Junie 2007: die winterson val soos genade op die blokkiesvloer van die zendo (plek van meditasie, afkomstig uit die Zen-tradisie). Dis skuins voor middagete en ’n klein groepie vergader hier vir die laaste sessie van ’n meditasie retreat. Ons meditasie teacher gee haar laaste dharma-praatjie en sluit af met ’n gedig. Sy sê dis deur…
Category: Blogs
Nini Bennett. Frida Kahlo: uit binnekamers en briewe
Die Meksikaanse kunstenaar Frida Kahlo se werk kan beskryf word as intiem, dog konfronterend; teer, dog realisties; vurig, dog melankolies. Kahlo (6 Julie 1907–13 Julie 1954) word onthou as een van die mees merkaardige kultuurikone van die twintigste eeu. Afgesien van die 143 skilderye en ander artefakte in haar museum-huis in Meksikostad, lewer sy…
Wicus Luwes. Die verskil tussen ‘n leë en vol bord
Ek het al dikwels gewonder hoekom die Grieke bekend is vir die tradisie om borde te breek. ‘n Mens het mos nou maar die ingebore drang om die oorsprong van dinge na te vors. Ek het ‘n paar bronne op die internet geraadpleeg en het op ‘n interessante term genaamd ‘kefi’ afgekom. Daar is nie…
Nini Bennett. Vermiste mense
1. Jou naam kom nooit na vore Nie in grou geregskantore Nie in lêers oor verhore nie Jou diepste, verste spore loop ook dood Ek kan dit nie verduur nie Daar’s geen saak en geen dossier nie Geen deure wat nog skanier nie En die wete: Jy’s nie hier nie Voel…
Wicus Luwes. Oor kruie, onkruid en makajalas
Ek het onlangs Antoinette Pienaar se boek genaamd ‘Kruidjie roer my’ gelees. Ek het tydens die verskyning van haar tweede boek, ‘Die lang man sonder skaduwee’ besef dat ek dit nie langer kon (of wil) uitstel nie. Antoinette en Amoré Bekker se program op RSG is gereeld deel van my eie pad huis toe. Vir…
Nini Bennett. Blou
In die koue nag van die kosmos draai die aarde, die klein, blou planeet. Die digter Archibald MacLeish het gesê: Eeue voor Carl Sagan se Pale Blue Dot was die sterre slegs ligte aan Dante se hemel, en die aarde was die wêreld, die héle wêreld waaroor die mens volgens God se lotsbeskikking…
Gisela Ullyatt. Pa se free range-droom.
Pa had ’n hoenderhok vir ’n wyle. Maar nie sommer enige hiert-jy ene nie. Toegegee, dit was ’n saamgeflansde hondehok, ja. Maar dit was ook Georgie, die miniatuur-worshond, se hondehok nadat hy hônnedroomland toe begelei is deur Oom Odendaal, die veearts en ouderling in ons gemeente. Georgie het sy hondehok gehaat, want hy wou…
Nini Bennett. Hoekie vir eensames
Alleenwees het ’n lonende bedryf geword. Daar is verhoudingsbloggers, huweliksmakelaars, liefdesoekwebwerwe, aanlynromanse en kuberontrouheid. Welkom in die wêreld van virtuele liefde. Welkom, Webliefde 2.0. En nou praat ek nie eens van die slimfoontoeps en TV-programme wat alleenlopers bymekaar uitbring nie. Kyk, alleenwees is ’n bemarkbare kommoditeit. Dit behels persoonlike branding, maar jy moet…
