Posts Tagged ‘Waldemar Gouws vertaling Appolinaire’

Guillaume Apollinaire (1880-1918). Vertaling in Afrikaans

Monday, March 7th, 2022

 

 

 

Guillaume Apollinaire (1880-1918). Vertaling van Frans in Afrikaans. Vertaal deur Waldemar Gouws.

 

My dierbaarste klein Loe

 Louise de Coligny-Châtillon

 

XXXIII

 

My dierbaarste klein Loe ek het jou lief

My liewe klein palpiterende ster ek het jou lief

Verruklike elastiese liggaam ek het jou lief

Vulva wat vasklem nes ‘n neutekraker ek het jou lief

Linkerbors so pienk so astrant ek het jou lief

Regterbors so rosig teer ek het jou lief

Regtertepel kleur van sjampanje uitgebruis ek het jou lief

Linkertepel lyk na ‘n knop op die voorkop van ‘n pasgebore kalfie

ek het jou lief

Klein lippies hipertrofies deur jou herhaalde streling ek het julle lief

Boude kostelik flink wat van agter terugbons ek het julle lief

Naeltjie soos ‘n versonke maan en donker ek het jou lief

Vag lig soos ‘n woud in die winter ek het jou lief

Armholtes donsig soos ‘n swaan wat pas uitgebroei het ek het julle lief

Skoon val van jou beminlike skouers ek het jou lief

Dy se kontoer so esteties soos ‘n antieke tempelpilaar ek het jou lief

Ore afgewerk soos klein Meksikaanse juweliersware ek het julle lief

Haredos geweek in bloed van die liefde ek het jou lief

Voete slim voete wat vastrap ek het julle lief

‘n Ruiter se lende sterk lende ek het jou lief

Middellyf wat nooit ‘n korset geken het nie soepel middellyf

ek het jou lief

Rug wonderbaarlik wat vir my gebuig het ek het jou lief

Mond o my behae o my nektar ek het jou lief

Unieke blik van jou oë sterre-blik ek het jou lief

Hande wie se bewegings ek aanbid ek het julle lief

Neus merkwaardig aristokraties ek het jou lief

Tred undulerend en dansend  ek het jou lief

O kleine Loe ek het jou lief ek het jou lief ek het jou lief

 

 

 

Mon très cher petit Lou

 

XXXIII

 

Mon très cher petit Lou je t’aime

Ma chère petite étoile palpitante je t’aime

Corps délicieusement élastique je t’aime

Vulve qui serre comme un casse-noisette je t’aime

Sein gauche si rose et si insolent je t’aime

Sein droit si tendrement rosé je t’aime

Mamelon droit couleur de champagne non champagnisé je t’aime

Mamelon gauche semblable à une bosse du front d’un petit veau

     qui vient de naître je t’aime

Nymphes hypertrophiées par tes attouchements fréquents je vous aime

Fesses exquisement agiles qui se rejettent en arrière je vous aime

Nombril semblable à une lune creuse et sombre je t’aime

Toison claire comme une forêt en hiver je t’aime

Aisselles duvetées comme une cygne naissant je vous aime

Chute des épaules adorablement pure je t’aime

Cuisse au galbe aussi esthétique qu’une colonne de temple antique

     je t’aime

Oreilles ourlées comme de petits bijoux mexicains je vous aime

Chevelure trempée dans le sang des amours je t’aime

Pieds savants pieds qui se raidissent je vous aime

Reins chevaucheurs reins puissants je vous aime

Taille qui n’a jamais connu le corset taille souple je t’aime

Dos merveilleusement fait et qui s’est courbé pour moi je t’aime

Bouche ô mes délices ô mon nectar je t’aime

Regard unique regard-étoile je t’aime

Mains dont j’adore les mouvements je vous aime

Nez singulièrement aristocratique je t’aime

Démarche onduleuse et dansante je t’aime

O petit Lou je t’aime je t’aime je t’aime

 

Uit: Apollinaire, Guillaume. 1955. Poèmes à Lou. Genève: Pierre Cailler.

https://www.poetica.fr/poeme-5376/guillaume-apollinaire-mon-tres-cher-petit-lou/

Die fisiese verhouding tussen Apollinaire en Louise de Coligny het maar net enkele dae lank sy en haar  gang gegaan. Die kortstondige samesyn het vanaf die einde van Desember 1914 tot  laat in Januarie 1915 geduur: tydens sy Nuwejaarsverlof (as soldaat) in Nice, toe nege dae bymekaar in ‘n kamer naby sy kaserne in Nîmes en laastens tydens nog ‘n kort verloffie  teen die einde van Januarie. Daarna is hulle a.g.v. die oorlog uitmekaar. Die verhouding is voortgesit in korrespondensie totdat dit laat in 1915 doodgeloop het. Die 76 gedigte wat Apollinaire gedurende hierdie periode in briewe aan haar gestuur het, is vir die eerste keer in 1955 in Switserland gepubliseer.

In reël 1 gebruik Apollinaire die manlike vorm mon om sy geliefde Loe aan te spreek, as  woordspeling van Lou met  loup soos in die Franse uitdrukking van toegeneentheid en liefde mon petit loup (my klein/liewe wolf). So dui die manlike adjektief (petit) ook in die finale reël op die homofone Lou/loup. Die voorwerp van die digter se aandag aan die begin van reëls 4, 10 en 13 onderskeidelik, sou deur kanonieke Afrikaanse samestellings met ‘n “skaam-“lid elk (as bepaler) vertaal kon word. Hiervoor het ek egter nie kans gesien nie. Reël 10 se nymphes het ek vertaal deur gebruik te maak van die Franse sinoniem, t.w. petites lèvres, dus “klein lippe.”

Reël 7 se (vin) champagnisé verwys na vonkelwyn. My “uitgebruis” word gebruik om die non champagnisé mee te vertaal.

Reël 23 se letterlike “Dos … qui s’est courbé pour moi” (Rug … wat vir my gebuig het)  is meer as ‘n minnekoors ver van die figuurlike “courber l’échine” : om die ruggraat te buig (voor)  – d.w.s. om onderdanig te wees, om jou te onderwerp.

Ek vertrou dat hierdie vertaling die bestaande spektrum uitbrei van lig uitgestraal in Afrikaanse liefdesgedigte. Nog ‘n kleur kan gekry word. Nog ‘n kleur kan gewys word. Die karnale is nie net vir karnallies nie.