Stilweg In die kombuis stoom groente ritmies, sag tiek-tok die enigste herinnering dat selfs hier waar ek voor die ketel vertoef diep in eie denke verstrengel my tyd ook eendag sal vertrek nes stoom, dalk dagdrome, is alles menslik van korte duur. © Carla Botha, 2026
Tag: Carla Botha gedig
Carla Botha. Old McDonald’s se Varkies
Old McDonald’s se Varkies Die drie varkies was ongeskik en onopgevoed, hul ma gatvol vir hul varksige maniere — toe jaag sy hulle weg. Die driemanskap was so useless dat hul skaars hul eie potte kon krap. Dit was rooikappie wat vir wolf gebel het, gesmeek het, laat weet het al die varkies…
Carla Botha. Afskeid
Afskeid Die kwik raak al luier — herfs is op pad, die kat se son-kolletjie skuif stadig, die kat skuif saam. Gister is Alya se pa oorlede. Begrafnis is ook ’n manier van groet. Ek hou nie van winter nie. © Carla Botha, 2026
Carla Botha. Lesse in Wêreldreise
Lesse in Wêreldreise i In New York bekgevegte oor taal nes straatkatte oor visgrate. Ek bestel ’n Starbucks; die barista antwoord in Italiaans ek glimlag, sê dankie in Afrikaans. Terug in my land Blouberg se strand ’n pasgebleikte tafeldoek, selfs die meeue skree in vreemde dialek — al wat ek hoor ’n…
