Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
27 July 2026

Joan Hambidge. Lina Spies en die plattegrond

 

I

Met ‘n omweg, so het T.T. Cloete ons geleer, kan bysake die aandag trek op hoofsake.

In Rudie van Rensburg se speurverhaal Enigma is dit presies wat gebeur.

In hierdie krimi begin die skrywer om alles te situeer in Antwerpen, die tweede grootste stad in België. ‘n Stad waarin die Middeleeue teenoor die moderne wêreld geplaas word. Ook ‘n stad van drugs-smokkelary …

Stede het persoonlikhede. Sommige stede laat jou koud; ander weer praat met jou. ‘n Mens sou ‘n hele studie kon doen oor Amsterdam: Van Wyk Louw, Sheila Cussons, Elisabeth Eybers, Lina Spies, fanie olivier,  Marlene van Niekerk …

Hier is Sheila Cussons:

 

Aandenking

‘n Sneeunag op ‘n bank langs ‘n blink kanaal

– ‘n eensame sneeu –

klein liggies bo wat stadig laer na Schiphol sweef

– die gordels is al vas –

ons voetvalle nánag oor die leë plein

– die leë wind onthou –

‘n laaste tram wat na sy skuur toe skreeu –

na al die jare waarom

dié soet pyn?

 

Hierdie gedig opgeneem in Verf en vlam (1978).

‘n Verruklike gesprek met Tristia en die bekende nommer X:

 

Jy‘t weggegaan en jy bewoon

‘n silwer herberg in die sneeu

jou vensters kyk nog elke nag

met drie blink oë na die plein

(…)

 

II

Onthou is die dag wat breek – ’n Digterlike huldigingsbundel (saamgestel deur Alwyn Roux en Neil Cochrane) gee verskillende perspektiewe op Lina Spies se digkuns.

Hier is ‘n digterlike gesprek oor Amsterdam:

 

Dietloff van der Berg

 

Ingang 2008

 Vir Lina Spies

In gesprek met “Impasse 1978”

 

In Amsterdam ry ons op die tram

van Willemsparkweg na die Station

verby die eerste ontluikende tulpe

in die Vondelpark waar twee kinders speel

by swane wat in spieëlbeeld op die water spikkel

en daar word met groot handgebaar

oor die selfoon hangend aan die paal

verduidelik vir wie ook al wil hoor

“en de slapeloze nachten”

wat soos ’n spies die hart deurboor,

want daar word nou nooit meer

’n liefdestem oor die handyfoon gehoor.

Dan as ek haar vasvang as ons

daar by die Oude Kerk verby

met die skielike rem by rooiligstrate

balans verloor, val dit duidelik op my oor:

“Weet jy in watter mate

jy geseënd is om verby De Wallen

op reis te wees in ’n stad met gragte

met ’n mens met wonderbaarlike ledemate.”

Van der Berg aktiveer ook Elisabeth Eybers se bekende “Twee kleuters in die Vondelpark”.

Die gedig word ‘n gesprek met twee vrouedigters én ‘n gesprek wat aangehoor word op die tram. ‘n Kritiese opmerking oor hoe selfone stilte en privaatheid verdring:

 

oor die selfoon hangend aan die paal

verduidelik vir wie ook al wil hoor

“en de slapeloze nachten”

wat soos ’n spies die hart deurboor

 

Die “spies wat die hart deurboor” is ‘n slim verwysing na Lina Spies se bekende gedig “Drie laelandse verse vir die nie-ontvangene nooit-geborene” uit Digby Vergenoeg (1971) oor kinderloosheid:

 

en die swaard was alleen maar deur my hart,

nooit in my skede nie:

 

Wat gebeur nie alles in hierdie gedig nie. Ons reis saam met die digter Dietloff van der Berg en die “ons” word nou die lesers wat hy betrek.

Die gedig as plattegrond.

Willemsparkweg – Station – Vondelpark – Oude Kerk – Wallen – gragte

Beweging tot park (sentrum) en gragte.

Bakens, maar terselfdertyd kommentaar op die religieuse dimensie én verval.

Hier aktiveer die digter Van den Berg sy eie spirituele verse.

Tulpe en swane is ook bekende simbole van hierdie stad.

Ingang is die titel van hierdie vers wat in gesprek tree met Impasse.

En aan wie behoort die wonderbaarlike ledemate? Besluit self.

 

III

In Harold Bloom se A map of misreading (1975) en sy bekende Agon: Towards a theory of revisionism (1982) sien hy die leesaksie as ‘n “mapping” teen voorgangers en revisie.

Misreading ten einde jou eie identiteit te vind as digter. Die ewige worsteling met die kanon en ander digters.

Die gedig as plattegrond met Van der Berg as sentrum wat uitwaaier na ander digters en die stad. En Van der Berg weet wat hy doen. Hy het immers ‘n vers oor Jacques Derrida geskryf:

 

Derrida

9 Okt. 2004 vir Liz

 

Hierdie dag by die nuus oor Jacques

sien ek jou gesig tragies in sigself

aftraan tot die self-insig dat die meester

dood is

vir jou wat telkens om Ingrid Jonker

se bedoeling dekonstruktief te agterhaal

jouself genadeloos oopvlek om uit die digte skeur

tussen woorde self vir elke sel

nuwe lewe te verwek,

sal ek genadiglik bly hamer

tot my woorde stigmaties bly klou

aan die holtes van jou ongelooflik

verwonderende hande en voete:

al word ons selle elke dag afgebreek

is daar meer aan die lewe

as verlies tot die dood.

Kon ek jou net met my woorde raak

maar jy raak daardeur ontstig

met net die kromming van jou gladde rug

op my gerig en spartel ek

teen die holte van jou stiltes

tot my woorde stuk-stuk

in rekonstruksie van die vers verskyn

sonder om werklik vir jou te beteken

daar is nog liefde oor

want al is my woorde versigtig geformuleer

laat jou hartseer jou weier om te hoor

en dekonstrueer jy dit

tot die derridiaanse postmoderne insig:

daar was toe al die tyd niks om te sê nie

wat die teks nie weerlê nie.

 

https://versindaba.co.za/2025/05/14/resensie-feesmaalgang-dietloff-van-der-berg/ Besoek 27 Julie 2026

 

‘n Ingang. ‘n Deur wat oopmaak na Lina Spies en teorie.

 

Bronne:

Bloom, Harold. 1982.  Agon: Towards a theory of revisionism. New York: Oxford University Press.

– 1975. A map of misreading. New Haven: Yale University Press.

 

Joan Hambidge

Kaapstad

27 Julie 2026

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Joan Hambidge. Ook elders aan diens nou
Joan Hambidge. Sheila Cussons →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Elisma van Zyl. Tydloos
  • Paul Kloppers. hemelrog
  • ND Cronjé. navigasie
  • Digtersprofiel: Vincent Oliphant
  • ND Cronjé. wiskunde

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d