Deepfakes die bron en teiken word sorgvuldig gepaar soos ʼn man met sy skadu die kurwes bypassend in hul kaak en wang en vir ʼn skamele swink ʼn soortgelyke gryns wat in stiltes bly hang maar ʼn heel ander kleur kleef aan sy toon en gemoedelike praatjies sluier tekens van hoon woorde…