
Vanoggend, ‘n Nuuswekker spesiaal vir diegene wat glo dat die digter en die filosoof niks vir mekaar te sê het nie … In De Trouw se uitgawe verlede Vrydag lees ek toevallig ’n besonder interessante blog-inskrywing deur Rob Schouten oor Paul Celan se besoek in 1967 aan die Duitse flosoof Martin Heidegger se berghut te Todtnauberg. Paul Celan, wat ’n groot bewonderaar van die filosoof was, het naamlik dié pelgrimstog onderneem in die hoop dat hy ’n mate van berou by Heidegger sou bespeur ten opsigte van laasgenoemde se berokkenheid en lojaliteit jeens Hitler se Nazi-bewind. Veral aangesien hy (Celan) persoonlik ten diepste deur die gewraakte konsentrasiekampe geaffekteer is. Dog, Heidegger kon nié aan Celan se verwagting voldoen nie; in sy eie kommentaar op Celan se besoek het Heidegger gesê dat hulle mekaar “doodgeswyg” het (zugeschwiegen). Van ’n gesprek tussen hierdie twee reuse van die intellektuele wêreld was daar helaas géén sprake nie. Ontnugter na dié besoek, het Celan sy beroemde gedig Todtnauberg geskryf wat in Lichtzwang (1970) – die jaar van sy selfmoord – verskyn het. Die Franse filosoof Jacques Derrida het in latere jare Heidegger se gedrag probeer regverdig met die opmerking dat daar inderwaarheid nie oor iets met die omvang van die holocast of naziïsme in ’n terloopse gesprek gepraat kan word nie; volgens hom was Heidegger se stilswye rééds ’n antwoord. En Paul Celan se selfmoord? Sekerlik óók. (Lees veral die kommentare onder aan Rob Schoutens se blog-inskrwying!)
Nietemin, ek voeg spesiaal vir al die letterspeurders die gedig hieronder by.
LE
Todtnauberg
Arnika, Augentrost, der Arnica, eyebright, the
Trunk aus dem Brunnen mit dem draft from the well with the
Sternwürfel drauf, star-die on top,
in der in the
Hütte, Hütte,
die in das Buch written in the book
– wessen Namen nahms auf – whose name did it record
vor dem meinen? – before mine – ?
die in dies Buch in this book
geschriebene Zeile von the line about
einer Hoffnung, heute, a hope, today,
auf eines Denkenden for a thinker’s
kommendes word
Wort to come,
im Herzen, in the heart,
Waldwasen, uneingeebnet, forest sward, unleveled,
Orchis und Orchis, einzeln, orchis and orchis, singly,
Krudes, später, im Fahren crudeness, later, while driving,
deutlich, clearly,
der uns fährt, der Mensch, he who drives us, the man,
der’s mit anhört, he who also hears it,
die halb- the half-
beschrittenen Knüppel- trod log-
pfade im Hochmoor, trails on the highmoor,
Feuchtes, humidity,
viel. much.
Jetzt, da die Betschemel brennen, Now that the hassocks are burning
eβ ich das Buch I eat the book
mit allen with all its
Insignien. insignia
(c) Paul Celan (soos vertaal deur Pierre Joris)