Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
13 May 20099 September 2013

Louis Esterhuizen. Japannese liefdespoësie

 

Takamura Kõtarõ
Takamura Kõtarõ

Die Oosterse digkunste (veral die Chinese en Japannese) is van die oudstes ter wêreld. Daarom is dit geen verbasing dat soveel legendariese digters deur hul letterkundes voortgebring is nie. Die ongeluk is egter dat hulle werk uitsluitlik deur vertaling aan ’n groter gehoor bekendgestel kan word – iets wat vir baie lank agterweë gebly het. Tans begin die situasie egter verander; waarskynlik vanweë die feit dat heelwat van die kontemporêre digters in die Ooste deur die groter blootstelling aan Engels ook dié taal magtig raak en dus ten nouste met hul vertalers kan meewerk ten einde ’n meer getroue weergawe van hul poësie in vertaalde vorm tot stand te bring. (Dink byvoorbeeld hier aan die bekende Chinese digter, Bei Dao, wat tans in die VSA woon en nou selfs in Engels begin dig …) In Afrikaans is ons natuurlik bevoorreg om M.M. Walters se lieflike vertalings van sowel Chinese verse (Shi-ching: Liedereboek, Protea Boekhuis, 2003) as Japannese verse (Aki no kure: Herfsskemering, Protea Boekhuis, 2006) onder ons juwele te kan tel.

Nietemin, die treffendste voorbeeld van die Japannese digkuns wat ek onlangs onder oë kon kry, is John C. Peters se vertalings van Takamura Kõtarõ (Tokio, 1983 – 1956) se liefdesverse. Dié tweetalige bloemlesing is besonder mooi uitgegee in ’n sakgrootte formaat. Ter agtergrond: Takamura Kõtarõ en sy vrou, Chieko, is in 1914 getroud en hul huwelik was veral vir daardie tyd ongewoon: albei was beeldende kunstenaars, sowel as digters, en in alle opsigte gelykwaardige vennote met geen geslags – óf sosiale verskille wat deur hulle erken of geduld is nie. (Takamura was nogals bekend vir sy betrokkenheid in die stryd om vroueregte.) Nietemin, in 1934 word skisofrenie by Chieko gediagnoseer en na ’n aantal gewelddadige episodes (soos ’n mislukte selfmoordpoging) word sy in 1935 in ’n inrigting opgeneem waar sy in 1938 aan tuberkulose sterf.

 

The Chieko poems (Green Integer, 2007) dokumenteer hul liefde in versvorm en is inderdaad ’n besonderse leeservaring; veral vanweë die delikate, deernisgevulde toon van Takamura se poësie in vertaling. Hierdie is waterverfpoësie – sag en drywend, gevul met sobere betragting en lewenswysheid.

 

Ter illustrasie, die volgende vers –

 

Gold

 

Let’s not freeze the workshop mud.

Chieko,

no matter how lonely the evening kitchen,

burn some coal.

If the bedroom blanket is thin,

no matter that you put on a cushion

in the cold of dawn,

let’s not freeze the workshop mud.

I am winter’s sleepless guard,

freeing the thermometer’s soldiers

to counterattack the North Wind.

No matter that New Year’s day’s a little lonely.

Chieko,

burn some coal.

                                                (February, 1926)

 

Dié pikante boekie se besonderhede is soos volg:

 

TITEL:                                    The Chieko poems

OUTEUR:                              Takamura Kõtarõ (uit Japannees vertaal deur John C. Peters)

UITGEWER:                          Green Integer

VERSPREIDER:                  Oorsese publikasie met geen plaaslike verspreider nie.

ISBN:                                      978 1 933382 75 3

PRYS:                                    R129.50

 

 

 

 

  

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

Daniel Hugo. MM Walters op 80 →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Meyer van Rensburg. Werkwese
  • Resensie: “Krap – oop toe om rond uitkrap” (Koos de Wet)
  • Koos de Wet. vóór die smelting
  • Digtersprofiel: Gert Vlok Nel
  • Meyer van Rensburg. Spieëlkamer

Nuutste kommentaar

  1. Hester Steenkamp on Digtersprofiel: Melt Myburgh3 August 2026

    Oewerbestaan is een van my kosbaarste besittings. Die bundel lê my baie na aan die hart.

  2. Miel Vanstreels on Miel Vanstreels. Voorlopig1 August 2026

    Dankie, Marieta

  3. Conrad on Hans du Plessis. Psalm 121 (Stemgreep)30 July 2026

    Goeie middag ek is n koorleier van die VGK Kerk Kraaifontein en is op soek na die SATB Blad musiek…

  4. Marieta McGrath on Miel Vanstreels. Voorlopig30 July 2026

    Stout gedig! Baie snaaks!

  5. Bernie on Rainer Maria Rilke. Almal wat Jou soek, beproef Jou (vert.)29 July 2026

    Kan die vertaler dalk verduidelik waarom hy hoofletters gebruik in sy vertaling terwyl Rilke kleinletters gebruik.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d