Charl-Pierre Naudé. So lyk die provinsie op sy bedenklikste
Hoe lyk provinsiale kleure vir digters en kritici? Reserwekleure. Wel, só (lees na onder).
In my vorige aflewering op hierdie blog, nie so lank gelede nie, het ek geskryf oor wat die kosmopole (groter literêre sentra) kan baat deur te leen by die “provinsies” van die letterkunde (kontekste wat óf ver geleë is óf apart staan binne nasionale verband óf bloot klein is binne ’n wêreldverband).
Daarmee wou ek sê dis nie slegs die wêreldletterkunde wat rykdom kan oplewer nie, en ek het by wyse van voorbeeld gewys hoe die vertaling van ’n gedig uit Afrikaans in Engels die Engelstalige letterkunde verryk het. Die gedig is Oordenking, deur Lucas Malan (uit sy nuutste bundel Vermaning) en dis vertaal deur Charl J.F. Cilliers.
En net gister of eergister, of watter liederlik vergeetbare onlangse moment ook al, doen die teenoorgestelde voorbeeld hom aan die hand: ’n Voorbeeld wat ons wys hoe die literêre provinsie lyk wanneer hy op sy swakste is, op sy kleinsieligste: pretenderend en selfsmisleidend en egomanies, selfskendend en dus ook skendend van die ander.
Bowenal wys hierdie voorbeeld ons hoe ontoereikend en oppervlakkig die provinsie soms internasionale tendense kan verstaan en hoe pateties die nabootsing daarvan soms kan wees binne eie buurtverband. Gelukkig is dit NIE tiperend van wat in Afrikaans gebeur nie.
Die “provinsie” waaraan ek dink is, u het geraai, is Afrikaans.
En die voorbeeld waaraan ek dink is ’n bra seksueel eksplisiete gedig deur Johann de Lange geskryf vir ’n ander digter, Loftus Marais, waarin laasgenoemde in woorde kaal uitgetrek word en in besonderhede ligaamlik beskryf word. (Die gedig kan hier op LitNet se webblad gelees word.)
Nou verstaan my mooi, ek het niks teen die erotika nie of teen eksplisiete seksuele beskrywings per definisie nie. Maar dit moet dan aangebied wees op ’n wyse wat begeesterd is met ’n verbeelding wat daardie beskrywings laat asemhaal verby hulself: vermenslik of geproblematiseer of verteder of geanimeer of afgryslik verby hulself. Daar moet dus erotiserende of morele verbeelding en reikwydte in sit.
Anders is dit pornografie. Ook niks per definsie daarmee verkeerd nie. Maar dan moet dit nie ’n ander lewende persoon se menslikheid skend nie.
En asseblief, moet dit dan ook nie “briljant” noem nie. Laasgenoemde beskrywing kom van niemand anders nie as prof. Joan Hambidge, haarself. (Lees haar kommentaar hier.)
Want sien, ’n “briljante” gedig is een wat ’n onderwerp groter maak as wat dit andersins in sy waarskynlike vergeetbaarheid sou wees, nie een wat dit “kleiner” maak nie. En ons as mensies is tog baie vergeetbaar is ons nie? Ons moet dit nie vergeet nie. Ons kan doen met gunstige, selfs goeie, beskrywings. Ek dink hier nie die minste nie aan Johann de Lange.
En, so goed as wat De Lange se klassieke hantering van woorde soms kan wees, en so intrigerend as wat dit is om daardie woorde op pornografie verspil te sien, so waar is dit ook dat dit hier gebeur ten koste van ’n ander persoon (Loftus Marais) en daardie persoon se menslikheid as verminderd voorstel. En waar is dit ook dat die beduidenheid van die De Lange-gedig hopeloos oorskryf word deur Hambidge, en wel sonder ’n sweempie sensitiwiteit teenoor Marais as mens.
Waarom verminderd? Omdat die menslike outonomiteit van die beskrewe persoon totaal misken word in ’n beskrywing wat die beskrewe persoon gelykstel aan die outeur se opdinksel van hom.
Selfs in pornografie, in die voorbeelde daarvan wat mens as literêr sou kon beskryf, word die objektivering van mense op só ’n wyse gedoen dat dit die leser met ’n vermoede laat dat die teenoorgestelde daarvan bestaan. Trouens, daardie verlies word as titilerend deur die leser ervaar omdat die teenoorgestelde daarvan so belangrik is, nie omdat dit onbelangrik is nie. Die spanning tussen verlies en verkryging van outonomiteit vir die beskrewe en omskrewe persone word sodoende as ’n lewende spanning aan die leser voorgestel.
Nie naastenby dieselfde gebeur in hierdie gedig van De Lange oor Loftus Marais nie, wat boonop ’n lewende kollega van die outeur is. Sommige mense mag die gedig as ’n voorbeeld van teistering eien en dalk tereg ook.
In elk geval, die voorval as ’n voorbeeld van literêre selfmisleiding interesseer my nog meer: Terug na daardie woordjie “briljant” van Hambidge.
Volgens haar het ons hier met ’n palinode deur De Lange (glo ’n “briljante” een) te make, dit wil sê ’n gedig wat geskryf is as korrektief op en in respons tot ’n alreeds bestaande gedig. In hierdie geval sal die reeds bestaande gedig Interteksseks deur Loftus Marais wees wat destyds op Litnet verskyn het. Daarin loop die outeur (Loftus Marais) of iemand wat baie soos hy lyk De Lange raak in ’n oeserige publieke toilet. ’n Seksuele kontak word nogal wrang en ironies beskryf maar die gedig is klaarblyklik ’n heenwysing na iets gans anders: dit word ’n onvleiende metafoor oor De Lange, en veral oor ’n bepaalde soort selfgerigte, solipsistiese seksuele gedrag, en dis verder in antwoord geskryf op ’n onsmaaklike openbare interaksie wat tussen Marais en De Lange vooraf gegaan het (toe De Lange Marais uitgekryt het as ’n “studentedigtertjie” omdat hy dit durf waag het om ‘n gevestigde Afrikaanse digter van bewese plagiaat te beskuldig).
Die palinode deur De Lange neem geensins die buitedimensie van die Marais-gedig in ag nie en fokus uitsluitlik op die seksuele metafoor daarin deur te antwoord met ’n seksuele beskrywing van Marais, en weliswaar een wat in die blote beskrywende vassteek. De Lange se gedig bevat geensins die sosiale dimensie wat goeie palinodes kenmerk nie.
En die blote beskrywing is ’n blote seksuele beskrywing. Deur juis dít te doen bevestig De Lange juis die soort gedrag waarvan die Marais-gedig krities is!
En prof. Hambidge noem De Lange se gedig “briljant”?
Sy noem trouens die twee gedigte, “Dover Beach” van Matthew Arnold en die palinode in antwoord daarop geskryf, “The Dover Bitch” (nié “Dover Bitch” soos sy vermeld) deur die Amerikaner Anthony Hecht, as ’n voorbeelde van ’n intertekstuele interaksie waaraan De Lange se gedig oor Marais glo herinner. (Kyk onderaan dié stuk vir Arnold en Hecht se verse.)
Nou hier het ons juis die soort kwasi-intellektuele opmerking wat die provinsie op ’n glybaan na nêrens plaas, en wel die Afrikaanse provinsie se nêrens. Hecht se gedig is ’n atmosferiese, swewende, veelduidige antwoord wat op vele vlakke kulturele spanninge tussen twee eras oopvlek. Dit beskryf die seksuele psige van twee wyd uiteenlopende digters (Hecht en Arnold) en tye op wonderlik subtiele wyse en speel twee lewensbeskoulike kontekste op ’n humoristiese wyse teenoor mekaar af. Kostelik! Amper briljant.
In die gesprek tussen die Hecht- en Arnold-gedigte is vervlegte sosiale dimensies ter sprake, dimensies wat reeds in die Arnold-gedig ter sprake kom. Niks soortgelyk kom in die De Lange-gedig tereg nie ondanks die feit dat Marais se gedig homself tot so ’n respons verleen. Inteendeel.
Die Marais-gedig, soos ek dit lees, is ’n kritiese beskouing van die hele macho gay konteks, dit waarvoor De Lange staan.
Daar is bitter min verskil in die kodes wat onderliggend is in die De Lange-gedig en die kodes van ’n uitbuitende, paternalistiese samelewing. Daar is in genoemde gedig geen wil tot interaksie wat gebaseer is op ’n wedersyde erkenning van agentskap nie. En Hambidge wil die argument opmaak dat Marais as gay digter in navolging van De Lange skryf? Dis totaal onwaar.
Dis mos die soort misreading wat van ons ’n provinsie maak! Stop dit.
Die soort palinode wat De Lange op Marais geskryf het, het min betekenis buite die persoonlikste van persoonlike binnebaantjies nie.
Gestel ‘n manlike digter, sê maar Danie Marais, het die gedig geskryf oor sy vroulike kollega, Ilse van Staden. Dit sou onmmiddellik as chauvenistiese teistering bekend staan. Die feit dat dit nie hier so ge-eien word nie, laat mens met interessante bedenkinge.
Is dit omdat dit ‘n gay konteks is? En wat sê dit? Mens mag maar skendend van privaatheid skryf as jy gay is? Wat doen dit anders as om die diskriminerende idee te bekragtig dat gaywees ‘n immorele konteks is?
En Hambidge se voorbeelde wat sy in De Lange se verdediging aanhaal, is ’n travestie van daardie twee gedigte.
As De Lange en Hambidge sportmanne was, sou ek sê hulle provinsiale kleure behoort heroorweeg te word.
Vervolgens, Matthew Arnold se gedig en Anthony Hecht se antwoord daarop.
Dover Beach
The sea is calm to-night.
The tide is full, the moon lies fair
Upon the straits;–on the French coast the light
Gleams and is gone; the cliffs of England stand,
Glimmering and vast, out in the tranquil bay.
Come to the window, sweet is the night-air!
Only, from the long line of spray
Where the sea meets the moon-blanch’d land,
Listen! you hear the grating roar
Of pebbles which the waves draw back, and fling,
At their return, up the high strand,
Begin, and cease, and then again begin,
With tremulous cadence slow, and bring
The eternal note of sadness in.
Sophocles long ago
Heard it on the Ægean, and it brought
Into his mind the turbid ebb and flow
Of human misery; we
Find also in the sound a thought,
Hearing it by this distant northern sea.
The Sea of Faith
Was once, too, at the full, and round earth’s shore
Lay like the folds of a bright girdle furl’d.
But now I only hear
Its melancholy, long, withdrawing roar,
Retreating, to the breath
Of the night-wind, down the vast edges drear
And naked shingles of the world.
Ah, love, let us be true
To one another! for the world, which seems
To lie before us like a land of dreams,
So various, so beautiful, so new,
Hath really neither joy, nor love, nor light,
Nor certitude, nor peace, nor help for pain;
And we are here as on a darkling plain
Swept with confused alarms of struggle and flight,
Where ignorant armies clash by night.
The Dover Bitch
So there stood Matthew Arnold and this girl
With the cliffs of England crumbling away behind them,
And he said to her, “Try to be true to me,
And I’ll do the same for you, for things are bad
All over, etc., etc.”
Well now, I knew this girl. It’s true she had read
Sophocles in a fairly good translation
And caught that bitter allusion to the sea,
But all the time he was talking she had in mind
the notion of what his whiskers would feel like
On the back of her neck. She told me later on
That after a while she got to looking out
At the lights across the channel, and really felt sad,
Thinking of all the wine and enormous beds
And blandishments in French and the perfumes.
And then she got really angry. To have been brought
All the way down from London, and then be addressed
As sort of a mournful cosmic last resort
Is really tough on a girl, and she was pretty.
Anyway, she watched him pace the room
and finger his watch-chain and seem to sweat a bit,
And then she said one or two unprintable things.
But you mustn’t judge her by that. What I mean to say is,
She’s really all right. I still see her once in a while
And she always treats me right. We have a drink
And I give her a good time, and perhaps it’s a year
Before I see her again, but there she is,
Running to fat, but dependable as they come,
And sometimes I bring her a bottle of Nuit d’Amour.
Anthony Hecht