Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba

Anne-Ghrett Erasmus

Anne-Ghrett Erasmus

 

Anne-Ghrett Erasmus is gebore in Pretoria, maar het grootgeword in Ladysmith, Kwazulu-Natal, waar sy ook gematrikuleer het. Daarna behaal sy haar BA(Drama) aan die Universiteit Pretoria.

Sy speel toneel vir o.a. SUKOVS en TRUK. Sy skryf en regiseer dramas vir die Bop Arts Council en kunstefeeste. Ook speel sy in radiodramas en doen oorklanking. Anne-Ghrett het ook lank skool gehou by die Waldorfskool in Constantia. Tans is sy kurator by die Breytenbach Sentrum en besig met haar MA: seuntjie grootmaak. Sy naam is Kobus.

Wat haar skryfwerk betref, het sy al gedigte gepubliseer in ’n hele paar versamelbundels, asook ’n drama geskryf vir die Storieboomreeks vir kinders. Haar debuutbundel die lekkerste perske is ’n vy verskyn in 2011 by Benedic Boeke.

 

Skilder

(In die oomblik van verf staan kop en tyd doodstil.)

 

Kleure smelt op die palet –

word ritme en lê sag in volle vlees.

Sabelkwasse dans en koek om die oeroue rite:

lewe te gee aan die lap.

Waaierkwasse lek oor die doek en

terpentyn versag die vloeibaarheid

met die voel en die vat van elke vorm.

Damar en roulyn verdik

en plak blink, lyf op lyf.

Nippelpuntjies verstyf onder die kielie en

sagte pienk naeltjies kruip weg in tortellinivoue.

Lywe, in en oormekaar

lewe en golf saam,

haal asem,

word taal.

 

©Anne Ghrett Erasmus (Uit: Die lekkerste perske is ’n vy, 2011: Benedic Boeke)

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Augustus-kompetisie
  • Resensie: "wanneer woorde asemhaal" (Maritha Broschk) & "swartland" (Rudolph Willemse)
  • Resensie: "Kinderlê" deur Lynthia Julius
  • Resensie: "Miniatuur". (Johann de Lange)
  • Boekbespreking: “Taboek” (Riku Lätti)

Nuutste bydraes

  • Onderhoud met Marthé McLoud oor “Ontbloot”
  • 100 Duitse Bestes: Rainer Maria Rilke (1875-1926) (II)
  • Joan Hambidge. Oosterse digkuns  Deel I
  • Digtersprofiel: Dietloff van der Berg
  • Resensie: “Ontbloot” (Marthé McLoud)

Nuutste kommentaar

  1. Ilse on 100 Duitse Bestes: Rainer Maria Rilke (1875-1926) (I)9 June 2025

    Dankie vir die lieflike vertalings!

  2. Heleen Louw on Jacobus Swart. Franz Kafka4 June 2025

    Treffend uitgebeeld. Jou vermoe om die essensie van 'n lewe' te omskryf is iets besonders vir my. En dan jou…

  3. Caren Kearley on Resensie: “Dawerende stiltes” (Caren Kearley)4 June 2025

    Dankie Maria, jy is welkom om my te kontak as jy een wil bestel. carenkearley@gmail.com. Ek is Ninni ewig dankbaar…

  4. Joan Hambidge on Ilse van Staden. Deursigtige oggend3 June 2025

    Beeldskoon hoe hierdie gedig vloei.

  5. Charl-Pierre Naude on Charl-Pierre Naudé. Mymering28 May 2025

    Hierdie is 'n interessante kommentaar deur jou, Hans. Dankie. Ek kou nog daaraan ... Ek moet nog jou opstel waarna…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d