Retoriek Na Greta Thunberg Meestal bly dit by bla-bla-bla oor die smelt van die poolstreke, bla-bla-bla oor verbrande kool, bla-bla-bla oor gespilde olie, bla-bla-bla oor die brandarmes, bla-bla-bla oor spesies wat sterf, bla-bla-bla oor hierdie Aarde. © Johann Lodewyk Marais, 2022
Tag: Greta Thunberg
Johann Lodewyk Marais. Greta Thunberg
GRETA THUNBERG Die kind is nie stil nie, die kind sit met ’n plakkaat – SKOLSTREJK FÖR KLIMATET – voor die Sweedse Parlement vir die Aarde en lewe. Die kind verhef haar stem teen die leiers van die wêreld in die optog van die kinders deur die strate vir geregtigheid en…