DIE AFGROND TUUR NA HENDRIK HOP in 1761 klits hendrik hop ʼn kameelperd langs die groot rivier sy wenkbroue ʼn steil boskaas bo die eerste oë om oor ʼn snaphaan na só ʼn nek te tuur het ook die halfwas horinkies hom ontstel, die behendige lippe, die ongekaarte landstreek van die vel?…
Tag: Tom Dreyer gedig
Tom Dreyer. slaap jy solank, dan hou ek die fort
slaap jy solank, dan hou ek die fort vir jaco botha (1972– 2016) beteuterd soos twee pienk kwitansies pas ontvang vir twaalf kopieë van ons ma-verhandelings dwaal ek en jy na die middel-kampus van uct platane platane en ʼn flitsblik van die see ek onthou hoe jy daai aand in ons…
Tom Dreyer. infanta
infanta uit die geslotenheid van die boland reis ek na infanta verby sir lowryspas grabouw en riviersonderend waar ʼn coke-lorrie sy vrag voor die carica superette verloor en voort via protem en stormsvlei tot by cloeteskraal om daar af te trek want dis vroegaand en die vinke is onstuitbaar in die riete hier…