Kwatrynkompetisie (163)
Saturday, May 1st, 2021
Ritueel
Skemeraande se geliefde ritueel
geskied weens die virus soms virtueel:
die skink, die klink en die fyn, fyn proe
van keurwyn – o, steeds so sensueel!’
© Ronel de Goede, 2021
Posts Tagged ‘Ronel de Goede kwatryn’Kwatrynkompetisie (163)Saturday, May 1st, 2021
Ritueel Skemeraande se geliefde ritueel geskied weens die virus soms virtueel: die skink, die klink en die fyn, fyn proe van keurwyn – o, steeds so sensueel!’
© Ronel de Goede, 2021
Kwatrynkompetisie (66)Saturday, March 27th, 2021
Wynproe
Wag en word verlei deur die tintelgeur. Proe liggies, en langsaam, aan die oes se keur. Laat dit in jou mond drentel en dartel voordat jy sluk, as die virus jou laat treur.
© Ronel de Goede, 2021
Kwatrynkompetisie (47)Friday, March 19th, 2021
Hoe? Hoe sou ’n mens die skakerings beskryf? Die geure, die smake, die keurwyn se lyf? Hoe sou ’n mens die pes kan verstaan as jy nie met mondjiesmaat die lewe bedryf?
© Ronel de Goede, 2021
Kwatrynkompetisie (41)Thursday, March 11th, 2021
Nota op yskasdeur
Indien die Covid-pes my sou kom haal, moenie stres nie – als is reeds betaal! In my óú trousseaukis blink rosé en cabernet in oorvloed (tjeers!) vir die begrafnisonthaal.
© Ronel de Goede, 2021
|