Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
18 June 200917 May 2024

Die digter onder die appelboom

Die digter onder die appelboom

Rutger Kopland (1934) is die skrywersnaam van Rutger H. van den Hoofdakker, emeritus professor in psigiatrie van die Rijksuniversiteit Groningen. Hy het in 1966 as digter gedebuteer en is sedertdien een van die gewildste digters in Nederland. Hy het ook heelwat essays oor die poësie en die psigiatrie gebundel. In 1998 is die P.C. Hooft Prys, die belangrikste eerbewys wat ’n Nederlandse digter kan kry, aan hom toegeken.

 

 

Sy gedigte word gekenmerk deur die eenvoudigste taalgebruik denkbaar waarin hy ’n soort mistieke ervaring van die werklikheid verwoord. Sy poësie is merkwaardig vry van enige psigiatriese vakjargon, hoewel hy die skryf van ’n gedig waarin gevoelens opgeroep en herkenbaar gemaak word, vergelyk met ’n terapeutiese gesprek. Hy skryf ook graag digterlike besinnings oor die mens se belewenis van die tyd.

Soos Adam onder die appelboom probeer hy om sin te maak van die sienlike en die onsienlike. En om sin te maak, beteken om presies die regte woorde te vind.

Kopland op sy beste kan die ylste natuurindrukke, die vlugtigste gevoelens en gedagtes huiwerend maar suiwer verwoord. ’n Tipiese Kopland sfeer en stelwyse vind ’n mens in die volgende reëls:

Ik kijk naar de hei,

naar de mistige, eenzame berkjes en denk hoe

ik het moet zeggen, hoe moet ik het zeggen dat …

Sy verse haal emosioneel maar beheersd asem. Die ongewone enjambemente wat versreëls dikwels op lidwoorde, voegwoorde of voornaamwoorde laat eindig, is altyd ritmies gemotiveer.

Onder de appelboom

 

Ik kwam thuis, het was

een uur of acht en zeldzaam

zacht voor de tijd van het jaar,

de tuinbank stond klaar

onder de appelboom

ik ging zitten en ik zat

te kijken hoe de buurman

in zijn tuin nog aan het spitten

was, de nacht kwam uit de aarde

een blauwer wordend licht hing

in de appelboom

toen werd het langzaam weer te mooi

om waar te zijn, de dingen

van de dag verdwenen voor de geur

van hooi, er lag weer speelgoed

in het gras en verweg in het huis

lachten de kinderen in het bad

tot waar ik zat, tot

onder de appelboom

en later hoorde ik de vleugels

van ganzen in de hemel

hoorde ik hoe stil en leeg

het aan het worden was

gelukkig kwam er iemand naast mij

zitten, om precies te zijn jij

was het die naast mij kwam

onder de appelboom, zeldzaam

zacht en dichtbij

voor onze leeftijd.

Onder die appelboom

 

Ek kom tuis, dit is

om en by agtuur en buitengewoon

mild vir die tyd van die jaar,

die tuinbank staan gereed

onder die appelboom

ek gaan sit en ek kyk

hoe die buurman

nog in sy tuin aan die spit

is, die nag kom uit die grond

’n blouer wordende lig hang

in die appelboom

toe word dit langsamerhand te mooi

om waar te wees, die dinge

van die dag verdwyn voor die geur

van hooi, daar lê weer speelgoed

in die gras en verweg in die huis

lag die kinders in die bad

tot waar ek sit, tot

onder die appelboom

en later hoor ek die vlerke

van ganse in die lug

hoor ek hoe stil en leeg

dit word

gelukkig kom iemand langs my

sit, om presies te wees jy

is dit hier langes my

onder die appelboom, buitengewoon

mild en naby

vir ons leeftyd.

Daniel Hugo

Bron

 

Rutger Kopland, 2006, Verzamelde gedichten, Amsterdam: G.A. van Oorschot.

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Woensdag, 3 Junie 2009
Poetry International ’n groot sukses →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d