Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
20 May 20094 September 2013

Andries Bezuidenhout. Op die pad tussen Ermelo en Morgenzon

ʼn Vroeër weergawe van hierdie een sit op LitNet:

OP DIE PAD TUSSEN ERMELO EN MORGENZON

verlede oktober wou ek aan die slaap raak
op die pad tussen ermelo en morgenzon
maar die somer het begin en die stekelstamme
van verlede seisoen se mielies lê nog
vir kwaadgeld in die lande rond en krap
aan my oogvliese  word wakker swaap
word wakker  al maak die ritme van lande
deur jou vensterruit jou so vaak

ek wou verlede oktober op die pad tussen
ermelo en morgenzon aan die slaap raak
maar toe tref die een band ʼn slaggat
in die pad wat my nek agtertoe klap
en ewe skielik skyn die teer weer helder
in my oë al sluk ek aan ʼn gaap
ag here hou tog my oë oop
hou my tog wakker die radio is stukkend
die telefoondrade is stukkend

op die pad tussen ermelo en morgenzon
wou ek verlede oktober aan die slaap raak
maar ʼn flap vlieg uit die gras
en swenk weg net voor die kar dit tref
en ek dit vere en al finaal afmaak
draai die venster af skree vir die voëls
blaas die toeter die warm wind in
julle stommerike kyk waar julle vlieg
of moet ek galmende blikke aan die kar hang
vir julle en vir die slaap wat my wil vang?

ek wou aan die slaap raak verlede oktober
op die pad tussen ermelo en morgenzon
waar die pad nie meer oor die sandsteenbrug
ry waar wilgers se nuwe blare aan slap takke
suid waai sodat dit lyk asof die bome noord beur
en bloekoms met ou blare rondstaan soos in drome
en wolke van onder af na bo ontplof en oop breek
bo swart beeste en wit bosluisvoëls
o hoekom maak die pad
tussen ermelo en morgenzon my so vaak?

op morgenzon aangekom
is daar toe ʼn prokureur ʼn makelaar ʼn ng kerk
ʼn monument en ʼn kragstasie op die horison
toe ry ek maar verder na standerton

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

Andries Bezuidenhout. Digitaliseer: Geweld elektronies →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: “Strik” (Gerhard Barkhuizen)
  • Stephan du Toit. Musk stel ‘slimste KI tot nog toe’ bekend
  • Corlia Fourie. Oë van die tyd
  • Resensie: "Antjie Krog: ʼn  Ondersoekte lewe.  ʼn Huldiging" (Louise Viljoen, Red.)

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. La dolce vita
  • Anne-Marie Bartie. riem telegram
  • Anne-Marie Bartie. dialoog
  • Paul Kloppers. die belangrikheid van byhou
  • Andrea Sieberhagen. Die kleur van stilte

Nuutste kommentaar

  1. Bester on Bester Meyer. Breyten Breytenbach: Om die duif wat opkom en ondergaan aan te hou volg …12 March 2026

    Dankie vir die kommentaar Dietloff. Ek het twee weke terug afgekom op Eklips in ʼn boekwinkeltjie vir R10. Haal sommer…

  2. Jan Breet on Resensie: “Seine” (Koos de Wet)11 March 2026

    Is hierdie 'n resensie of 'n lesing oor die digkuns?

  3. DIETLOFF VAN DER BERG on Bester Meyer. Breyten Breytenbach: Om die duif wat opkom en ondergaan aan te hou volg …8 March 2026

    Baie dankie vir hierdie persoonlike siening en waardering van Breyten se werk.

  4. Gerard Scharn on Gerard Scharn. dirge6 March 2026

    Baie dankie meneer Odendaal.

  5. Bernard Odendaal on Gerard Scharn. dirge5 March 2026

    Treffende ironie. Die hart sing sy solodeuntjie.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d