Posts Tagged ‘Johann de Lange vertaling’

Alan Ginsberg. Vertaling in Afrikaans

Wednesday, January 6th, 2021

 

Versindaba kompetisie vir vertaalde gedigte (69)

 

Alan Ginsberg. Vertaling van Engels in Afrikaans. Vert. deur Johann de Lange.

 

SKRYN

‘n vertaling

 

I

Ek het my generasie se briljantste breine gesien, verwoes deur waansin, honger, histeries, naak,

 

wat hulleself teen dagbreek deur die negerstrate voortsleep op soek na ‘n toornige naald,

 

engelagtige eendsterte brandend na die antieke hemelse konneksie met die sterredinamo in die masjinerie van die nag,

 

wat armoedig en verslons en hol-oog en hoog sit en rook het in die bonatuurlike donkerte van kouewaterwoonstelle drywend oor die dakke van stede denkende aan jazz,

 

wat hulle breins ontbloot het voor die Hemel en onder die El en Mohammedaanse engele sien steier het op woonsteldakke stralend verlig,

 

wat deur universiteite gegaan het met stralende wyse oë en Arkansas en Blake-lig tragedies hallusineer tussen die studente van oorlog,

 

wat uitgeskop is uit die akademies vanweë waansin en publikasie van odes op die vensters van die skedel,

 

wat weggekruip het in ongeskeerde kamers in onderklere, hulle geld verbrand in asblikke en luister na die Vrees deur die muur,

 

wat gearresteer is in ʼn klopjag in hulle skaambaarde toe hulle terugkeer via Laredo met ‘n gordel vol dagga vir New York,

 

wat vuur eet in verfhotelle of terpentyn drink in Paradise Alley, dood, of hulle torso’s vagevuur nag na nag

 

met drome, met dwelms, met wakende nagmerries, alkohol en piel en eindelose ballas,

 

onvergelyklike blinde strate van sidderende wolk en weerlig in die gedagtes wat spring na pole van Kanada en Paterson, en al die beweginglose wêreld van Tyd tussenin verlig,

 

Peyote-vastighede van gange, agterplaas groen boom begraafplaas dagbreke, wyndronkenskap oor die dakke winkelvenster voorstede van daggabenewelde plesierritte neon flikkerende verkeersligte, son en maan en boom vibrasies in die dreunende winterskemers van Brooklyn, asblikskellery en bedagsame koningslig van gedagte,

 

wat hulleself vasgeketting het aan moltreine vir die eindelose rit van Battery Park na heilige Bronks op bensedrien totdat die lawaai van wiele en kinders hulle afbring sidderend speekselmond en verpletter yl van brein heeltemal gedreineer van briljantheid in die troostelose lig van die Dieretuin,

 

wat die hele nag lank gesink het in die duikboot-lig van Bickford’s uitgedryf het en deur die bedompige biermiddag in verlate Fugazzi’s sit en luister het na die dag wat breek op die waterstofjukebox,

 

wat vir sewentig ure sonder ophou gepraat het van park tot blyplek tot kroeg tot Bellevue tot museum tot die Brooklynbrug,

 

‘n verlore bataljon platoniese gespreksgenote wat afspring op stoepe vanaf brandtrappe vanaf vensterbanke vanaf die Empire State van die maan af

 

babbelend skreeuend kokhalsend en feite en herinnerings fluister en anekdotes en oogbalgrille en skokke van hospitale en tronke en oorloë,

 

totale intellekte uitgebraak in volledige onthou vir sewe dae en nagte met briljante oë, vleis vir die Sinagoge uitgesmyt op die sypaadjie,

 

wat in die niet verdwyn het Zen New Jersey en ‘n spoor van dubbelsinnige poskaartprente van Atlantic City Hall agtergelaat het,

 

en Oosterse koors ly en Tangierse beenknersings en migraines van Sjina tydens dwelmonttrekking in Newark se bleek gemeubileerde kamer,

 

wat om en om gedwaal het om middernag in die spoorwegwerf en gewonder het waarheen om te gaan, en gegaan het, en geen gebroke harte agtergelaat het nie,

 

wat sigarette aangesteek het in trokke trokke trokke ratelend deur sneeu in die rigting van eensame plase in oupa nag,

 

wat Plotinus Poe St. Jan van die Kruis bestudeer het, telepatie en bop-kabbalah omdat die kosmos instinktief gevibreer het onder hulle voete in Kansas,

 

wat dit alleen gemaak het deur die strate van Idaho op soek na visioenêre indiese engele wat visioenêre indiese engele was,

 

wat gedag het hulle is maar net mal toe Baltimore in bonatuurlike ekstase gegloei het,

 

wat in limousines gespring het saam die Chinaman van Oklahoma op die impuls van winter middernag straatlig kleindorpse reën,

 

wat honger en eensaam deur Houston geslenter het op soek na jazz of seks of sop, en die briljante Spanjaard gevolg het om te praat oor Amerika en Ewigheid, ‘n hopelose taak, en toe ‘n skip na Afrika gevat het,

 

wat verdwyn het in die vulkane van Meksiko en niks nagelaat het nie as die skadu van dungarees en die lawa en as van poësie uitgestrooi in kaggel Chicago,

 

wat weer opgeduik het aan die Weskus en die FBI ondersoek het in baarde en kortbroeke met groot pasifistiese oë sexy in hulle donker velle en onverstaanbare pamflette uitgedeel het,

 

wat sigaretgate in hulle arms gebrand het uit protes teen die narkotiese tabakwaas van Kapitalisme,

 

wat Superkommunistiese pamflette versprei het op Union Square huilend terwyl hulle uittrek en die sirenes van Los Alamos hulle oorloei het, en al met Wall langs geloei het, en die Staten Island veerboot het ook geloei,

 

wat in duie gestort het huilend in wit gimnasiums naak en bewend voor die masjinerie van ander geraamtes,

 

wat speurders in die nek gebyt het en gegil het van plesier in vangwaens omdat hulle geen misdade gepleeg het nie behalwe hulle eie wilde kooksel van pederasme en bedwelming,

 

wat getjank het op hulle knieë in die moltrein en van die dak af gesleep is terwyl hulle geslagsdele en manuskripte rondgewaai het,

 

wat hulle in die hol laat naai het deur vroom motorfietsryers, en gegil het van genot,

 

wat gesuig het en afgesuig is deur daardie menslike serafyne, die matrose, liefkosings van Atlantiese en Karibbiese liefde,

 

wat genaai het in die oggende in die aande in roostuine en op die gras van openbare parke en begraafplase en hulle

saad vryelik gestort het oor wie ook al gekom het,

 

wat eindeloos gehik het terwyl hulle probeer giggel het maar uiteindelik met ‘n snik agter ‘n afskorting in ‘n Turkse Bad

beland het toe die blonde & naakte engel gekom het om hulle met ‘n swaard te deurboor,

 

wat hulle liefdesknape verloor het aan die drie ou feekse van noodlot die eenoogfeeks van die heteroseksuele dollar die eenoog-feeks wat knipoog vanuit die kont en die eenoog-feeks wat niks doen behalwe op haar gat sit en die intellektuele goue spindrade van die wewer se weefraam af te knip nie,

 

wat ekstaties en onversadigbaar gekopuleer het met ‘n bottel bier ‘n beminde ‘n pak sigarette ‘n kers en van die bed afgeval het, en op die vloer voortgegaan het al met die gang langs en teen die muur flougeword het met ‘n visie van allerlaaste kont en skoot en die laaste sponk van bewussyn ontwyk het,

 

wat die dosies soetgemaak het van ‘n miljoen meisies sidderend in die sonsondergang, en rooioog was in die oggend maar gereed om die doos van dagbreek soet te maak, en boude laat sien het in skure en kaal in die meer,

 

wat uit aan die hoereer is deur Colorado in ‘n magdom gesteelde nagwaens, N.C., heimlike held van hierdie gedigte, fokker en Adonis van Denver – vreugdevolle nagedagtenis van sy tallose naaie van meisies in verlate parkeerterreine & padkafeeagterplase, die lendelam agterrystoele van rolprentteaters, op bergtoppe in grotte of met maer kelnerinne in vertroude langs die pad onderklere opligtery & veral geheime motorhawe solipsismes van toilette, & tuisdorp-stegies ook,

 

wat vervaag het in ontsaglik walglike rolprente, verplaas is in drome, wakkergeword het op ‘n meteense Manhattan, en hulleself opgetel het uit kelders babalaas van hartelose Tokay en verskrikkings van Third Avenue ysterdrome en aangestrompel het na werkloosheidskantore,

 

wat die hele nag lank loop met hulle skoene vol bloed op die sneeubedekte dokke wagtend vir ‘n deur in die Oosrivier om oop te maak op ‘n kamer vol stoomhitte en opium,

 

wat groot selfmoorddramas geskep het op die woonstelkranse van die Hudson onder die oorlogtydse blou soeklig van die maan; en hulle koppe sal met lourierblare gekroon word in vergetelheid,

 

wat die lamsbredie van die verbeelding geëet het of die krap op die modderige bodems van Bowery riviere verteer het,

 

wat geween het oor die romantiek van die strate met hulle stootkarre vol uie en swak musiek,

 

wat in kartondose gesit en die donkerte onder die brug ingeadem het, en opgestaan het om klawesimbels in hulle solderkamers te bou,

 

wat gehoes het op die sesde vloer van Haarlem met ʼn kroon van vlamme onder die teringagtige lug omring deur oranje kratte van teologie,

 

wat gekrabbel het naglank gerock-&-roll het oor verhewe inkantasies wat in die geel oggend stansas van brabbeltaal was,

 

wat verrotte diere gekook het long hart pote stert borscht & tortillas dromende van die suiwer vegetariese koninkryk,

 

wat hulleself onder vleistrokke ingegooi het op soek na ‘n eier,

 

wat hulle horlosies van die dak afgegooi het om hulle lot te werp op Ewigheid buite Tyd, en wekkers het op hulle koppe geval elke dag vir die volgende dekade,

 

wat hulle polse drie keer na mekaar onsuksesvol probeer sny het, opgegee het en genoop was om antieke winkels oop te maak waar hulle gemeen het hulle word oud en daaroor gehuil het,

 

wat lewendig verbrand is in hulle onskuldige flenniepakke op Madison Avenue tussen aanslae van loodsware verse & die opgetenkte gekletter van die ysterregimente van mode & die napalmgille van die moffies van reklame, & die mosterdgas van sinistere intelligente redakteurs, of omgery is deur die besope huurmotors van Absolute Syn,

 

wat van die Brooklynbrug afgespring het dit het werklik gebeur en weggestap het onbekend en vergete in die spookagtige bedwelming van Chinatown sopstegies & brandweerwaens, nie eens ʼn gratis bier nie,

 

wat by hulle vensters gesing het in wanhoop, geval het uit die moltreinvenster, gespring het in die vuil Passaic, gespring het op negers, gehuil het oral op straat, gedans het op stukkende wynglase kaalvoet vertrapte bakelietplate van nostalgiese Europese 1930’s Duitse jazz die whiskey opgedrink het en kreunend opgegooi het in die bloederige toiletbak, kreune in hulle ore en die geskal van kolossale stoomtreine,

 

wat met die snelweë van die vergange langs gejaag het op reis na elkaar se hotrod-Golgota tronkeensaamheidswag of Birming jazz inkarnasie,

 

wat twee-en-sewentig uur lank oor die platteland gery het om uit te vind of ek ‘n visie gehad het of jy ‘n visie gehad het of hy ‘n visie gehad het om die Ewigheid uit te vind,

 

wat gereis het na Denver, wat gesterf het in Denver, wat teruggekeer het na Denver & tevergeefs gewag het, wat gewaak het oor Denver & gepeins het & eensaam was in Denver en uiteindelik weggegaan het om uit te vind hoe Laat dit was, & nou verlang Denver eensaam na haar helde,

 

wat op hulle knieë geval het in hopelose katedrale biddend vir mekaar se redding en lig en borste, totdat die siel sy hare vir ‘n oomblik verlig het,

 

wat deur hulle verstand gestort het in die tronk op wag vir onmoontlike misdadigers met goue koppe en die sjarme van werklikheid in hulle harte en wat soet blues gesing het vir Alcatraz,

 

wat onttrek het na Meksiko om ‘n habyt te kultiveer, of na Rocky Mount na teer Boeddha of Tangiers na seuns of Southern Pacific na die swart lokomotief of Harvard na Narcissus na Woodlawn na die daisychain of graf,

 

wat aangedring het op geestesgesondheidsverhore wat die radio aangekla het van hipnose & gelos is met hulle waansin & hulle hande & ‘n onbesliste jurie,

 

wat aartappelslaai gegooi het na CCNY lektore oor Dadaïsme en gevolglik daarna hulleself oorgegee het op die graniettrappe van die malhuis met kaalgeskeerde koppe en harlekynspraak van selfmoord, en aangedring het op onmiddellike lobotomie,

 

en wat in stede daarvan die konkrete leegte van insulien Metrazol elektrisiteit hidroterapie psigoterapie bedryfsterapie pingpong en geheueverlies ontvang het,

 

wat in humorlose protes slegs een simboliese pingpongtafel omgesmyt het, en vlugtig katatonies gerus het,

 

en jare later teruggekeer het werklik bles behalwe vir ‘n pruik van bloed, en trane en vingers, na die sigbare mal-man-verdoemenis van die sale van die maldorpe van die Oosrivier,

 

Pilgrim State s’n Rockland s’n en Greystone se bedompige gange, twistend met die eggo’s van die siel, rukenrollend in die middernag regsbankverlatenheid dolmenryke van liefde, droom van lewe ‘n nagmerrie, lywe wat verander in klip swaar soos die maan,

 

met moeder finaal *******, en die laaste fantastiese boek by die woonstelvenster uitgesmyt, en die laaste deur gesluit vieruur in die oggend en die laaste telefoon in antwoord teen die muur geslaan en die laaste gemeubileerde kamer leeggemaak tot by die laaste stuk geestesmeublement, ‘n geel papierroos gedraai op ‘n draadhanger in die hangkas, en selfs dít denkbeeldig, niks meer as ‘n hoopvolle bietjie hallusinasie –

 

ah, Carl, solank jy nie veilig is nie is ek nie veilig nie, en nou’s jy regtig in die totale dieresop van tyd –

 

en wat daarom deur die ysige strate gehardloop het geobsedeerd met ‘n skielike flits van die alchemie van die gebruik van die ellips katalogus ʼn veranderlike maat en die vibrerende vlak,

 

wat gedroom het en vleesgeworde gapings gemaak het in Tyd & Ruimte deur beelde gejukstaponeer, en die aartsengel van die siel vasgevang het tussen twee visuele beelde en die wesenlike werkwoorde verbind het en die naamwoord en aandagstreep van bewussyn saamgevoeg het springend met sensasie van Pater Omnipotens Aeterna Deus

 

om die sintaks en maat van swak menslike prosa te herskep en voor jou te staan spraakloos en intelligent en bewend van skaamte, verworpe en tog die siel uitgebieg het om te konformeer met die ritme van gedagte in sy naakte en eindelose kop,

 

die malman boemelaar en engel-eendstert in Tyd, onbekend, wat nietemin hier neerskryf wat mag oorbly om te sê in die tyd wat voorlê na die dood,

 

en herrys het vleesgeword in die spookagtige gewaad van jazz in die gouehoring skadu van die orkes en die lyding van Amerika se naakte verstand uit liefde geblaas het in ‘n eli eli lamma lamma sabacthani saksofoon kreet wat die stede laat sidder het tot by die laaste radio

 

met die absolute hart van die gedig van lewe geslag uit hulle eie lywe goed om te eet vir ‘n duisend jaar.

 

 

II

 

Watter sfinks van sement en aluminium het hulle skedels oopgemoker en hulle breins en verbeelding opgevreet? Molog! Verlatenheid! Vullis! Aakligheid! Asblikke en onverkrygbare dollars! Kinders skreeuend onder die trappe! Seuns wenend in leermagte! Ou mans huilend in die parke!

 

Molog! Molog! Nagmerrie van Molog! Molog die liefdelose! Mal Molog! Molog die swaar oordelaar van die mens!

 

Molog die onbegryplike tronk! Molog die kruisbeen siellose tronk en Kongres van smarte! Molog wie se geboue oordeel is! Molog die ontsaglike steen van oorlog! Molog die stomgeslane regerings!

 

Molog wie se verstand suiwer masjinerie is! Molog wie se bloed vloeibare geld is! Molog wie se vingers tien leerskares is! Molog wie se bors ‘n mensvretende dinamo is! Molog wie se oor ‘n rokende graf is!

 

Molog wie se oë ‘n duisend blinde vensters is! Molog wie se wolkekrabbers in die lang strate staan soos eindelose Jehova’s! Molog wie se fabrieke droom en kwaak in die mis! Molog wie se rooksuile en antennas die stede bekroon!

 

Molog wie se liefde eindelose olie en klip is! Molog wie se siel elektrisiteit en banke is! Molog wie se armoede die skim van genialiteit is! Molog wie se lot ‘n wolk van sekslose waterstof is! Molog wie se naam die Verstand is!

 

Molog in wie ek eensaam sit! Molog in wie ek Engele droom! Mal in Molog! Pielsuiger in Molog! Liefdeloos en manloos in Molog!

 

Molog wat my siel vroeg ingeneem het! Molog in wie ek ‘n bewussyn sonder ‘n liggaam is! Molog wat my uit my natuurlike ekstase uit geskok het! Molog wat ek versaak! Word wakker in Molog! Lig stromend uit die hemelruim!

 

Molog! Molog! Robotwoonstelle! onsigbare voorstede! Geraamte-skatkamers! blinde hoofstede! demoniese industrieë! Skimmige nasies! onoorwinlike malhuise! granietpiele! monsteragtige bomme!

 

Hulle het hulle rûe gebreek toe hulle Molog oplig na die Hemel! Sypaadjies, bome, radio’s, tonne! wat die stad oplig na die Hemel wat wel bestaan en orals om ons is!

 

Visies! voorbodes! hallusinasies! wonderwerke! ekstases! afgespoel met die Amerikaanse rivier langs!

 

Drome! adorasies! illuminasies! religieë! die hele skipvol sensitiewe stront!

 

Deurbrake! oor die rivier! salto’s en kruisigings! weggespoel met die vloed! Hoogtepunte! Epifanieë! Wanhope! Tien jaar se dierlike krete en selfmoorde! Breine! Nuwe liefdes! Mal generasie! skipbreuk op die rotse van Tyd!

 

Egte heilige gelag in die rivier! Hulle’t dit alles gesien! die wilde oë! die heilige gille! Hulle’t vaarwel gewuif! Hulle’t van die dak afgespring! na verlatenheid! wuiwend! blomme in die hand! Na die rivier toe! in die straat in!

 

III

 

Carl Solomon! Ek is met jou in Rockland

waar jy nog maller is as ek

Ek is met jou in Rockland

waar jy baie vreemd moet voel

Ek is met jou in Rockland

waar jy die skadu van my moeder naboots

Ek is met jou in Rockland

waar jy jou twaalf sekretaresses vermoor het

Ek is met jou in Rockland

waar jy lag oor dié onsigbare humor

Ek is met jou in Rockland

waar ons groot skrywers is op dieselfde hopelose tikmasjien

Ek is met jou in Rockland

waar jou toestand ernstig geword het en oor die radio berig is

Ek is met jou in Rockland

waar die fakulteite van die skedel nie langer die wurms van die sinne toelaat nie

Ek is met jou in Rockland

waar jy die tee drink van die borste van die oujongnooiens van Utica

Ek is met jou in Rockland

waar jy woordspeel op die lywe van jou verpleegsters die harpye van die Bronks

Ek is met jou in Rockland

waar jy skreeu in ‘n dwangbaadjie dat jy besig is om die spel te verloor van die waaragtige pingpong van die afgrond

Ek is met jou in Rockland

waar jy hamer op die katatoniese klavier die siel is onskuldig en onsterflik dit behoort nooit godvergete en in ‘n bewapende inrigting te sterf nie

Ek is met jou in Rockland

waar nóg vyftig skokke nooit weer jou siel sal laat terugkeer na sy lyf nie van sy pelgrimstog na ‘n kruis in die niet

Ek is met jou in Rockland

waar jy jou dokters aankla van waansin en die Hebreeus-sosialistiese rewolusie teen die fascistiese nasionale Golgotha beplan

Ek is met jou in Rockland

waar jy die hemele bo Long Island sal splyt en jou lewende menslike Jesus laat herrys van die bomenslike graf

Ek is met jou in Rockland

waar daar vyfentwintigduisend mal kamerade is wat almal saam die laaste stansas van die Internationale sing

Ek is met jou in Rockland

waar ons die Verenigde State vasdruk en vry onder ons beddegoed die Verenigde State wat die goddelike nag lank hoes en ons uit die slaap hou

Ek is met jou in Rockland

waar ons uit die koma wakkergeskok word deur die vliegtuie van ons eie siele wat dreun oor die dak hulle’t gekom om engelagtige bomme te laat val      die hospitaal verlig sigself      verbeelde mure stort ineen      O benerige legioene hardloop buitentoe      O sterbesaaide skok van genade die ewige oorlog is hier      O oorwinning vergeet jou onderklere ons is vry

Ek is met jou in Rockland

in my drome loop jy druipend van ‘n seereis op die snelweg dwarsoor Amerika in trane na die deur van my kothuis in die Westerse nag

 

San Francisco, 1955-1956

 

 

 

VOETNOOT BY “HOWL

 

Heilig! Heilig! Heilig! Heilig! Heilig! Heilig! Heilig! Heilig! Heilig! Heilig! Heilig! Heilig! Heilig! Heilig! Heilig!

 

Die wêreld is heilig! Die siel is heilig! Die vel is heilig! Die neus is heilig! Die tong en piel en hand en hol is heilig!

 

Alles is heilig! almal is heilig! orals is heilig! elke dag is ‘n ewigheid! Elkerman is ‘n Engel.

 

Die boemelaar is so heilig soos die engel! die malman is so heilig soos jy my siel heilig is!

 

Die tikmasjien is heilig die gedig is heilig die stem is heilig die hoorders is heilig die ekstase is heilig!

 

Heilig Peter heilig Allen heilig Solomon heilig Lucien heilig Kerouac heilig Huncke heilig Burroughs heilig Cassady heilig die onbekende gefokte en lydende bedelaars heilig die afskuwelike menslike engele!

 

Heilig my ma in die malhuis! Heilig die piele van die oupas van Kansas!

 

Heilig die kreunende saksofoon! Heilig die bop-apokalips! Heilig die jazz-orkeste dagga hippies vrede peyote pype & tromme!

 

Heilig die eensaamheid van wolkekrabbers en sypaadjies! Heilig die kafeterias gevul met die menigtes! Heilig die geheimsinnige rivier van trane onder die strate!

 

Heilig die eensame kolos! Heilig die enorme lam van die middelklas! Heilig die mal herders van rebellie! Wie gek is oor Los Angeles IS Los Angeles!

 

Heilig New York Heilig San Francisco Heilig Peoria & Seattle Heilig Parys Heilig Tangiers! Heilig Moskou! Heilig Istanbul!

 

Heilig tyd in ewigheid heilig ewigheid in tyd heilig die horlosies in die ruimte heilig die vierde dimensie heilig die vyfde International heilig die Engel in Molog!

 

Heilig die see heilig die woestyn heilig die treinspoor heilig die stoomtrein heilig die visioene heilig die hallusinasies heilig die mirakels heilig die oogbal heilig die afgrond!

 

Heilig vergifnis! genade! liefdadigheid! geloof! Heilig! Ons s’n! Lywe! Lyding! grootmoedigheid!

 

Heilig die bonatuurlike ekstra briljante intelligente goedheid van die siel!

 

 

Berkeley, 1955

 

***

 

Howl

Allen Ginsberg

 

For Carl Solomon

 

I

 

I saw the best minds of my generation destroyed by madness, starving hysterical naked,

dragging themselves through the negro streets at dawn looking for an angry fix,

angelheaded hipsters burning for the ancient heavenly connection to the starry dynamo in the machinery of night,

who poverty and tatters and hollow-eyed and high sat up smoking in the supernatural darkness of cold-water flats floating across the tops of cities contemplating jazz,

who bared their brains to Heaven under the El and saw Mohammedan angels staggering on tenement roofs illuminated,

who passed through universities with radiant cool eyes hallucinating Arkansas and Blake-light tragedy among the scholars of war,

who were expelled from the academies for crazy & publishing obscene odes on the windows of the skull,

who cowered in unshaven rooms in underwear, burning their money in wastebaskets and listening to the Terror through the wall,

who got busted in their pubic beards returning through Laredo with a belt of marijuana for New York,

who ate fire in paint hotels or drank turpentine in Paradise Alley, death, or purgatoried their torsos night after night

with dreams, with drugs, with waking nightmares, alcohol and cock and endless balls,

incomparable blind streets of shuddering cloud and lightning in the mind leaping toward poles of Canada & Paterson, illuminating all the motionless world of Time between,

Peyote solidities of halls, backyard green tree cemetery dawns, wine drunkenness over the rooftops, storefront boroughs of teahead joyride neon blinking traffic light, sun and moon and tree vibrations in the roaring winter dusks of Brooklyn, ashcan rantings and kind king light of mind,

who chained themselves to subways for the endless ride from Battery to holy Bronx on benzedrine until the noise of wheels and children brought them down shuddering mouth-wracked and battered bleak of brain all drained of brilliance in the drear light of Zoo,

who sank all night in submarine light of Bickford’s floated out and sat through the stale beer afternoon in desolate Fugazzi’s, listening to the crack of doom on the hydrogen jukebox,

who talked continuously seventy hours from park to pad to bar to Bellevue to museum to the Brooklyn Bridge,

a lost battalion of platonic conversationalists jumping down the stoops off fire escapes off windowsills off Empire State out of the moon,

yacketayakking screaming vomiting whispering facts and memories and anecdotes and eyeball kicks and shocks of hospitals and jails and wars,

whole intellects disgorged in total recall for seven days and nights with brilliant eyes, meat for the Synagogue cast on the pavement,

who vanished into nowhere Zen New Jersey leaving a trail of ambiguous picture postcards of Atlantic City Hall,

suffering Eastern sweats and Tangerian bone-grindings and migraines of China under junk-withdrawal in Newark’s bleak furnished room,

who wandered around and around at midnight in the railroad yard wondering where to go, and went, leaving no broken hearts,

who lit cigarettes in boxcars boxcars boxcars racketing through snow toward lonesome farms in grandfather night,

who studied Plotinus Poe St. John of the Cross telepathy and bop kabbalah because the cosmos instinctively vibrated at their feet in Kansas,

who loned it through the streets of Idaho seeking visionary indian angels who were visionary indian angels,

who thought they were only mad when Baltimore gleamed in supernatural ecstasy,

who jumped in limousines with the Chinaman of Oklahoma on the impulse of winter midnight streetlight smalltown rain,

who lounged hungry and lonesome through Houston seeking jazz or sex or soup, and followed the brilliant Spaniard to converse about America and Eternity, a hopeless task, and so took ship to Africa,

who disappeared into the volcanoes of Mexico leaving behind nothing but the shadow of dungarees and the lava and ash of poetry scattered in fireplace Chicago,

who reappeared on the West Coast investigating the FBI in beards and shorts with big pacifist eyes sexy in their dark skin passing out incomprehensible leaflets,

who burned cigarette holes in their arms protesting the narcotic tobacco haze of Capitalism,

who distributed Supercommunist pamphlets in Union Square weeping and undressing while the sirens of Los Alamos wailed them down, and wailed down Wall, and the Staten Island ferry also wailed,

who broke down crying in white gymnasiums naked and trembling before the machinery of other skeletons,

who bit detectives in the neck and shrieked with delight in policecars for committing no crime but their own wild cooking pederasty and intoxication,

who howled on their knees in the subway and were dragged off the roof waving genitals and manuscripts,

who let themselves be fucked in the ass by saintly motorcyclists, and screamed with joy,

who blew and were blown by those human seraphim, the sailors, caresses of Atlantic and Caribbean love,

who balled in the morning in the evenings in rosegardens and the grass of public parks and cemeteries scattering their semen freely to whomever come who may,

who hiccuped endlessly trying to giggle but wound up with a sob behind a partition in a Turkish Bath when the blond & naked angel came to pierce them with a sword,

who lost their loveboys to the three old shrews of fate the one eyed shrew of the heterosexual dollar the one eyed shrew that winks out of the womb and the one eyed shrew that does nothing but sit on her ass and snip the intellectual golden threads of the craftsman’s loom,

who copulated ecstatic and insatiate with a bottle of beer a sweetheart a package of cigarettes a candle and fell off the bed, and continued along the floor and down the hall and ended fainting on the wall with a vision of ultimate cunt and come eluding the last gyzym of consciousness,

who sweetened the snatches of a million girls trembling in the sunset, and were red eyed in the morning but prepared to sweeten the snatch of the sunrise, flashing buttocks under barns and naked in the lake,

who went out whoring through Colorado in myriad stolen night-cars, N.C., secret hero of these poems, cocksman and Adonis of Denver—joy to the memory of his innumerable lays of girls in empty lots & diner backyards, moviehouses’ rickety rows, on mountaintops in caves or with gaunt waitresses in familiar roadside lonely petticoat upliftings & especially secret gas-station solipsisms of johns, & hometown alleys too,

who faded out in vast sordid movies, were shifted in dreams, woke on a sudden Manhattan, and picked themselves up out of basements hung-over with heartless Tokay and horrors of Third Avenue iron dreams & stumbled to unemployment offices,

who walked all night with their shoes full of blood on the snowbank docks waiting for a door in the East River to open to a room full of steam-heat and opium,

who created great suicidal dramas on the apartment cliff-banks of the Hudson under the wartime blue floodlight of the moon & their heads shall be crowned with laurel in oblivion,

who ate the lamb stew of the imagination or digested the crab at the muddy bottom of the rivers of Bowery,

who wept at the romance of the streets with their pushcarts full of onions and bad music,

who sat in boxes breathing in the darkness under the bridge, and rose up to build harpsichords in their lofts,

who coughed on the sixth floor of Harlem crowned with flame under the tubercular sky surrounded by orange crates of theology,

who scribbled all night rocking and rolling over lofty incantations which in the yellow morning were stanzas of gibberish,

who cooked rotten animals lung heart feet tail borsht & tortillas dreaming of the pure vegetable kingdom,

who plunged themselves under meat trucks looking for an egg,

who threw their watches off the roof to cast their ballot for Eternity outside of Time, & alarm clocks fell on their heads every day for the next decade,

who cut their wrists three times successively unsuccessfully, gave up and were forced to open antique stores where they thought they were growing old and cried,

who were burned alive in their innocent flannel suits on Madison Avenue amid blasts of leaden verse & the tanked-up clatter of the iron regiments of fashion & the nitroglycerine shrieks of the fairies of advertising & the mustard gas of sinister intelligent editors, or were run down by the drunken taxicabs of Absolute Reality,

who jumped off the Brooklyn Bridge this actually happened and walked away unknown and forgotten into the ghostly daze of Chinatown soup alleyways & firetrucks, not even one free beer,

who sang out of their windows in despair, fell out of the subway window, jumped in the filthy Passaic, leaped on negroes, cried all over the street, danced on broken wineglasses barefoot smashed phonograph records of nostalgic European 1930s German jazz finished the whiskey and threw up groaning into the bloody toilet, moans in their ears and the blast of colossal steamwhistles,

who barreled down the highways of the past journeying to each other’s hotrod-Golgotha jail-solitude watch or Birmingham jazz incarnation,

who drove crosscountry seventytwo hours to find out if I had a vision or you had a vision or he had a vision to find out Eternity,

who journeyed to Denver, who died in Denver, who came back to Denver & waited in vain, who watched over Denver & brooded & loned in Denver and finally went away to find out the Time, & now Denver is lonesome for her heroes,

who fell on their knees in hopeless cathedrals praying for each other’s salvation and light and breasts, until the soul illuminated its hair for a second,

who crashed through their minds in jail waiting for impossible criminals with golden heads and the charm of reality in their hearts who sang sweet blues to Alcatraz,

who retired to Mexico to cultivate a habit, or Rocky Mount to tender Buddha or Tangiers to boys or Southern Pacific to the black locomotive or Harvard to Narcissus to Woodlawn to the daisychain or grave,

who demanded sanity trials accusing the radio of hypnotism & were left with their insanity & their hands & a hung jury,

who threw potato salad at CCNY lecturers on Dadaism and subsequently presented themselves on the granite steps of the madhouse with shaven heads and harlequin speech of suicide, demanding instantaneous lobotomy,

and who were given instead the concrete void of insulin Metrazol electricity hydrotherapy psychotherapy occupational therapy pingpong & amnesia,

who in humorless protest overturned only one symbolic pingpong table, resting briefly in catatonia,

returning years later truly bald except for a wig of blood, and tears and fingers, to the visible madman doom of the wards of the madtowns of the East,

Pilgrim State’s Rockland’s and Greystone’s foetid halls, bickering with the echoes of the soul, rocking and rolling in the midnight solitude-bench dolmen-realms of love, dream of life a nightmare, bodies turned to stone as heavy as the moon,

with mother finally ******, and the last fantastic book flung out of the tenement window, and the last door closed at 4 A.M. and the last telephone slammed at the wall in reply and the last furnished room emptied down to the last piece of mental furniture, a yellow paper rose twisted on a wire hanger in the closet, and even that imaginary, nothing but a hopeful little bit of hallucination—

ah, Carl, while you are not safe I am not safe, and now you’re really in the total animal soup of time—

and who therefore ran through the icy streets obsessed with a sudden flash of the alchemy of the use of the ellipsis catalogue a variable measure and the vibrating plane,

who dreamt and made incarnate gaps in Time & Space through images juxtaposed, and trapped the archangel of the soul between 2 visual images and joined the elemental verbs and set the noun and dash of consciousness together jumping with sensation of Pater Omnipotens Aeterna Deus

to recreate the syntax and measure of poor human prose and stand before you speechless and intelligent and shaking with shame, rejected yet confessing out the soul to conform to the rhythm of thought in his naked and endless head,

the madman bum and angel beat in Time, unknown, yet putting down here what might be left to say in time come after death,

and rose reincarnate in the ghostly clothes of jazz in the goldhorn shadow of the band and blew the suffering of America’s naked mind for love into an eli eli lamma lamma sabacthani saxophone cry that shivered the cities down to the last radio

with the absolute heart of the poem of life butchered out of their own bodies good to eat a thousand years.

 

II

 

What sphinx of cement and aluminum bashed open their skulls and ate up their brains and imagination?

Moloch! Solitude! Filth! Ugliness! Ashcans and unobtainable dollars! Children screaming under the stairways! Boys sobbing in armies! Old men weeping in the parks!

Moloch! Moloch! Nightmare of Moloch! Moloch the loveless! Mental Moloch! Moloch the heavy judger of men!

Moloch the incomprehensible prison! Moloch the crossbone soulless jailhouse and Congress of sorrows! Moloch whose buildings are judgment! Moloch the vast stone of war! Moloch the stunned governments!

Moloch whose mind is pure machinery! Moloch whose blood is running money! Moloch whose fingers are ten armies! Moloch whose breast is a cannibal dynamo! Moloch whose ear is a smoking tomb!

Moloch whose eyes are a thousand blind windows! Moloch whose skyscrapers stand in the long streets like endless Jehovahs! Moloch whose factories dream and croak in the fog! Moloch whose smoke-stacks and antennae crown the cities!

Moloch whose love is endless oil and stone! Moloch whose soul is electricity and banks! Moloch whose poverty is the specter of genius! Moloch whose fate is a cloud of sexless hydrogen! Moloch whose name is the Mind!

Moloch in whom I sit lonely! Moloch in whom I dream Angels! Crazy in Moloch! Cocksucker in Moloch! Lacklove and manless in Moloch!

Moloch who entered my soul early! Moloch in whom I am a consciousness without a body! Moloch who frightened me out of my natural ecstasy! Moloch whom I abandon! Wake up in Moloch! Light streaming out of the sky!

Moloch! Moloch! Robot apartments! invisible suburbs! skeleton treasuries! blind capitals! demonic industries! spectral nations! invincible madhouses! granite cocks! monstrous bombs!

They broke their backs lifting Moloch to Heaven! Pavements, trees, radios, tons! lifting the city to Heaven which exists and is everywhere about us!

Visions! omens! hallucinations! miracles! ecstasies! gone down the American river!

Dreams! adorations! illuminations! religions! the whole boatload of sensitive bullshit!

Breakthroughs! over the river! flips and crucifixions! gone down the flood! Highs! Epiphanies! Despairs! Ten years’ animal screams and suicides! Minds! New loves! Mad generation! down on the rocks of Time!

Real holy laughter in the river! They saw it all! the wild eyes! the holy yells! They bade farewell! They jumped off the roof! to solitude! waving! carrying flowers! Down to the river! into the street!

 

III

 

Carl Solomon! I’m with you in Rockland

where you’re madder than I am

I’m with you in Rockland

where you must feel very strange

I’m with you in Rockland

where you imitate the shade of my mother

I’m with you in Rockland

where you’ve murdered your twelve secretaries

I’m with you in Rockland

where you laugh at this invisible humor

I’m with you in Rockland

where we are great writers on the same dreadful typewriter

I’m with you in Rockland

where your condition has become serious and is reported on the radio

I’m with you in Rockland

where the faculties of the skull no longer admit the worms of the senses

I’m with you in Rockland

where you drink the tea of the breasts of the spinsters of Utica

I’m with you in Rockland

where you pun on the bodies of your nurses the harpies of the Bronx

I’m with you in Rockland

where you scream in a straightjacket that you’re losing the game of the actual pingpong of the abyss

I’m with you in Rockland

where you bang on the catatonic piano the soul is innocent and immortal it should never die ungodly in an armed madhouse

I’m with you in Rockland

where fifty more shocks will never return your soul to its body again from its pilgrimage to a cross in the void

I’m with you in Rockland

where you accuse your doctors of insanity and plot the Hebrew socialist revolution against the fascist national Golgotha

I’m with you in Rockland

where you will split the heavens of Long Island and resurrect your living human Jesus from the superhuman tomb

I’m with you in Rockland

where there are twentyfive thousand mad comrades all together singing the final stanzas of the Internationale

I’m with you in Rockland

where we hug and kiss the United States under our bedsheets the United States that coughs all night and won’t let us sleep

I’m with you in Rockland

where we wake up electrified out of the coma by our own souls’ airplanes roaring over the roof they’ve come to drop angelic bombs the hospital illuminates itself imaginary walls collapse O skinny legions run outside O starry-spangled shock of mercy the eternal war is here O victory forget your underwear we’re free

I’m with you in Rockland

in my dreams you walk dripping from a sea-journey on the highway across America in tears to the door of my cottage in the Western night

 

San Francisco, 1955—1956

 

 

Footnote to Howl

Allen Ginsberg

 

Holy! Holy! Holy! Holy! Holy! Holy! Holy! Holy! Holy! Holy! Holy! Holy! Holy! Holy! Holy!

The world is holy! The soul is holy! The skin is holy! The nose is holy! The tongue and cock and hand and asshole holy!

Everything is holy! everybody’s holy! everywhere is holy! everyday is in eternity! Everyman’s an angel!

The bum’s as holy as the seraphim! the madman is holy as you my soul are holy!

The typewriter is holy the poem is holy the voice is holy the hearers are holy the ecstasy is holy!

Holy Peter holy Allen holy Solomon holy Lucien holy Kerouac holy Huncke holy Burroughs holy Cassady holy the unknown buggered and suffering beggars holy the hideous human angels!

Holy my mother in the insane asylum! Holy the cocks of the grandfathers of Kansas!

Holy the groaning saxophone! Holy the bop apocalypse! Holy the jazzbands marijuana hipsters peace peyote pipes & drums!

Holy the solitudes of skyscrapers and pavements! Holy the cafeterias filled with the millions! Holy the mysterious rivers of tears under the streets!

Holy the lone juggernaut! Holy the vast lamb of the middleclass! Holy the crazy shepherds of rebellion! Who digs Los Angeles IS Los Angeles!

Holy New York Holy San Francisco Holy Peoria & Seattle Holy Paris Holy Tangiers Holy Moscow Holy Istanbul!

Holy time in eternity holy eternity in time holy the clocks in space holy the fourth dimension holy the fifth International holy the Angel in Moloch!

Holy the sea holy the desert holy the railroad holy the locomotive holy the visions holy the hallucinations holy the miracles holy the eyeball holy the abyss!

Holy forgiveness! mercy! charity! faith! Holy! Ours! bodies! suffering! magnanimity!

Holy the supernatural extra brilliant intelligent kindness of the soul!

 

Berkeley 1955

 

Bronverwysing:

Ginsberg, Alan. 1956. Howl and other poems. Pocket Poets Series, uitgegee deur City Lights Books.

 

 

T.S. Eliot. Vertaling in Afrikaans

Tuesday, January 5th, 2021

 

Versindaba kompetisie vir vertaalde gedigte (65)

 

Die Minnesang van J. Alfred Prufrock

T.S. Eliot

 

As ek gedink het dat my antwoord gegee sal word

aan enigeen wat ooit weer na die wêreld sou terugkeer,

sal hierdie vlam botstil gestaan het sonder om verder te beweeg.

Maar aangesien niemand vanuit hierdie afgrond

nog ooit lewend teruggekeer het nie, as wat ek hoor waar is,

antwoord ek jou sonder vrees vir skande.

 

Inferno XXVII, 61 – 66

 

Kom ons gaan dan, ek en jy,

Wanneer die skemer teen die hemel uitsprei

Soos ‘n pasiënt onder eter op ‘n tafel;

Kom ons gaan, deur daardie half-verlate strate,

Die prewelende skuilplekke

Van rustelose nagte in eennag goedkoop hotelle

En saagsel-restaurante met oesterskulpe:

Strate wat volg soos ‘n lastige argument

Met arglistige voornemens

Om jou te lei na ‘n oorweldigende vraag …

O, moenie vra: ‘Wat is dit?’

Kom ons gaan en doen besoek.

 

In die kamer kom en gaan die vroue

En gesels oor Michelangelo.

 

Die geel mis wat sy rug teen die vensterbanke skuur,

Die geel rook wat sy snoet teen die vensterbanke skuur,

Het sy tong in die hoeke van die aand ingelek,

Gehuiwer oor die poele wat in afvoerslote staan,

Die roet wat van skoorstene val op sy rug laat val,

Verby die terras geglip, opeens ‘n sprong gemaak,

En in die aangesig van ‘n sagte Oktobernag,

Om die huis gekrul en aan die slaap geraak.

 

En inderdaad sal daar tyd wees,

Vir die geel rook wat deur die strate gly

En sy rug teen die vensterbanke vryf;

Daar sal tyd wees, daar sal tyd wees

Om ‘n gesig voor te berei om die gesigte te ontmoet wat jy ontmoet;

Daar sal tyd wees om te moor en om te skep,

En tyd vir al die werke en dae van die hande

Wat ‘n vraag oplig en op jou bord laat val;

Tyd vir jou en tyd vir my,

En tyd vir ‘n honderd weifelings,

En vir ‘n honderd sienings en hersienings,

Voor die instel van ‘n heildronk en tee.

 

In die kamer kom en gaan die vroue

En gesels oor Michelangelo.

 

En inderdaad sal daar tyd wees,

Om te wonder: ‘Durf ek?’ en, ‘Durf ek?’

Tyd om terug te draai en met die trap af te daal,

Met ‘n bles kol in die middel van my hare –

(Hulle sal sê: ‘Hoe yl raak sy hare!’)

My oggendjas, my kraag ferm teen my ken,

My stropdas ryk en beskeie, maar bevestig deur ‘n eenvoudige speld –

(Hulle sal sê: ‘Maar hoe dun is sy arms en bene!’)

Durf ek

Die heelal versteur?

Oor ‘n minuut is daar tyd

Vir besluite en hersienings wat ‘n minuut sal omkeer.

 

Want ek ken hulle almal al, ken hulle almal–

Het die aande, oggende, middae geken,

Ek het my lewe met koffielepels uitgemeet;

Ek ken die stemme wat wegsterf met ‘n sterwende herfs

Onder die musiek uit ‘n veraf vertrek.

So, hoe sal ek veronderstel?

 

En ek het die oë al geken, almal geken –

Die oë wat jou in ‘n geformuleerde frase vaspen,

En wanneer ek geformuleer is, uitgestrek op ‘n speld,

Wanneer ek vasgepen en kriewelend teen die muur hang,

Hoe moet ek dan begin

Om al die stompies van my dae en weë uit te spoeg?

En hoe sal ek veronderstel?

 

En ek het die arms al geken, almal geken –

Arms met armbande en wit en kaal

(Maar in die lamplig met ‘n ligbruin dons!)

Is dit parfuum van ‘n rok

Wat my so laat afwyk?

Arms wat op ‘n tafel rus, of om ‘n sjaal gedraai.

En sal ek dan veronderstel?

En hoe moet ek begin?

 

. . . . . . . . . .

 

Sal ek sê, ek het teen skemer deur die nou strate gegaan

En die rook gesien wat uit die pype styg

Van eensame mans in kortmoue, wie uit vensters leun?…

 

Ek moes ‘n paar knoesterige kloue gewees het

Wat oor die beddings van swygende seë skarrel.

 

. . . . . . . . . .

 

En die middag, die aand, slaap so rustig!

Uitgestryk deur slank vingers,

Slapend … moeg … of siekwees feins,

Uitgestrek op die vloer, hier langs jou en my.

Sal ek, na tee en koek en waterys,

Die krag hê om die oomblik tot krisis te bring?

Maar, al het ek geween en gevas, geween en gebid,

Al het ek my kop gesien (reeds effens bles),

op ‘n skinkbord ingedra,

Is ek geen profeet – en hier’s geen groot saak nie;

Ek het die oomblik van my grootsheid sien flikker,

En ek het die ewige Lakei my jas sien vashou, sien

giggel,

En kortom, ek was bang.

 

En sou dit tog die moeite werd gewees het, na alles,

Na die koppies, die marmelade, die tee,

Tussen die porselein, tussen gesprekke oor jou en my,

Sou dit die moeite werd gewees het

Om die saak met ‘n glimlag af te gebyt het,

Om die heelal saam te gebal het

Om dit te rol na ‘n oorweldigende vraag,

Om te sê: ‘Ek is Lasarus, terug van die dood,

Terug om julle alles te vertel, ek sal julle alles vertel’ –

As een, besig om ‘n kussing onder haar kop in te skuif,

Sou sê: ‘Dit is glad nie wat ek bedoel het nie.

Dit is glad nie dit nie.’

 

En sou dit tog die moeite werd gewees het, na alles,

Sou dit die moeite werd gewees het,

Na die sonsondergange en die agterplase en die besprinkelde strate,

Na die romans, na die teekoppies, na die rompe wat oor die vloer sleep –

En dit, en soveel meer? –

Dis onmoontlik om te sê nét wat ek bedoel!

 

Maar asof ‘n towerlamp die senudrade in patrone teen ‘n skerm gooi:

Sou dit die moeite werd gewees het

As een, besig om ‘n kussing reg te skuif of ‘n sjaal af te gooi,

En na die venster te draai, sou sê:

‘Dit is glad nie dit nie,

Dit is glad nie wat ek bedoel het nie.’

 

. . . . . . . . . .

 

Nee! Ek is nie Prins Hamlet nie, ook nie bedoel om te wees nie;

Ek is ‘n lyfbediende, een wat sal deug

Om ‘n vooruitgang te laat gedy, ‘n toneel of twee te begin,

Die prins te adviseer; sonder twyfel ‘n maklike hulpmiddel,

Inskiklik, bly om van hulp te wees,

Taktvol, versigtig en noulettend;

Vol groot woorde, maar ‘n bietjie dom;

Soms, byna lagwekkend –

Soms, byna die Dwaas.

 

Ek word oud … ek word oud …

Ek sal my broekspype onder opgerol dra,

 

Sal ek my hare agter skei? Durf ek ‘n perske eet?

Ek sal wit flenniebroeke dra, en op die strand gaan stap.

Ek het die meerminne vir mekaar hoor sing.

 

Ek dink nie hulle sal vir my sing nie.

 

Ek het hulle seewaarts op die branders sien ry,

En die wit hare van die teruggewaaide branders sien kam

Wanneer die wind die water wit en swart waai.

 

Ons het in die kamers van die see getalm

By see-meisies met kranse van rooi en bruin seewier

Totdat mense-stemme ons wek, en ons verdrink.

 

 

The Love Song of J. Alfred Prufrock

T.S. Eliot

 

S’io credesse che mia risposta fosse

A persona che mai tornasse al mondo,

Questa fiamma staria senza piu scosse.

Ma perciocche giammai di questo fondo

Non torno vivo alcun, s’i’odo il vero,

Senza tema d’infamia ti rispondo.

 

Let us go then, you and I,

When the evening is spread out against the sky

Like a patient etherised upon a table;

Let us go, through certain half-deserted streets,

The muttering retreats

Of restless nights in one-night cheap hotels

And sawdust restaurants with oyster-shells:

Streets that follow like a tedious argument

Of insidious intent

To lead you to an overwhelming question…

Oh, do not ask, “What is it?”

Let us go and make our visit.

 

In the room the women come and go

Talking of Michelangelo.

 

The yellow fog that rubs its back upon the window-panes,

The yellow smoke that rubs its muzzle on the window-panes

Licked its tongue into the corners of the evening,

Lingered upon the pools that stand in drains,

Let fall upon its back the soot that falls from chimneys,

Slipped by the terrace, made a sudden leap,

And seeing that it was a soft October night,

Curled once about the house, and fell asleep.

 

And indeed there will be time

For the yellow smoke that slides along the street,

Rubbing its back upon the window-panes;

There will be time, there will be time

To prepare a face to meet the faces that you meet;

There will be time to murder and create,

And time for all the works and days of hands

That lift and drop a question on your plate;

Time for you and time for me,

And time yet for a hundred indecisions,

And for a hundred visions and revisions,

Before the taking of a toast and tea.

 

In the room the women come and go

Talking of Michelangelo.

 

And indeed there will be time

To wonder, “Do I dare?” and, “Do I dare?”

Time to turn back and descend the stair,

With a bald spot in the middle of my hair—

[They will say: “How his hair is growing thin!”]

My morning coat, my collar mounting firmly to the chin,

My necktie rich and modest, but asserted by a simple pin—

[They will say: “But how his arms and legs are thin!”]

Do I dare

Disturb the universe?

In a minute there is time

For decisions and revisions which a minute will reverse.

 

For I have known them all already, known them all:—

Have known the evenings, mornings, afternoons,

I have measured out my life with coffee spoons;

I know the voices dying with a dying fall

Beneath the music from a farther room.

So how should I presume?

 

And I have known the eyes already, known them all—

The eyes that fix you in a formulated phrase,

And when I am formulated, sprawling on a pin,

When I am pinned and wriggling on the wall,

Then how should I begin

To spit out all the butt-ends of my days and ways?

And how should I presume?

 

And I have known the arms already, known them all—

Arms that are braceleted and white and bare

[But in the lamplight, downed with light brown hair!]

Is it perfume from a dress

That makes me so digress?

Arms that lie along a table, or wrap about a shawl.

And should I then presume?

And how should I begin?

 

. . . . . . . . . .

 

Shall I say, I have gone at dusk through narrow streets

And watched the smoke that rises from the pipes

Of lonely men in shirt-sleeves, leaning out of windows?

 

I should have been a pair of ragged claws

Scuttling across the floors of silent seas.

 

. . . . . . . . . .

 

And the afternoon, the evening, sleeps so peacefully!

Smoothed by long fingers,

Asleep…tired…or it malingers,

Stretched on the floor, here beside you and me.

Should I, after tea and cakes and ices,

Have the strength to force the moment to its crisis?

But though I have wept and fasted, wept and prayed,

Though I have seen my head [grown slightly bald] brought in upon a platter,

I am no prophet—and here’s no great matter;

I have seen the moment of my greatness flicker,

And I have seen the eternal Footman hold my coat, and snicker,

And in short, I was afraid.

 

And would it have been worth it, after all,

After the cups, the marmalade, the tea,

Among the porcelain, among some talk of you and me,

Would it have been worth while,

To have bitten off the matter with a smile,

To have squeezed the universe into a ball

To roll it toward some overwhelming question,

To say: “I am Lazarus, come from the dead,

Come back to tell you all, I shall tell you all”—

If one, settling a pillow by her head,

Should say: “That is not what I meant at all.

That is not it, at all.”

 

And would it have been worth it, after all,

Would it have been worth while,

After the sunsets and the dooryards and the sprinkled streets,

After the novels, after the teacups, after the skirts that trail along the floor—

And this, and so much more?—

It is impossible to say just what I mean!

But as if a magic lantern threw the nerves in patterns on a screen:

Would it have been worth while

If one, settling a pillow or throwing off a shawl,

And turning toward the window, should say:

“That is not it at all,

That is not what I meant, at all.”

 

. . . . . . . . . .

 

No! I am not Prince Hamlet, nor was meant to be;

Am an attendant lord, one that will do

To swell a progress, start a scene or two,

Advise the prince; no doubt, an easy tool,

Deferential, glad to be of use,

Politic, cautious, and meticulous;

Full of high sentence, but a bit obtuse;

At times, indeed, almost ridiculous—

Almost, at times, the Fool.

 

I grow old…I grow old…

I shall wear the bottoms of my trousers rolled.

 

Shall I part my hair behind? Do I dare to eat a peach?

I shall wear white flannel trousers, and walk upon the beach.

I have heard the mermaids singing, each to each.

 

I do not think that they will sing to me.

 

I have seen them riding seaward on the waves

Combing the white hair of the waves blown back

When the wind blows the water white and black.

 

We have lingered in the chambers of the sea

By sea-girls wreathed with seaweed red and brown

Till human voices wake us, and we drown.

 

Bronverwysing:

Eliot, T.S. 1963. Collected Poems (1909 – 1962).

 

 

W.H. Auden. Vertaling in Afrikaans

Monday, January 4th, 2021

 

Versindaba kompetisie vir vertaalde gedigte (62)

 

W.H. Auden. Vertaling van Engels in Afrikaans. Vert. deur Johann de Lange.

 

Begrafnis-blues

 

Stop alle horlosies, trek uit die telefoon,

maak die hond stil met ‘n sappige been,

bedek die klaviere en met gedempte trom

bring die kis uit, en laat die roubeklaers kom.

 

Laat vliegtuie oorhoofs kerm en sirkel in hul nood

en teen die lug die boodskap skryf, Hy is Dood,

sit ’n papierstrikkie om die nek van elke stadsduif,

laat verkeersbeamptes met swart handskoene wuif.

 

Hy was my Noord, my Suid, my Wes en Oos,

my werksweek en my Sondagstroos,

my middag, my middernag, my gesels, my lied;

ek dag die liefde duur vir ewig: dit het nié.

 

Die sterre het geen nut meer: doof iedereen;

pak weg die maan en sloop die son;

gooi uit die oseaan en vee op die woud.

Alles wat goed en eg was, is nou klatergoud.

 

***

 

Funeral blues

W.H. Auden

 

Stop all the clocks, cut off the telephone,

Prevent the dog from barking with a juicy bone,

Silence the pianos and with muffled drum

Bring out the coffin, let the mourners come.

 

Let aeroplanes circle moaning overhead

Scribbling on the sky the message He Is Dead,

Put crepe bows round the white necks of the public doves,

Let the traffic policemen wear black cotton gloves.

 

He was my North, my South, my East and West,

My working week and my Sunday rest,

My noon, my midnight, my talk, my song;

I thought that love would last for ever: I was wrong.

 

The stars are not wanted now: put out every one;

Pack up the moon and dismantle the sun;

Pour away the ocean and sweep up the wood.

For nothing now can ever come to any good.

 

(Song IX / from Two Songs for Hedli Anderson)

 

Bronverwysing:

Auden, W.H. 1940. Another Time: Poems by W.H. Auden. Londen: Faber & Faber.

 

 

Gregory Orr. Vertaling in Afrikaans

Monday, January 4th, 2021

 

Versindaba kompetisie vir vertaalde gedigte (61)

 

Gregory Orr. Vertaling van Engels in Afrikaans. Vert. deur Johann de Lange.

 

Na ‘n dood

 

Ek het die voordeur toe hoor gaan

en deur die ruit my pa

oor die maanverligte gras sien loop

en óp met die pad na die boord.

 

En meteens was ek by hom

my hand met handskoen wat aan syne klou,

en Pieter, my broer, sy gestorwe seun,

het sy ander hand vasgehou.

Ons manier van loop

was ‘n volgehoue soort verdriet.

 

Koue Novembernag;

al verder weg het ons geloop

oor die verlate paaie

sonder om ooit terug te draai

na die warm huis so helder verlig

met onuitspreeklike smart.

 

08.08.1998

 

***

 

After a death

Gregory Orr

 

I heard the front door close

and from my window I saw

my father cross the moonlit lawn

and start walking up the orchard road.

 

And then I was with him,

my mittened hand clinging to his,

and Peter, my brother, his dead son,

was holding his other hand.

The way the three of us walked

was a kind of steady weeping.

 

Cold, November night,

we walked on and on

over the empty roads

and we never turned back

toward the warm house that was all lit up

with impossible sorrow.

 

Bronverwysing:

Orr, Gregory.  2002. The Caged Owl: New and Selected Poems.  Port Townsend, WA: Copper Canyon Press.   ISBN: 1-55659-177-2

 

Ted Hughes. Vertaling in Afrikaans

Monday, January 4th, 2021

 

Versindaba kompetisie vir vertaalde gedigte (60)

 

Ted Hughes. Vertaling van Engels in Afrikaans. Vert. deur Johann de Lange.

 

Laaste brief

Ted Hughes

 

Wat het daardie nag gebeur? Jou laaste nag.

Dubbel-, trippelblootstelling

Oor alles. Laatmiddag, Vrydag,

Die laaste keer wat ek jou lewend gesien het.

Jy’t my brief aan jou verbrand, in die asbak,

Met daardie vreemde glimlag. Het ek jou plan in die wiele gery?

Het dit my vroeër verras as wat jy beplan het?

Het ek dit te stiptelik, te haastig beantwoord?

’n Uur later – jy sou weg gewees het

Waar ek jou nie sou kon opspoor nie.

Ek sou weggedraai het van jou geslote rooi deur

Wat niemand sou oopmaak nie

Steeds met jou brief in my hand,

’n weerlig wat sigself nie kon aard nie.

Dit sou elektroskokterapie gewees het

Vir my.

Herhaal oor en oor, die hele naweek,

Elke keer as ek dit gelees het, of daaraan gedink het.

Dit sou my brein omvorm het, en my lewe.

Die behandeling wat jy beplan het, had meer tyd nodig.

Ek kan my nie indink

Hoe ek deur daardie naweek sou gekom het nie.

Ek kan my nie indink nie. Het jy dit als beplan?

 

Jou nota het my te vroeg bereik – dieselfde dag,

Vrydagmiddag, gepos in die oggend.

Die heersende duiwels het dit bespoedig.

Dit was nóg ’n strooitjie van teenspoed

Getrek teen jou deur die Poskantoor

En by jou las gevoeg. Ek het vinnig gestap,

Deur die sneeublou, Februarie, Londense skemer.

Trane van verligting toe jy die deur oopgemaak het.

’n Bondel raaisels half-opgelos. Vroegryp trane

Wat gefaal het om vir my te ontsluit, gefaal het om oor te dra

Wat hulle ware betekenis was. Maar wat het jy gesê

Oor die smeulende brokke van daardie brief

So sorgvuldig vernietig, so kalm,

Wat my jou laat gaan het, en jou gelos het

Om sy asse van jou planne af te blaas – van die asbak af

Waarteen jy sou leun sodat ek kon lees

Wat die dokter se foonnommer is.

My ontsnapping

Het so ’n vervolgde ding geword

Slaaploos, hopeloos, al sy drome uitgeput,

Wat net herower wil wees, net

Wil wegval uit sy eie lugleegte.

Twee dae van niks naloop. Twee gratis dae.

Twee dae in geen kalender, maar gesteel

Van geen wêreld.

Verby realiteit, gevoel, of naam.

 

My liefdeslewe het dit aangegryp. My verdoofde liefdeslewe

Met sy twee waansinnige naalde,

Wat elk sy eie roos borduur, deurboor en pluk

Aan hulle tapisserie, hulle bloederige tatoeëerwerk

Iewers agter my naeltjie,

Trap in daardie moeras van verheerliking,

Twee dol naalde, wat hulle steke kriskras,

En uit my senuweedrade

Hulle kleure kies, my omwerk

Binne my eie vel, en elkeen die ánder omvorm

Met hulle self-karikature,

 

Hulle obsessiewe in en uit. Twee vrouens

Elk met haar naald.

 

Daardie nag

My dellarobbia Susan. Ek het beweeg

Met die omsigtigheid

Van ’n vlam in ’n smeltdraad. My hele furie

Was ’n versaakte poging om die ou aarde

Op te blaas waar skadu’s buig oor

My verraderlike spoor van as. Ek het genael

Van en van, gesig na agter, ’n film in trurat,

Na wat? Ons het Rugbystraat toe gegaan

Waar ek en jy begin het.

Waarom is ons soontoe? Van alle plekke

Waarom is ons soontoe. Verdorwenheid

In die kuns van ons lot

Het sy verfynings vir jou verstel, vir my

En vir Susan. Solitaire

Gespeel deur die Minotaurus van daardie doolhof

Het selfs Helena ingesluit, in die grondvloerwoonstel.

Jy het haar opgemerk – ’n meisie vir ’n storie.

Jy het haar nooit ontmoet. Min het haar ooit ontmoet,

Behalwe bo-oor die ore en rasende masker

Van haar wolfhond. Jy’t nie eens ’n glimp van haar gehad nie.

Jy het net teruggedeins

Toe haar kranksinnige hond sy gewig

Teen haar deur gegooi het, toe ons deur die portaal glip;

En gehoor hoe dit stik aan grenslose Duitse haat.

 

Daardie Sondagaand het sy haar deur effens oopgemaak

Sy paar toegelate sentimeters.

Susan het die swart oë gegroet, die ongelukkige

Oorgewig, aantreklike gesig, wat uitgeloer het

Oor die kettinkie. Die deur het toegegaan.

Ons kon hoor hoe sy haar tronkbewaarder troos

Binne haar sel, sy hok, waar sy, dae later,

Haar verwoede Kapo vergas het, en haarself.

 

Ek en Susan het daardie nag deurgebring

In ons huweliksbed. Ek het dit nie gesien

Sedert ons daarin gelê het op ons troudag nie.

Ek het haar nie na my eie bed gevat nie.

Ek het gemeen, met jou naweek verby,

Kon jy dalk verskyn het – ’n verrassingsbesoek.

Het jy verskyn, om aan my donker venster te klop?

Dus het ek by Susan gebly, weggekruip van jou,

In ons huweliksbed – dieselfde bed waaruit sy

Binne drie jaar verwyder sou word om te sterf

In dieselfde hospitaal waar, binne twaalf ure,

Ek jou dood sou vind.

Maandagoggend

Het ek haar by die werk afgelaai, in die middestad,

En toe my kar noord van Eustonstraat parkeer

En teruggekeer na waar my telefoon gewag het.

 

Wat gebeur het daardie nag, binne jou ure,

Is so onkenbaar asof dit nooit gebeur het nie.

Watter opeenstapeling van jou ganse lewe,

Soos onbewuste inspanning, soos geboorte

Wat beur deur die membraan van elke stadige sekonde

In die volgende in, het gebeur

Net asof dit nie kon gebeur nie.

Asof dit nie besig was om te gebeur nie. Hoe dikwels

Het die telefoon gelui daar in my leë kamer,

Jy wat die gelui hoor in jou gehoorstuk –

Aan beide kante die vervagende herinnering

Van ’n telefoon wat lui, in die brein

Asof alreeds dood. Ek tel

Hoeveel keer jy telefoonhokkie toe gestap het

Aan die onderkant van St George-tuin.

Jy is daar telkens as ek kyk, pas gekoers

Uit Fitzroystraat, oorgesteek

Tussen die opgehoopte walle van vuil suiker.

In jou lang swart jas,

Met jou vlegsel opgedraai agter in jou nek

Loop jy onmagtig om te beweeg, of wakker te skrik, alreeds

Niemand wat stap

Stap met die relings langs onder Primroseheuwel

Na die telefoonhokkie wat nooit bereik kan word nie.

Voor middernag. Na middernag. Weer.

Weer. Weer. En, teen dagbreek, weer.

 

By watter posisie van die wysters op my polshorlosie

Het jou laaste poging,

Alreeds onherroeplik verby

Waar ek dit sou kon hoor, die kussing

Op daardie leë bed geskud? ’n Laaste keer

Ligweg aan my boeke geraak, en my manuskripte?

Toe ek daar aangekom het, was my telefoon aan die slaap.

Die kussing onskuldig. My kamer het geslaap,

Alreeds gevul met die sneeubeligte oggendlig.

Ek het my kaggel aangesteek. Ek het my manuskripte uitgehaal.

En ek het begin skryf toe die telefoon

Wakkergeskrik het, in ’n babbelende paniek,

En alles onthou. Dit het in my hand tot verhaal gekom.

Toe het ’n stem soos ’n gekose wapen

Of ’n uitgemete inspuiting,

Koel sy vier woorde afgevuur

Diep in my oor: “Jou vrou is dood.”

 

Oorpronklike gedig deur Ted Hughes]

 

***

 

Last Letter

Ted Hughes

 

What happened that night? Your final night.

Double, treble exposure

Over everything. Late afternoon, Friday,

My last sight of you alive.

Burning your letter to me, in the ashtray,

With that strange smile. Had I bungled your plan?

Had it surprised me sooner than you purposed?

Had I rushed it back to you too promptly?

One hour later—-you would have been gone

Where I could not have traced you.

I would have turned from your locked red door

That nobody would open

Still holding your letter,

A thunderbolt that could not earth itself.

That would have been electric shock treatment

For me.

Repeated over and over, all weekend,

As often as I read it, or thought of it.

That would have remade my brains, and my life.

The treatment that you planned needed some time.

I cannot imagine

How I would have got through that weekend.

I cannot imagine. Had you plotted it all?

 

Your note reached me too soon—-that same day,

Friday afternoon, posted in the morning.

The prevalent devils expedited it.

That was one more straw of ill-luck

Drawn against you by the Post-Office

And added to your load. I moved fast,

Through the snow-blue, February, London twilight.

Wept with relief when you opened the door.

A huddle of riddles in solution. Precocious tears

That failed to interpret to me, failed to divulge

Their real import. But what did you say

Over the smoking shards of that letter

So carefully annihilated, so calmly,

That let me release you, and leave you

To blow its ashes off your plan—-off the ashtray

Against which you would lean for me to read

The Doctor’s phone-number.

My escape

Had become such a hunted thing

Sleepless, hopeless, all its dreams exhausted,

Only wanting to be recaptured, only

Wanting to drop, out of its vacuum.

Two days of dangling nothing. Two days gratis.

Two days in no calendar, but stolen

From no world,

Beyond actuality, feeling, or name.

 

My love-life grabbed it. My numbed love-life

With its two mad needles,

Embroidering their rose, piercing and tugging

At their tapestry, their bloody tattoo

Somewhere behind my navel,

Treading that morass of emblazon,

Two mad needles, criss-crossing their stitches,

Selecting among my nerves

For their colours, refashioning me

Inside my own skin, each refashioning the other

With their self-caricatures,

 

Their obsessed in and out. Two women

Each with her needle.

 

That night

My dellarobbia Susan. I moved

With the circumspection

Of a flame in a fuse. My whole fury

Was an abandoned effort to blow up

The old globe where shadows bent over

My telltale track of ashes. I raced

From and from, face backwards, a film reversed,

Towards what? We went to Rugby St

Where you and I began.

Why did we go there? Of all places

Why did we go there? Perversity

In the artistry of our fate

Adjusted its refinements for you, for me

And for Susan. Solitaire

Played by the Minotaur of that maze

Even included Helen, in the ground-floor flat.

You had noted her—-a girl for a story.

You never met her. Few ever met her,

Except across the ears and raving mask

Of her Alsatian. You had not even glimpsed her.

You had only recoiled

When her demented animal crashed its weight

Against her door, as we slipped through the hallway;

And heard it choking on infinite German hatred.

 

That Sunday night she eased her door open

Its few permitted inches.

Susan greeted the black eyes, the unhappy

Overweight, lovely face, that peeped out

Across the little chain. The door closed.

We heard her consoling her jailor

Inside her cell, its kennel, where, days later,

She gassed her ferocious kupo, and herself.

 

Susan and I spent that night

In our wedding bed. I had not seen it

Since we lay there on our wedding day.

I did not take her back to my own bed.

It had occurred to me, your weekend over,

You might appear—-a surprise visitation.

Did you appear, to tap at my dark window?

So I stayed with Susan, hiding from you,

In our own wedding bed—-the same from which

Within three years she would be taken to die

In that same hospital where, within twelve hours,

I would find you dead.

Monday morning

I drove her to work, in the City,

Then parked my van North of Euston Road

And returned to where my telephone waited.

 

What happened that night, inside your hours,

Is as unknown as if it never happened.

What accumulation of your whole life,

Like effort unconscious, like birth

Pushing through the membrane of each slow second

Into the next, happened

Only as if it could not happen,

As if it was not happening. How often

Did the phone ring there in my empty room,

You hearing the ring in your receiver—-

At both ends the fading memory

Of a telephone ringing, in a brain

As if already dead. I count

How often you walked to the phone-booth

At the bottom of St George’s terrace.

You are there whenever I look, just turning

Out of Fitzroy Road, crossing over

Between the heaped up banks of dirty sugar.

In your long black coat,

With your plait coiled up at the back of your hair

You walk unable to move, or wake, and are

Already nobody walking

Walking by the railings under Primrose Hill

Towards the phone booth that can never be reached.

Before midnight. After midnight. Again.

Again. Again. And, near dawn, again.

 

At what position of the hands on my watch-face

Did your last attempt,

Already deeply past

My being able to hear it, shake the pillow

Of that empty bed? A last time

Lightly touch at my books, and my papers?

By the time I got there my phone was asleep.

The pillow innocent. My room slept,

Already filled with the snowlit morning light.

I lit my fire. I had got out my papers.

And I had started to write when the telephone

Jerked awake, in a jabbering alarm,

Remembering everything. It recovered in my hand.

Then a voice like a selected weapon

Or a measured injection,

Coolly delivered its four words

Deep into my ear: ‘Your wife is dead.’