Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
20 July 200921 July 2009

‘n Bos het al sy wortels nodig

Pan Cogito

 

Ek het enkele dae gelede klaar gelees aan Danie Schreuder se bundel kortverhale, ‘n Beter hemel (2009: Tafelberg Uitgewers). Terwyl ek deur al die inspirerende leesstof op julle webblad rondsnuffel, kon ek net nie die een beeld wat Danie Schreuder in ‘n verhaal gebruik het, uit my kop kry nie. Dit is naamlik die verhaal waarin hy na die bos bome teen Papegaaiberg verwys en meer spesifiek na die wortels wat ondergronds verstrengel lê en al die bome bogronds voed; van die grotes tot selfs die heel kleintjies.

 

So is dit met die meeste skrywes op hierdie webblad gesteld, myns insiens. Neem nou byvoorbeeld Marlene van Niekerk se opmerkings en Charl-Pierre Naudé en Danie Marais se artikels. Hulle sê eintlik presies dieselfde ding; net op ‘n ander manier. Dieselfde geld Peter Holvoet-Hanssen se praatjie, oftewel vuurspeech! (Terloops, laasgenoemde stuk is as oorkoepelende kommentaar eintlik ‘n treffende samevatting van die voorafgaande stukke.) So ook die gesprek oor “toeganklike poësie” wat so ampertjies hier kop wou uitsteek. Dis nou na aanleiding van Bernard Odendaal se blog in reaksie op Jaybee Roux se dwarsklappe in Die Volksblad. In ‘n Nuuswekker het Louis Esterhuizen ook na André Kotzé se stuk op LitNet verwys …

 

Hopelik het julle ook Andries Visagie se Kopstukke (“Waar is die opstopper-gedigte?”) in Die Burger van 11 Julie gelees? Hierin lewer hy weer ‘n stewige betoog ten gunste van die hermetiese vers, soos hy dit noem. En natuurlik – die opstootjies van ‘n klompie weke gelede oor die gebruik van intertekstualiteit. Alles eintlik maar net die verstrengelde wortels ondergronds wat dieselfde bos voed, is dit nie? Waarom dan die heftige kap en die téénkap? Solank die leser van die digkuns nie ‘n homogene groep is nie, is die totale verskeidenheid van die digkuns ‘n noodwendigheid. En die wonderlikste is dat niemand eintlik daardeur bedreigd hoef te voel nie. Dis tog iets om te geniet, is dit nie? In watter vorm of gedaante dit ook al na ons toe kom … Solank julle as digters net voortgaan met dit wat julle móét doen. En dit is om gedigte te maak.

 

Voorspoed daarmee!

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Heruitgee van klassieke inheemse tekste
Spieëlmaats →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d