Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
20 July 200920 July 2009

Heruitgee van klassieke inheemse tekste

 

Nasionale Biblioteek - 'n Kunstenaarsvoorstelling
Nasionale Biblioteek -

Na my Nuuswekker verlede Vrydag, waarin ek berig het van die enorme bedrag geld wat bewillig is vir die bevordering van Nederlandse letterkunde in Brittanje, het ek vinnig deur ons eie regering se webblaaie gesnuffel om te kyk of ek enige aanduiding van soortgelyke projekte kan vind; ek meen, ons het dan kulturele samewerkingsooreenkomste met bykans elke land waar ’n boek vasgehou kan word … Nietemin, groot was my vreugde toe ek inderdaad ’n uitmuntende projek kon raaklees: die Departement vir Kuns en Kultuur het naamlik in Februarie vanjaar opdrag aan die Nasionale Biblioteekdienste gegee om bepaalde klassieke inheemse literêre werke te herdruk. Minister Pallo Jordan, wat die “Reprint of South African Literary Classics Project” op 19 Februarie afgekondig het, het die volgende te sê gehad: “(This) campaign wishes to promote reading and writing in indigenous languages, and thereby to help promote literacy. It is our fervent hope that (the project’s) impact will be to inspire emergent writers and even those who might have given up owing to the discouraging environment of the past, to come forward with their works.” Blykbaar is daar reeds 27 titels herdruk, waaronder werke van Samuel Mqhayi, Sibusiso Nyembezi, ML Bopape, SP Lekaba and TN Maumela. Die volledige berig kan hier gelees word. (Terloops, die foto hiernaas is ’n kunstenaar se voorstelling van die nuwe Nasionale Biblioteek wat in die vooruitsig is.) Maar, ter wille van interessantheid, nog ’n aanhaling uit minister Jordan se toespraak: “If no one else wishes to preserve these works, we as South Africans have a responsibility to our nation and humanity to ensure that they survive into the future.” En natuurlik geld dieselfde argument ook ten opsigte van die Afrikaanse letterkunde, en veral die digkuns: Indien óns nie daadwerklik tot die behoud en bevordering daarvan meewerk nie, sal niemand anders dit doen nie; die wanbalans is gewoon té groot.

Ten slotte – Dit was Saterdag Simon Vinkenoog se begrafnis in Amsterdam. Getrou aan sy rol as Dichter des Vaderlands het Ramsey Nasr ‘n gedig ter ere van die ontslape digter geskryf. Dié gedig kan hier op De Standaard se webblad gelees word. Vir ‘n meer omvattende verslag kan jy De Papieren Man se berig hier lees. Terloops, in ‘n vorige Nuuswekker het ek genoem dat Peter Holvoet-Hanssen inderhaas vir Vinkenoog op die Felix Poetry Festival se program moes vervang nadat laasgenoemde gehospitaliseer is vir ‘n been-amputasie. Peter was vriendelik genoeg om vir ons die teks van sy Pleidooi vir die poësie vir plasing op die webblad te stuur. Moenie dat dié entoesiastiese en inspirerende praatjie jou verbygaan nie … Pure leesplesier, soos ‘n mens inderdaad van hierdie “seerower des lettere” kan verwag. Die berig is hier geplaas. En lees sommer ook sy vermaaklike brief wat in die Brieweboks geplaas is.
’n Vreugdevolle week word jou toegewens en balanseer tog die dinge uit.

Mooi bly.

LE

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Peter Holvoet-Hanssen lewer pleidooi
‘n Bos het al sy wortels nodig →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Meyer van Rensburg. Werkwese
  • Resensie: “Krap – oop toe om rond uitkrap” (Koos de Wet)
  • Koos de Wet. vóór die smelting
  • Digtersprofiel: Gert Vlok Nel
  • Meyer van Rensburg. Spieëlkamer

Nuutste kommentaar

  1. Hester Steenkamp on Digtersprofiel: Melt Myburgh3 August 2026

    Oewerbestaan is een van my kosbaarste besittings. Die bundel lê my baie na aan die hart.

  2. Miel Vanstreels on Miel Vanstreels. Voorlopig1 August 2026

    Dankie, Marieta

  3. Conrad on Hans du Plessis. Psalm 121 (Stemgreep)30 July 2026

    Goeie middag ek is n koorleier van die VGK Kerk Kraaifontein en is op soek na die SATB Blad musiek…

  4. Marieta McGrath on Miel Vanstreels. Voorlopig30 July 2026

    Stout gedig! Baie snaaks!

  5. Bernie on Rainer Maria Rilke. Almal wat Jou soek, beproef Jou (vert.)29 July 2026

    Kan die vertaler dalk verduidelik waarom hy hoofletters gebruik in sy vertaling terwyl Rilke kleinletters gebruik.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d