Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
27 July 20096 April 2011

Johann Lodewyk Marais. Martin Heidegger sterf

Iemand het gegiggel en die dosent het geskok verstyf. Geklee in sy universiteitsbaadjie het hy voor die groot eerstejaarsklas in die Aardrykskundesaal van die Universiteit van Pretoria gestaan. Dit was Vrydagmiddag, 28 Mei 1976.

 

“Waarom is dit snaaks?” het hy vererg gevra.

 

Kort tevore het hy die lesing waarmee hy pas begin het onderbreek en na die studente in die rye banke voor hom gekyk.

 

“Julle het seker gehoor dat Martin Heidegger eergister oorlede is?”

 

Vir baie van die studente het die naam “Martin Heidegger” duidelik niks beteken nie. Veral nie vir dié wat nie gereeld in die klas was nie.

 

Marinus Schoeman, die jong Wysbegeertedosent, het ’n “Sistematiese inleiding tot die Wysbegeerte” aangebied. Ek was pas uit die skool en dit was my eerste kennismaking met die vak. Aangesien teologiestudente daardie jare almal Wysbegeerte geneem het, het die klasse volgepak gesit.

 

Schoeman se “Inleiding” het talle verwysings na Sokrates, een van die groot figure van die vroeë Westerse denke, bevat, sowel as na kontinentale filosowe soos Edmund Husserl, Maurice Merleau-Ponty, Jean-Paul Sartre, Karl Jaspers en Gabriel Marcel. Die volgende woorde van Merleau-Ponty was soos musiek op my ore:

 

“Die mens is geen krag nie, maar ’n swakheid in die hart van die dingagtigheid van die natuur. Hy is geen kosmologiese faktor nie, maar die plek waar alle kosmologiese faktore van betekenis verander en geskiedenis word.”

 

Maar dit was veral die vraende Duitse filosoof Martin Heidegger se naam, eiesoortige wyse van formulering en radikale denke oor die allesomvattende Syn wat telkens opgeduik het. Na net meer as drie maande was ek ’n Heidegger-leser, wat ek nog steeds is. (Oor Heidegger se invloed op denke in Suid-Afrika moet ’n keer nog geskryf word.) Heidegger was immers die grootste filosoof van die twintigste eeu, en dit ten spyte van sy omstredenheid as gevolg van veral sy kortstondige aanhang van die Nasionaal-Sosialisme gedurende die 1930’s (waaroor hy nooit om verskoning gevra het nie). Oor hom het Hannah Arendt die volgende gesê:

 

“Die storm wat deur die denke van Heidegger trek, stam nie uit ons eeu nie, net so min as dié een wat ons na duisende jare nog uit die werk van Plato tegemoet waai. Hy kom uit die oeroue en wat hy agterlaat, is iets onoortroffe wat, soos alles wat onoortroffe is, in die oeroue terugval.”

 

In heelparty opmerkings het Schoeman ook Heidegger se waardering vir die poësie onder ons aandag gebring. In Heidegger se Holzwege (of “Woudpaaie”) van 1950 sou ek lees dat die poësie se openbarende werking selfs as ’t ware al die ander kunste voorafgaan. Volgens Heidegger is kuns “waarheid wat homself in werking stel”. Vir die werk van digters soos Friedrich Hölderlin, Rainer Maria Rilke en Paul Celan (en talle kunstenaars) het Heidegger groot waardering gehad.

 

Jare later het ek Heidegger se graf buite sy Suid-Duitse geboortestad Meβkirch besoek waar hy op die middag van 28 Mei 1976 begrawe is. Onder die kastaiingbome by die betreklik eenvoudige granietkopstuk met die eenvoudige ster op het ek die verrykende ervaring wat Heidegger se lewe en werk vir my sedert 1976 was, denkend en dankend intens belewe. In daardie najaar het daar iets baie radikaals met my gebeur.

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Dinsdag, 16 Junie 2009
Johann Lodewyk Marais. Die Anglo-Boereoorlog, weer →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. George Steiner, “On Difficulty”
  • Carina van der Walt. Madeleine en Marianne (uit “Paryse Dagboek”)
  • 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)
  • Marthé McLoud. Een aand op straat
  • Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)16 January 2026

    Van die kant van die Redaksie: Baie dankie Bernard Odendaal en Robert Schall dat Versindaba hierdie skitterende vertalings kon plaas.…

  2. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Hierom dan dat George Steiner sy Poetry of thought aan hierdie manjifieke digter opgedra het. Ek (her)lees tans Steiner se…

  3. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Dank. Die gedig as smoelneuker. Goed vertaal.

  4. Jacobus Swart on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk14 January 2026

    Die digkuns is distillasie. Die taal is verhewig. Dit vereis dat die leser sy sokkies sal optrek. Want die digter…

  5. Bernard Odendaal on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk13 January 2026

    “Lostorring” het my ewe diep getref, Joan.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d