Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
3 August 20093 August 2009

Spieëlmaats

Die koningrooibekkie
Die koningrooibekkie

Aangesien ons hierdie naweek die derde maand van die webblad gevier het, is ‘n meer persoonlike Nuuswekker seker in orde … En wat ‘n wonderlike 3 maande was dit nie! So is daar die daaglikse besoekerstal wat lag-lag meer is as die gemiddelde oplaag van ‘n digbundel; die entoesiastiese terugvoer vanuit soveel verskillende oorde; die verbysterende gehalte van die bydraes wat ingestuur en/of geplaas word; die bloggers wat ‘n mens telkens stom laat voor die gehalte van hul blogs, ensovoorts. Maar natuurlik, soos dit maar dikwels die geval is, was daar teleurstellings ook. Soos ons onvermoë – tot dusver – om ‘n borg vir die webblad te kan bekom; of ondernemings wat gegee word en dan nie nagekom word nie. Sug. Mens bly maar mens, is dit nie?

En dit bring my by die storie waarmee ek jou vanoggend wil vermaak. Dit handel naamlik oor ‘n allerlieflikste koningrooibekkie wat die afgelope weke die boom reg voor my studeerkamervenster sy tuiste gemaak het. Telkens wanneer ek voor my rekenaar kom sit, sal hy reg voor my kom fladder en saggies teen die ruit pik-pik asof hy na binne wil kom. Andersins sal hy op die tak reg voor my venster sit en my stip dophou, hoe en waar ek ook al beweeg. Pietjan het ek hom gedoop en klaviermusiek is sy ding. Veral Chopin en Schumann. Ons het goeie vriende geword, uiteraard. Aangesien ek egter bekommerd begin raak het oor Pietjan se onnatuurlike fiksasie op my, asook sy beperkte spieruithouvermoë, het ek ‘n spieël in die ruit geplaas met ‘n voetstuk aan die buitekant sodat hy ure daar kan verwyl in ‘n intieme gesprek met sy spieëlbeeld. Ai, mense. Wat ‘n plesier … Maar nou ja, soos in my inleidende paragraaf reeds gesê: té veel vreugde is ook nie goed vir ‘n mens nie. So gebeur dit toe mos dat die mossies óók die spieël ontdek en dit volledig vir hulself toeëien, terwyl Pietjan (wat maar nog ‘n babatjie is) hom ietwat verleë verder agtertoe in die bos skuilhou. O, die teleurstelling.

Nietemin, na drie maande moet ons afskeid neem van een van ons gewaardeerde bloggers. Daniel Hugo het naamlik versoek om vervang te word, aangesien hy dit weens omstandighede moeilik vind om daarmee vol te hou. Ek moet ook erken dat Daniel se onderneming reg van die begin af was om ons net te help om die webblad se blogs van stapel te stuur. Vir sy insette kan ons net dankbaar wees. Dankie daarvoor, Daniel. En wees verseker: ons sal jou wel weer op ánder maniere (probeer) betrek.

Nou ja, so is dit dat ons tans oor ons eerste vakature vir ‘n blogger beskik. Laat weet gerus indien jy sou belangstel.

Maar kom ons eindig dié Nuuswekker op ‘n meer positiewe noot. Een van ons uitgespelde doelwitte met dié webblad is om die Afrikaanssprekende poësieliefhebber ook groter blootstelling aan Internasionale Poësie te bied. Hierin lewer Charl-Pierre Naudé uiteraard ‘n enorme bydrae en sy voorstel onlangs om van “gas-bloggers” gebruik te maak, is ‘n skitterende idee. Breyten Breytenbach se stuk “Klinkdink“, wat al geplaas is, is byvoorbeeld pure leesplesier. En dan laat weet Charl-Pierre dat Valzhyna Mort, oor wie ek in Vrydag se Nuuswekker berig het, se stuk reeds ontvang is en binnekort deur hom geplaas sal word. Sjoe, ‘n mens kan nie wag nie …

Ten slotte, aan almal wat tot die vestiging van hierdie baba-blad meegewerk het: baie, baie dankie. Veral diegene wat tot onderhoude toegestem het en/of artikels gestuur het. En natuurlik: ons bloggers. Ons kan maar net handeklap en juig. Júlle is immers die murg in hierdie gedoente se kuberpype. Om nie van ons geliefde webmeester te vergeet nie: dit is jý wat hierdie hele pypgedoente aan mekaar hou, Marlise. Dankie vir die ure en ure se harde werk.

Vanoggend, by wyse van oordaad, twéé verse. Die eerste deur ‘n meester; die ander ‘n geleentheidsvers.

‘n Uiters aangename week word jou toegewens.

Mooi bly.

LE

 

Kontrak

 

U het die wêreld oopgeskiet

tot grot en grammadoela;

 

toe die blaar en riet,

U arbeiders, gestuur; wortels

wat nederig werk, die mier wat stokkies dra

en beitelpunt van die rivier.

 

U droom met dinamiet

en laat aan arbeiders

die besonderhede en verdriet.

 

© DJ Opperman (1945: Heilige beeste)

 

 

 

Spieëlmaats

 

Telkens die koningrooibekkie

se geflitter voor jou studeerkamerruit –

die elegante getjirp waarmee hy  

sy trae refleksie buitentoe roep. En jy

 

plaas ‘n spieël teen die glas vir hom,

met ‘n voetstuk van draad daarby

om knus-intiem in skerper fokus

by ‘n spieëlmaat die dae kop-in-mus

 

te verbly. Maar vanoggend is daar

net ‘n mossie se dom geboggel

by jou ruit: op en af, ure aaneen, op

en af, spring, spring, die waggelende

 

potsierlikheid. Om jou liefbekkie

waarskynlik elders heen

te verwilder.

 

© Louis Esterhuizen

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Jong Belarusiese digter veroorsaak beroering
Rutger Kopland 75 jaar oud! →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Resensie: “Krap – oop toe om rond uitkrap” (Koos de Wet)
  • Koos de Wet. vóór die smelting
  • Digtersprofiel: Gert Vlok Nel
  • Meyer van Rensburg. Spieëlkamer
  • Margaret Cordier-Biermann. Verlossing

Nuutste kommentaar

  1. Hester Steenkamp on Digtersprofiel: Melt Myburgh3 August 2026

    Oewerbestaan is een van my kosbaarste besittings. Die bundel lê my baie na aan die hart.

  2. Miel Vanstreels on Miel Vanstreels. Voorlopig1 August 2026

    Dankie, Marieta

  3. Conrad on Hans du Plessis. Psalm 121 (Stemgreep)30 July 2026

    Goeie middag ek is n koorleier van die VGK Kerk Kraaifontein en is op soek na die SATB Blad musiek…

  4. Marieta McGrath on Miel Vanstreels. Voorlopig30 July 2026

    Stout gedig! Baie snaaks!

  5. Bernie on Rainer Maria Rilke. Almal wat Jou soek, beproef Jou (vert.)29 July 2026

    Kan die vertaler dalk verduidelik waarom hy hoofletters gebruik in sy vertaling terwyl Rilke kleinletters gebruik.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d