Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
10 September 2015

Hein Viljoen. Matriksiaal

Matriksiaal

Vir Bracha Lichtenberg Ettinger

miskien sou dit waar kon wees dat ons wie weet
tog êrens spore, resonansies deel van ʼn tyd
van saam-wording en groei geborge in die baarmoeder
aan’t swel en sweef in ʼn warm paradys

as man kan ek my dit nouliks indink behalwe dalk
’n vae gemis aan ʼn knus warmte, die dartel spel
in die buik van ʼn grot, klein akrobaat wat swaai
’n duiker vrymoedig aan sy naelstring vas

dalk saam dink aan ʼn tyd van voor die ek
bloedskandelike simbiose met haar
moeder en vreemdeling in pyn van wording
terwyl jy as vrou liggaamlik die pyn van wording
altyd saamvoel en elke maand herhaal

verbintenis met jou verlang ek na
na saamsweef in die vertroude donkerte
byna geslagloos die vruggrot binnegaan
die gebare herhaal wat lei tot die saamsmelt
van eier en paddavis  die minuskuulste hart laat klop

 

© Hein Viljoen / September 2015

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

Hein Viljoen. Parys →

1e kommentaar op “Hein Viljoen. Matriksiaal”

  1. Marianne de Jong says:
    14 September 2015 at 09:21

    Ek lees dit as o.a. ‘n erotiese gedig; daarom is die frase “byna geslagloos’ vir my die sterkste moment in die gedig.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: “Merang” (Neil Cochrane & Alwyn Roux Reds.)
  • Resensie: “Dwaaldae” (Andrea Sieberhagen)
  • Resensie: “Klaarte” (Louis Esterhuizen)
  • Resensie: "Skulpkrale: Kwatryne" (Marié Heese)
  • Anne-Marie Bartie. verskille

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Bester Meyer
  • ND Cronjé. dna
  • Miel Vanstreels. Oorleg
  • Koos de Wet. korrosie
  • ND Cronjé. by die roggeveldberge

Nuutste kommentaar

  1. Frik Ziegler on Krige Visser. Aantrekkende naak12 June 2026

    Jou vrou gaan jou donner.

  2. Johann Lodewyk Marais on Johann Lodewyk Marais. Blesbok10 June 2026

    Dankie, Joan. As kind het ek dikwels gesien hoe van die boere om ons met blesbokke boer. Nou en dan…

  3. Piet van Rooyen on Piet van Rooyen. Variasie op Jan Blohm se “Jenny”6 June 2026

    Lyk my dis wat gebeur as 'n kabouter by Kunsmatige Intelligensie inklouter!

  4. Karin on C Fritze. Oorskot van die dag6 June 2026

    Ek verwonder my altyd aan hoe digters en skrywers se gedagtes ver paaie loop om sulke aangrypende gedigte en stories…

  5. Toekie on C Fritze. Oorskot van die dag3 June 2026

    So goed geskryf. Geniet altyd jou poësie. Sien uit na die volgende een.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d