Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
20 July 200920 July 2009

Heruitgee van klassieke inheemse tekste

 

Nasionale Biblioteek - 'n Kunstenaarsvoorstelling
Nasionale Biblioteek -

Na my Nuuswekker verlede Vrydag, waarin ek berig het van die enorme bedrag geld wat bewillig is vir die bevordering van Nederlandse letterkunde in Brittanje, het ek vinnig deur ons eie regering se webblaaie gesnuffel om te kyk of ek enige aanduiding van soortgelyke projekte kan vind; ek meen, ons het dan kulturele samewerkingsooreenkomste met bykans elke land waar ’n boek vasgehou kan word … Nietemin, groot was my vreugde toe ek inderdaad ’n uitmuntende projek kon raaklees: die Departement vir Kuns en Kultuur het naamlik in Februarie vanjaar opdrag aan die Nasionale Biblioteekdienste gegee om bepaalde klassieke inheemse literêre werke te herdruk. Minister Pallo Jordan, wat die “Reprint of South African Literary Classics Project” op 19 Februarie afgekondig het, het die volgende te sê gehad: “(This) campaign wishes to promote reading and writing in indigenous languages, and thereby to help promote literacy. It is our fervent hope that (the project’s) impact will be to inspire emergent writers and even those who might have given up owing to the discouraging environment of the past, to come forward with their works.” Blykbaar is daar reeds 27 titels herdruk, waaronder werke van Samuel Mqhayi, Sibusiso Nyembezi, ML Bopape, SP Lekaba and TN Maumela. Die volledige berig kan hier gelees word. (Terloops, die foto hiernaas is ’n kunstenaar se voorstelling van die nuwe Nasionale Biblioteek wat in die vooruitsig is.) Maar, ter wille van interessantheid, nog ’n aanhaling uit minister Jordan se toespraak: “If no one else wishes to preserve these works, we as South Africans have a responsibility to our nation and humanity to ensure that they survive into the future.” En natuurlik geld dieselfde argument ook ten opsigte van die Afrikaanse letterkunde, en veral die digkuns: Indien óns nie daadwerklik tot die behoud en bevordering daarvan meewerk nie, sal niemand anders dit doen nie; die wanbalans is gewoon té groot.

Ten slotte – Dit was Saterdag Simon Vinkenoog se begrafnis in Amsterdam. Getrou aan sy rol as Dichter des Vaderlands het Ramsey Nasr ‘n gedig ter ere van die ontslape digter geskryf. Dié gedig kan hier op De Standaard se webblad gelees word. Vir ‘n meer omvattende verslag kan jy De Papieren Man se berig hier lees. Terloops, in ‘n vorige Nuuswekker het ek genoem dat Peter Holvoet-Hanssen inderhaas vir Vinkenoog op die Felix Poetry Festival se program moes vervang nadat laasgenoemde gehospitaliseer is vir ‘n been-amputasie. Peter was vriendelik genoeg om vir ons die teks van sy Pleidooi vir die poësie vir plasing op die webblad te stuur. Moenie dat dié entoesiastiese en inspirerende praatjie jou verbygaan nie … Pure leesplesier, soos ‘n mens inderdaad van hierdie “seerower des lettere” kan verwag. Die berig is hier geplaas. En lees sommer ook sy vermaaklike brief wat in die Brieweboks geplaas is.
’n Vreugdevolle week word jou toegewens en balanseer tog die dinge uit.

Mooi bly.

LE

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Peter Holvoet-Hanssen lewer pleidooi
‘n Bos het al sy wortels nodig →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Augustus-kompetisie
  • Resensie: “om my kastele in Spanje te sloop” (jaco barnard-naudé)
  • Resensie: "wanneer woorde asemhaal" (Maritha Broschk) & "swartland" (Rudolph Willemse)
  • Sonja Loots in gesprek met Alwyn Roux oor "Weerskyn"
  • Resensie: "Kinderlê" deur Lynthia Julius

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Borges, Sheila Cussons en Johann de Lange
  • Persverklaring: Groot poësieprys ter ere van Breyten Breytenbach
  • Gerard Scharn. Portret van van Monika Pon-Su-San door Vladimir Tretchikoff
  • 100 Duitse Bestes: Else Lasker-Schüler (1869-1945)
  • Resensie: “De ontdekking van het eiland: breytenbachiana” (Yves T’Sjoen)

Nuutste kommentaar

  1. Jacobus Swart on Jacobus Swart. Franz Kafka15 May 2025

    Beste mnr. Scharn Ek waardeer u kommentaar. Dankie dat u my werk gelees het.

  2. Dietloff Van der Berg on Resensie: “Feesmaalgang” (Dietloff van der Berg)14 May 2025

    Baie dankie Joan Hambidge vir die fyn lees en die hoog gewaardeerde slotsom.

  3. Gerard Scharn on Jacobus Swart. Franz Kafka14 May 2025

    Beste Jacobus Swart, het leven van Kafka kort maar compleet weergegeven. Tientallen boeken hoeven nu niet meer gelezen te worden.

  4. Ena on Celesté Fritze. Vergetedal8 May 2025

    Mooi, Celeste!

  5. Barbara Steyn on Celesté Fritze. Vergetedal8 May 2025

    Soooo mooi beskryf!!!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d