Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba

Anne-Ghrett Erasmus

Anne-Ghrett Erasmus is gebore in Pretoria, maar het grootgeword in Ladysmith, Kwazulu-Natal, waar sy ook gematrikuleer het. Daarna behaal sy haar BA(Drama) aan die Universiteit Pretoria.

Sy speel toneel vir o.a. SUKOVS en TRUK. Sy skryf en regiseer dramas vir die Bop Arts Council en kunstefeeste. Ook speel sy in radiodramas en doen oorklanking. Anne-Ghrett het ook lank skool gehou by die Waldorfskool in Constantia. Tans is sy kurator by die Breytenbach Sentrum en besig met haar MA: seuntjie grootmaak. Sy naam is Kobus.

Wat haar skryfwerk betref, het sy al gedigte gepubliseer in ’n hele paar versamelbundels, asook ’n drama geskryf vir die Storieboomreeks vir kinders. Haar debuutbundel die lekkerste perske is ’n vy verskyn in 2011 by Benedic Boeke.


 

Skilder

(In die oomblik van verf staan kop en tyd doodstil.)

 

Kleure smelt op die palet –

word ritme en lê sag in volle vlees.

Sabelkwasse dans en koek om die oeroue rite:

lewe te gee aan die lap.

Waaierkwasse lek oor die doek en

terpentyn versag die vloeibaarheid

met die voel en die vat van elke vorm.

Damar en roulyn verdik

en plak blink, lyf op lyf.

Nippelpuntjies verstyf onder die kielie en

sagte pienk naeltjies kruip weg in tortellinivoue.

Lywe, in en oormekaar

lewe en golf saam,

haal asem,

word taal.

 

©Anne Ghrett Erasmus (Uit: Die lekkerste perske is ’n vy, 2011: Benedic Boeke)

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Gert Vlok Nel
  • Meyer van Rensburg. Spieëlkamer
  • Margaret Cordier-Biermann. Verlossing
  • Wynand J Booysen. koue afgrond
  • Don’t Hesitate! – AVBOB Poetry Mini-Competition winners

Nuutste kommentaar

  1. Conrad on Hans du Plessis. Psalm 121 (Stemgreep)30 July 2026

    Goeie middag ek is n koorleier van die VGK Kerk Kraaifontein en is op soek na die SATB Blad musiek…

  2. Marieta McGrath on Miel Vanstreels. Voorlopig30 July 2026

    Stout gedig! Baie snaaks!

  3. Bernie on Rainer Maria Rilke. Almal wat Jou soek, beproef Jou (vert.)29 July 2026

    Kan die vertaler dalk verduidelik waarom hy hoofletters gebruik in sy vertaling terwyl Rilke kleinletters gebruik.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Plaagbeheer28 July 2026

    Ja, hoe beheer ‘n mens die plaag waarvan in die slotreël gewag gemaak word …?

  5. STEPHANUS JOHANNES MARAIS on Margaret Cordier-Biermann. Wekroep van die verlostes28 July 2026

    Die gedig verbeeld 'n fase in die mens se lewensverloop waar hy ingehok voel en die omstandighede die uitsig beperk…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d