Koki bepeins sy swembad in die kil blou helderte kan skaars ʼn kiem oorleef skaars ʼn repie paddaslyk gechloor en gealgdood die pH perfek doodreg hoe waglik groen was dit verlede week dik alge die water swartgroen byna giftig geskik vir Raka om in te waad te rol te swelg paddaslyk oor sy vet pens…
Tag: Hein Viljoen gedigte
Hein Viljoen. Teddiebere
Teddiebere . beertjie in Berlyn in die uitstalkas van die Joodse museum – by Hambidge en haar leerling vind ek ʼn swaai-etiket van The Baby Company – newborn die gedig word gebore in die gapings tussen woorde soos ‘n beertjie uit die Niet verloor geval op straat glimlag geel swart en geel glimlag must have…
Hein Viljoen. Gekraakte pot
Gekraakte pot in memoriam Herman van Wyk wat as die pot misluk of van die hitte kraak deur gebruik bars stukkend val sal die pottebakker dalk nuwe klei op die skyf gooi ’n nuwe vorm met sy vingers uitforseer geglasuur simmetries volmaak gevuur? nee, dit is die gekraakte pot wat lewe saai sover hy gedra…
Hein Viljoen. Parys
Parys ek is in die grys donkerte afgevoer in die ingewande van jou terminaal met ’n pyp langs gesluk in ’n bus uitgespoeg ek het deur tonnels geslinger in jou rasende moltrein in ’n breë straat daglig aanskou my tas agter my aangesleep ek het in notre dame die mis beleef die orrel gehoor pragtige…
Hein Viljoen. Matriksiaal
Matriksiaal Vir Bracha Lichtenberg Ettinger miskien sou dit waar kon wees dat ons wie weet tog êrens spore, resonansies deel van ʼn tyd van saam-wording en groei geborge in die baarmoeder aan’t swel en sweef in ʼn warm paradys as man kan ek my dit nouliks indink behalwe dalk ’n vae gemis aan ʼn knus…