Sikade Vir sewentien somers soog die rooi-oog timbalier aan boomwortels, alleen met sy toonlere diep ondervoet wis niemand iets van die musiek broeiend onder skalia. Op een perfekgestemde oggend sal hy van eensaamheid bars uit grond en liggaamsgrens om te sing om te tjiiir om te stryk met besnaarde nerwe met alle geweld…
Tag: Natasha Harmse gedig
Natasha Harmse. As ek na Desember luister
Desembergedig As ek na Desember luister, hoor ek nie meer die see of die deurbel by Bikini Books of die waterval by Jonkershoek of die Eersterivier of die spruit by die huis wat ons gedeel het nie. Ek hoor daar’s nou gif in daai spruit ná die munisipaliteit gespuit het vir muskiete…
