Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
15 June 200915 June 2009

Maandag, 15 Junie 2009

 

Sir Andrew Motion
Sir Andrew Motion

In onlangse Nuuswekkers is daar berig oor die nuwe poet laureate, Carol Ann Duffy, asook die kontroversie rondom die aanstelling van die nuwe Oxford Professor of Poetry. Nietemin, heel gepas het die Britse Koningshuis verlede week vir sowel Andrew Motion, voormalige poet laureate, as Christopher Ricks, uittredende Oxford Professor of Poetry, tot ridder geslaan. Motion, wat na 10 jaar sy pos as laureate moes ontruim, het die volgende oor die koninklike aanslag te sê gehad: “I feel very touched and gratified because these things are quite seldom given to poets”. Hy het dan ook beklemtoon dat hy dié ridderskap namens “the parish of poetry” aanvaar en dat hy “absolutely thrilled and moved” is daardeur. Motion is natuurlik wêreldbekend vir sy digwerk, maar ook as biograaf van Philip Larkin en John Keats; prof. Ricks weer vir sy geskrifte oor Bob Dylan, en klassieke digters soos Milton, Keats en Tennyson. Terloops, hy moet sy pos einde September ontruim; dit gee die kieskollege by Oxford darem nog ’n tydjie om die fiasko rondom sy opvolger op te klaar … (Gaan lees die volledige berig oor hul verering op die  BBC News se webblad.)

 

Nietemin, tydens Nuuswekker se navorsing vir bogenoemde berig, lees ek toe die volgende héél gepaste stuk vir môre se jeugdagvieringe raak: Tydens sy diensperiode as poet laureate het Motion hom ten sterkste uitgespreek téén die manier waarop poësie op skoolvlak onderrig word. In ’n veldtog – met die Children’s Laureate, Michael Rosen, as mede-stryder aan sy sy – het hy naamlik te velde getrek teen leerplanne wat die poësie uit poësie-onderrig pers en gewoon in ’n meganiese aanbod ontaard. “There is an aridity, not necessarily in the way teachers teach it, but in the way they are compelled to teach it by the National Curriculum” het Motion tydens sy betoog gesê en bygevoeg: “There is this ridiculous box ticking business of hunt the metaphors, add them up and then you’ll see what the poem comes to. Where is the individual response in that?”  Ter ondersteuning het Rosen die volgende te sê gehad: “The government recognises the curriculum is overstuffed but has not recognised as yet the appalling effect that SATS have on the way teachers teach.” (Die volledige berig is hier te lees op BBC News se webblad.)

 

Sela. Wanneer gaan iemand van waarde in ons eie onderwysprogram opstaan en erken dat die manier waarop poësie vir dekades al op skoolvlak onderrig word meer die potensiële lesers van poësie die skrik op die lyf jaag as enige iets anders? Gelukkig is daar natuurlik uitsonderings óók. Daar ís skole met opwindende poësie-programme, maar moet dié skole dan nie eerder bemagtig word as aan bande gelê te word deur allerhande regulasies en kurrikulum-verseistes nie? Want, na die beste van my wete, geskied dié opwindende projekte op junior vlak waar die eksterne beheer van die amptenary minder voelbaar is. Poësie het immers met kreatiwiteit te make en nié met geheue-retensie binne ’n eksamenlokaal nie!

 

Sjoe. Dis my preekbeurt vir die volgende twee maande …

 

Geniet die rusdag môre.

 

LE

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Ontbloot" (Marthé McLoud)
  • Resensie: “Merang” (Neil Cochrane & Alwyn Roux Reds.)
  • Resensie: “Dwaaldae” (Andrea Sieberhagen)
  • Resensie: “Klaarte” (Louis Esterhuizen)
  • Resensie: "Skulpkrale: Kwatryne" (Marié Heese)

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Brief aan die tinktinkievrou
  • AVBOB Persverklaring
  • Miel Vanstreels. Maastricht – Godsheide
  • Marthé McLoud. Wring
  • Marthé McLoud. Nagmerries

Nuutste kommentaar

  1. Toekie on C Fritze. Oorskot van die dag3 June 2026

    So goed geskryf. Geniet altyd jou poësie. Sien uit na die volgende een.

  2. Joan Hambidge on Johann Lodewyk Marais. Blesbok2 June 2026

    Pragvers Johann. Maak 'n bundel hiervan.

  3. Riaan le Roux on Riaan le Roux. Verstil31 May 2026

    Foto wat beweegrede was vir my gedig: https://www.theguardian.com/artanddesign/gallery/2026/apr/10/the-week-around-the-world-in-20-pictures#img-2

  4. Johan Coetzee on RIV Francois Wahl de Jongh (14 Maart 1951 – 21 Mei 2026)30 May 2026

    Hartseer.

  5. hannes visser on Resensie: “tussen asem” (Hannes Visser)28 May 2026

    Baie dankie Marlies. Groot waardering.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d