • Corrie Geldenhuys
  • Eduan Naudé
  • Elmien Ackerman
  • Elzette Boucher-Kruger
  • Fanus Gerber
  • Joan Kruger
  • Karel Dampies
  • Mandia Bornman
  • Marieta McGrath
  • Paula Hartzenberg
  • Riette Botma
  • Rita Sephton
  • Susan Marais
  • Susan Olivier

Ons is baie bly dat julle besluit het om aan te sluit.

Vriendelike groete
Catrina Wessels
Bestuurder: PEN Afrikaans

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← PEN Afrikaans. Nuusbrief: Junie 2026

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d