EEN Afskryf van ’n gedig is nie maklik nie Yanni* stap binne sonder om te klop, soos gewoonlik, deur die toe deur. Sy loop nie ongemaklik met die lomp kameelperd-treë van ’n kleremodel nie, maar met die atletiese gang van ’n afstand-hardloper. Haar hare is vasgevang agter haar kop in ’n…
Category: Blogs
Wicus Luwes. Robert Johnson en die kruispad
Robert Johnson was ‘n musikant wat volgens oorlewering sy siel aan die duiwel verkoop het by ‘n kruispad. Die kruispad waar die transaksie plaasgevind het, is die kruising van Hoofweg 61 en Hoofweg 49 in Clarksdale, Mississippi. Pelgrims van bluesmusiek besoek die plek ter nagedagtenis aan die transaksie. Ek dink al ‘n paar dae…
De Waal Venter. Neponimiese poësie
“ons dwarrel vliesvlerkig1 deur bome en die wind na poele waar ons water drink ’n albatros en engelkind” . “’n Poel2 – water in die skadu’s – jou liggaam. Stilte. Enorme namiddag klop byna onopsigtelik. Tussen jou bene vloei die koppige tyd.” Hierbo is twee fragmente uit twee gedigte. Die een is…
De Waal Venter. Digters wat suutjies trap
Die spitse in die Muzo-legende, Fura en Tena Daar is baie digters wat pseudonieme gebruik wanneer hulle publiseer. Ek verkies die woord “pseudoniem” bo “skuilnaam” aangesien sulke digters in die meeste gevalle nie “skuil” agter die pseudoniem nie, maar om een of ander rede ’n ander naam as hulle eie gebruik. In die…
Marlies Taljard. “Waar is jou Pa nou?”
Boekbespreking: Met my hand op my hart – Cas Vos “Ek het my lewensmaat verloor, my kinders en kleinkinders wil my nie meer ken nie, en nou keer my enigste vriende my ook nog die rug toe … al wat ek oorhet, is my gebroke gemoed en my depressiewe gedagtes.” Hierdie argetipiese versugting…
Wicus Luwes: Die nege lewens van Schrödinger se kat
Ons buurvrou het laat weet dat ons kat smiddae in haar sitkamer kom slaap. Die kat kies natuurlik ook die bank waarop niemand mag sit nie vir haar middagslapie. Katte wil nou maar net nie voorgesê of opgelei word nie. Ek hoor ook dikwels grappe oor die vraag of katte ons troeteldiere is en…
Octavio Paz. Essay: Vertalings in Afrikaans. (De Waal Venter)
Die Meksikaanse Nobelpryswenner (1990 ) Octavio Paz, is gebore in 1914 en het geleef tot 1998. Hy het ’n wêreldwye reputasie verwerf as voortreflike digter en essayis. Jascha Kessler, skrywer verbonde aan die Los Angeles Times, het Paz beskryf as “waarlik internasionaal”. Manuel Duran van World Literature Today het gesê: “Paz’s exploration of Mexican existential…
Nini Bennett. En garde!
Dis ’n swierige tradisie – een van swaardgevegte, wraak, en baie bloed en liefde. Die protagonis is ’n onverskrokke avonturier. Jy eien hom aan sy savoir-faire-houding en windmaker manier van stap. Hy is sjarmant en lag doodsveragtend in die aangesig van gevaar. Hy leef volgens ’n persoonlike etiese kode van regverdigheid en geregtigheid, maar…
